Die polisie op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná die dood van ʼn tweejarige kind.
Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, het gesê die tweejarige kind is ernstig beseer toe die ma agteruit gery het sonder dat sy geweet het die kind is agter haar motor. Die voorval het Donderdag omstreeks 17:30 in Spandauville gebeur.
“Die kind is na die Midlands-hospitaal geneem, maar is met aankoms daar dood verklaar,” het Rawlinson gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Shame, dis baie hartseer! Baie jammer om te hoor van die afsterwe van julle klein kindjie. Mag die Here Sy arms om die ma vou, kan my indink waardeur sy nou gaan!
Ag dis verskriklik. Innige simpatie met die ma en familie. Mag die Here julle vertroos vir ewig
Ons bid julle vertroosting toe, baie sterkte deur hierdie afgryslike gebeure!
Sekerlik enige ouer se grootse nagmerrie. Dit moet verskriklik wees!!
Ai dit is verskriklik. Die arme ma gaan vir die res van haar lewe daarmee saamleef. My hart gaan uit na haar. Mag sy vertroosting en vrede vind by God.