Peuter verdwyn terwyl ouma slaap

Aneliswa Mavinbela. Foto: Verskaf.

ʼn 19 maande oue kind het verdwyn toe die ouma by wie sy was aan die slaap geraak het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê Aneliswa Mavinbela is van Bhanganomo in Nongoma in KwaZulu-Natal afkomstig.

“Sy het glo 30 Desember saam met ander kinders by haar ouma in ʼn opstal gespeel toe die ouma aan die slaap geraak het. Toe sy wakker word, het sy agtergekom Aneliswa is weg. Een van die ander kinders het net af in die pad beduie,” het Mbhele gesê.

Volgens Mbhele het sy ʼn lemmetjie-kleurige rok en pienk sandale aangehad toe sy weggeraak het.

Die polisie het ʼn dringende beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om ao. Mkhonza by 076 459 4255 of te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hans ·

30 Desember dit is nou al 4 january. Weet dam nie wat die moontlikheid is dat sy lewendig gevind word nie. Ek kan my nie indink as dit een van my kinders is nie, sal myself so blammeer vir wat gebeur het. Tog het dit gelukkig nog nie met my gebeur nie. Moet ook by sê dat oumense bekend is om middag slapies te vat. Kom ons wag en sien maar wat gebeur, tyd sal leer. Hoop ek word verkeerd bewys.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kon die ander kinders nie gaan kyk WAAR sy is AF in die pad nie

Wonder maar net ·

Eerste plek is dit nie die ander kinders se verantwoordelikheid om na n 19 maande oue kind om te sien nie. Hul was dalk self ook klein en enige jong kind sal nie dink soos wat grootmense dink om te keer dat sy moet loop of vir ouma gaan se dis wat nou gebeur nie. Dus kan mens nie dit op ander kinders blameer nie. Feit as die Ouma wou gaan slaap het moes sy seker gemaak het almal is in huis en als sluit. Geen kind moet omsien na ander kind nie.

Muffin ·

Wonder maar net, stem 100% met jou saam. Ouma moet aan gekla word vir nalatigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.