Peuter verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23 maande oue seuntjie het Sondag in ʼn swembad by ʼn huis in Glenmore in Durban, KwaZulu-Natal, verdrink.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is deur die plaaslike buurtwag na die huis ontbied. “Met paramedici se aankoms op die toneel was die seuntjie egter reeds dood.”

Jamieson het gesê die omstandighede rakende die seuntjie se verdrinking is nog nie duidelik nie. Die polisie ondersoek die saak.

Rescue Care het ʼn beroep op huiseienaars gedoen om seker te maak hul swembaddens is bedek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tasha ·

Dis so hartseer innige simpatie aan die ouers en familie. Mense ASB maak seker julle swembaddens is bedek en omhein!!

Amanda ·

Wel jy is seker een van die mense wat kan oordeel oor jy volmaak is. Mag die uitspraak van “nalatige ouers” nooit na jou toe terug kom nie….dis uiters onbedagsaam en onverantwoordelik om so n uitspraak te maak as jy nie die omstandighede ken nie. Kan nie mense verdra wat so maklik kan praat oor ouers se pyn nie…..hoop regtig jy staan NOOIT aan daardie kant van die pyn nie.. Maklik om te praat as dit nie jy of jou kind is nie…….Alida

Varkie ·

Amanda, dis haar opinie en klaar, jy moet aanvaar dat almal nie soos jy is nie en dat jy ander se sieninge moet respekteer

cc ·

Wat is dit met die mense dat hulle nie hulle kinders kan oppas nie.Dit is nou al die hoeveelste kind wat verdrink in SA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.