Pfizer deel entstofinligting ná hofgeding

Newe-effekte word bestempel as ongewenste reaksies op medisyne of ʼn entstof en word gegrond op wetenskaplike en kliniese bewyse. (Argieffoto: Daniel Leal/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) is steeds oortuig dat die Covid-19-entstof meer voordele as nadele inhou, al het dokumente van Pfizer nou gewys dié entstof kan meer as 1 000 newe-effekte tot gevolg hê.

“Geen medisyne word sonder risiko gebruik nie, maar dit is belangrik vir reguleerders, soos Sahpra, om te verseker die voordeel van elke soort medikasie is groter as die risiko daaraan verbonde.” Sahpra sê gegrond op die voortgesette monitering van die entstof en die assessering wat voor die registrasie daarvan gedoen is, is die voordele verbonde aan die entstof steeds meer as die risiko.

Pfizer het inligting oor sy Covid-19-entstof gepubliseer, nadat ʼn Amerikaanse regter vroeër ʼn versoek van die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) van die hand gewys het om amptelike data oor die Comirnaty-middel uit die openbare domein te hou. Die FDA het op dié data gesteun om Pfizer se koronavirusentstof te lisensieer.

Die FDA het aanvanklik aangevoer dit sou hom rofweg 75 jaar neem om ʼn aansoek ingevolge die Wet op Vryheid van Inligting (FOIA) af te handel wat ingedien is deur ʼn groep dokters en wetenskaplikes wat toegang tot die sowat 450 000 bladsye professionele inligting oor die entstof gevra het.

Luidens berigte het die FDA nie ontken dat hy ʼn verpligting het om die inligting bekend te maak nie, maar hy het aangevoer hy het te min amptenare in sy FOIA-kantoor en dat hulle slegs 500 bladsye per maand sal kan vrystel. Die hof het egter bevind die aansoek is van groot openbare belang en het die FDA se tydsraamwerk vir die bekendmaking van die inligting verwerp.

Die hof het die FDA dus beveel om pleks van 500 bladsye per maand, nou 55 000 bladsye per maand vry te stel.

Die eerste stel dokumente is vrygestel en daarin word verskeie moontlike newe-effekte wat met die gebruik van die entstof verband kan hou – altesame 1 291 moontlike newe-effekte – aangedui.

Dit sluit in die moontlike ontwikkeling van koorsblare, embolisme, diepaartrombose, epileptiese psigose, pankreatitis, longontsteking, lewerskade en lae geboortegewig in. Ander moontlike newe-effekte sluit in kopseer, gewrig- of spierpyn, moegheid, koors of ʼn seer arm waar die entstof toegedien is.

Yuven Gounden, woordvoerder van Sahpra, het by navraag gesê nie al dié simptome word noodwendig met die entstof verbind nie en die uitgebreide lys het eerder ten doel om proaktief en voorkomend op te tree deur pasiënte aan te moedig om dit aan te meld, sou hulle hierdie simptome ondervind.

“Wat belangrik is, is dat die voordeel-risiko-profiel van medisyne gebalanseerd en aanvaarbaar is. Met elke nuwe medisyne wat op die mark verskyn, gee die owerheid die farmaseutiese maatskappye opdrag om ʼn risikobestuursplan in werking te stel. Dié plan is veronderstel om risiko’s verbonde aan medisyne te identifiseer en maatreëls daar te stel om stappe teen die geïdentifiseerde risiko’s te doen. Dit moet ook die doeltreffendheid van dié maatreëls bepaal,” sê Gounden.

Sahpra het al herhaaldelik die veiligheid van Covid-19-entstowwe benadruk en Gounden sê die owerheid is ten gunste van deursigtigheid en steun dus die bekendmaking van medisyne se professionele inligting sodat pasiënte bewus kan wees van enige moontlike newe-effekte wat kan voorkom.

