Peuter sterf in aanval op drie vroue

(Argieffoto: pixabay)

ʼn 22 maande oue meisie is dood nadat ʼn man, wat haar familie ken, die kind, haar ma en ouma in ʼn vertrek toegesluit en die huis toe aan die brand gesteek het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê die drie was Woensdag by hul huis in KwaNuyswa toe die man daar aangekom het.

“Die verdagte het ʼn vyfliterkan met petrol by hom gehad en het dit in die huis uitgegooi waar die slagoffer saam met haar familielede was. Hy het hulle in die huis toegesluit en dit aan die brand gesteek,” het Gwala gesê.

Die drie is beseer maar kon ontsnap. Hulle is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem waar die dogtertjie later weens haar brandwonde dood is.

Die verdagte het hom dieselfde dag nog aan die polisie oorgegee. Hy verskyn na verwagting Vrydag in die Izingolweni-landdroshof op aanklag van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Prontuit ·

Hoe siek is ons samelewing nie! wat ‘n verskriklike angs moes daai mense nie gehad het ni ek kan weereens net my kop skud soveel geweld, vernielsig, haat en geweld is elke dag aan die orde van die dag, dis asof dit ons norm geword het, is daar niemand in die regering wat hierdie verskriklike vlaag van geweld kan vasvat nie of leef ek in lala land? ai mense ons moet op ons kniee bly dis al uitweg!!!!!

Wakkerslaper ·

Veronica, net ‘n regstelling – dit is beslis nie my samelewing wat siek is nie. Hierdie tipe dinge is beslis nie die norm vir my mense en binne my samelewing nie. Die ergste is dat ek gedwing word deur links-liberaliste om met alle mense en samelewings te meng….

Genis ·

Dis skokend om die minste te se.. Wat n selfsugte daad om te pleeg. In n land met absoluut niks wet en orde nie..

Jakes ·

Die man moet summier lewenslank in n sielsieke inrigting opgesluit word want hy is n gevaar vir die samelewing.

Chris ·

Ek vra weer: bring die doodstraf terug soos dit hoort. In ons wettelose land, maak almal nes hul wil. As daar orde is, weet die misdadigers wat hul voorland is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.