Peuter sterf glo ná verkragting

(Argieffoto: pixabay)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Inwoners het ʼn 27-jarige pa van Zwelitsha in die Oos-Kaap self in hegtenis geneem en aan die polisie uitgelewer nadat hy daarvan beskuldig is dat hy sy dogtertjie verkrag het.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Donderdag gereageer op ʼn verkragtingsklag in die Tankini-nedersetting by Port St. Johns waar ʼn dogtertjie van 20 maande oud glo deur haar pa verkrag is.

“ʼn Kind is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar sy het ongelukkig nie oorleef nie. ʼn 27-jarige man word op ʼn aanklag van verkragting en ʼn bykomende aanklag van moord aangehou,” sê Kinana.

Die man verskyn na verwagting Maandag in die Lusikisiki-landdroshof.

Die Oos-Kaapse polisiehoof, Nomthetheleli Mene, het haar medelye met die jong slagoffer se familie betuig en die voorval ten sterkste veroordeel.

“Kinders is veronderstel om beskerm te word deur diegene na wie hulle opkyk en vir wie hulle lief is. Tog, in hierdie wrede samelewing, en in sommige gevalle soos dié, is kinders nie meer by hul ouers veilig nie,” sê Mene.

“Ons gaan nou saam met die vervolgingsgesag werk om te verseker dat borgtog nie toegestaan word nie en dat geregtigheid geskied vir hierdie kindjie wat wreed van haar onskuld en lewe beroof is.”

Mene sê die polisie sal alles moontlik doen om te verseker dat die swaarste straf aan oortreders opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MK123 ·

Die knaap sal veiliger wees in die tronk as in daardie gemeenskap.

Misky ·

‘n 20 maande oue babatjie en dit deur haar eie pa…….. hoop hy kry die nodige en gepaste behandeling in die tronk.

Maritza ·

Siek gemors! Die doodstraf moet vir sulke dade terug gebring word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.