Peuter verdrink byna in swembad

(Foto: Netcare 911)

Paramedici het Donderdag gereageer op ʼn noodoproep van ʼn verdrinking in The Reeds, Centurion.

Volgens inligting wat Netcare911 se ambulansdiens ontvang het, het lede van ʼn gesin omstreeks 10:20 ʼn tweejarige kind in die swembad aangetref. Die seun het nie gereageer nie. Familielede het hom uit die swembad gehaal en die ambulansdienste ontbied.

“By ons aankoms op die toneel het die kind nie behoorlik asemgehaal nie,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911. “Paramedici van Netcare911 en Emer-G-Med het hom probeer bybring.

“Hierna is die pasiënt oorhandig aan Netcare se helikopter en bemanning van die lugambulans, wat die pasiënt na ʼn spesialis-fasiliteit vervoer het vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.