“As die reguleerder benadruk ons steeds die veiligheid van Covid-19-entstowwe en dit is gegrond op die data wat hersien is voor die entstof geregistreer is, asook die vertoning van die entstowwe ná registrasie.”

Gounden sê dit is belangrik om in gedagte te hou dat die getal newe-effekte wat in die professionele inligting ingesluit word, newe-effekte bevat wat aangemeld is tydens ondersoeke en assesserings. Dit sluit ook alle newe-effekte in wat ondersoek of dopgehou word op aanbeveling van kennersgroepe en regulatoriese owerhede.

Daar is geen “aanvaarbare” getal newe-effekte nie, maar volgens Sahpra moet die voordeel verbonde aan enige medikasie uiteindelik swaarder weeg as enige nadeel daaraan verbonde.

Newe-effekte word bestempel as ongewenste reaksies op medisyne of ʼn entstof en word gegrond op wetenskaplike en kliniese bewyse. Dit word dan in die professionele inligting as ʼn moontlike newe-effek aangedui.

ʼn Vinnige soektog deur ʼn tuismedisynekassie wys 60 newe-effekte word byvoorbeeld aangedui vir ʼn gewone oor-die-toonbank-kopseerpoeier; ʼn bruistablet teen kopseer, tandpyn en vir gebruik tydens verkoue en griep dui vier newe-effekte aan, terwyl ʼn pynpil wat slegs op voorskrif beskikbaar is, naastenby 80 moontlike newe-effekte aandui. Die voubiljet van antibiotika vir kinders dui sowat 40 moontlike newe-effekte aan.

Gouden sê egter die risikoprofiel van medisyne verskil en kan dus nie met mekaar vergelyk word nie. Geen newe-effek word ook as “normaal” beskou nie.

“Alle newe-effekte is kommerwekkend, ongeag van die medisyne of entstof. Daar is begrip vir mense se kommer as ʼn ‘normale’ reaksie op ʼn pandemie en nuut ontwikkelde entstowwe wat versprei word vir gebruik deur groot getalle mense, oor ʼn kort tydperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

KwaaiRooikop ·

Ja…enigste verskil is, niemand forseer my om al daai goed in my medisyne kassie te sluk nie…

VaalDonkie ·

Die virus en die doepa het dieselfde risikos. Enigste ding wat die virus ekstra doen is die hipersensitiwiteit wat tot sepsis ly (dis wat mense doodmaak) maar dit kan jy met steroide en antihistamien behandel.

chris ·

Ja en dan word jy selfs belonings en vergoedings aangebied om die doepa in jou liggaam te laat inspuit.

jeff ·

stem 100% saam. Die dwing is die ding en daardie al die verskilling maak.

Quentin ·

Miljoene word gediwng. Universiteite, werkgewers, sport persone. Wat ‘n belaglike stelling

Karlahari ·

Vat die inspuiting of die universiteit is toe vir jou = DWANG

Heinrich ·

Siestog kaplyn, die lewe bietjie weird daar onder jou klip? Jy nie gehoor van Discovery, Dischem, die universiteite ens nie? Die manne met die trokke in Kanada, die hele Australië wat mense dwing?

Vlooitjie ·

Sy punt is daar was ‘n tyd wat baie mense voor die keuse gestel was dat jy of inent of jy kan nie meer werk nie en baie mense moes maar ent want hul wou nie na maande van lockdowns skielik nie geld verdien nie. Dis dwang.

Henri ·

Die herstelkoers van COVID is oor die 96% waarvan hulle weet. Dit nag selfs nóg hoër wees. Maar die kommerwekkende deel is dat Pfizer geskop het teen die bekendmaking van die risiko’s. Wat is die risiko verbonde aan die entstof? 5%?

Charles ·

Moes die miljoene mense nie eers in kennis gestel word van die 1291 moontlike newe-effekte alvorens hulle gespuit is nie, soos met ander medikasie nie?

Vettiemaragartos ·

Mense kon mos self bietjie gaan delf het en dan ‘n oordeelkundige besluit geneem het. Daar is genoeg inligting op die internet beskikbaar, maar dan was mens mos uitgekryt vir ‘n conspirisy theorist.

Vlooitjie ·

Dit was te veel effort om wyer te gaan lees. Dis mos makliker om net jou mond oop te maak en te sluk as die lepel voor jou gehou word en dit gaan my verstand te bowe dat mense (en hier is ‘n spesifieke een veral op die platform) wat nog steeds voluit glo dat al die inligting wat nou uitkom nog steeds net conspiracy teorieë is. Ek was een van min mense wat al hier mense aangemoedig het om net self bietjie meer navorsing te doen en ook gesê as ek verkeerd is waarteen ek mense van probeer bewus maak, sal ek die eerste een wees wat omverskoning vra. Maar daar is net party mense wat NOOIT sal erken dat Covid en the vaccine dryf dalk nie als is wat hul geglo het in nie.

Vlakvark ·

Presies. Word afgedwing maar newe effekte nou eers bekend en dit na hofsaak.

Martie Smartie ·

Nee wat SAHPRA, na dese hang julle onderrok baie ver uit, julle spring soos ‘n kat op ‘n warm plaat nes die FDA. Veilig se voet. Ek het self die Pfizer ente gekry en ek dink SAHPRA is baie beter met hulle regersingsondersteuning en veldtogte as om entstowwe wetenskapilk te evalueer. Ek is gelukkig klaar met die goed en SAHPRA kan my booster maar verniet vat en hulle eie stories glo.

Madelein ·

Ons seun van 19 het Maandag sy Pfizer Jab gehad, gister ‘n beroerte gehad en tans in Hoësorg. Als dui daarop dat dit die Jab is wat die oorsaak is

VaalDonkie ·

Ek raak so die hel in as ek van jong kinders hoor wat moet inent. Ek neem aan vir universiteit? GEEN MENS ONDER 45 behoort eers te dink aan die inspuiting vat nie. Daar is die afgelope twee jaar maar 6000 mense dood MET covid (nie net AAN covid nie). Die risiko is so klein dat dit glad nie sin maak om hulle te dwing nie.

Maar nou ja. Ek is baie jammer om te hoor.

Cobus ·

Op pieta, dit was van die begin af ‘n klug. Diegene wat ander so aangepor het en verlekker het as mense onder dwang die gemors moes vat. Julle sal onthou word.

Thom ·

@piet ___ jy gaan lank wag! Die grootste anti-vaxxer wat leef se seun wag tot 2 dae voor die hofuitspraak vir sy inenting en kry dan onmiddelik daarna beroerte ___ wat ruik jy ?

Pieter9 ·

Regtig jammer om dit te hoor; was jou seun heeltemal gesond voor die toediening?
As julle Glo in die Here Jesus, gee die siekte oor aan Hom glo vir 100% genesing en dit sal so wees.

Manie ·

Ek moes die inentings neem alvorens ek geopereer kon word.(hospitaal vereiste gewees) en het met beide inspuitings binne 24 uur ‘n “oog beroerte” ondervind. Dit het in beide gevalle 2 weke geneem vir die bloeding om te verdwyn. Ek glo nie dis toevallig nie.

Quentin ·

Manie, stuur asb jou besonderhede na [email protected]
Ons is besig met voorbereiding vir hofsake oor die entstof mandate. Sal dit baie waardeer. Dankie

S ·

So jammer Madelein, hoop hy gaan weer gesond word. Dis baie hartseer :-(

Quentin ·

Madelein, stuur asb jou besonderhede na [email protected]
Ons is besig met voorbereiding vir hofsake oor die entstof mandate. Sal dit baie waardeer. Dankie

Nicolene ·

Jammer om hiervan te hoor. Maar jou seun sal dit nooit kan bewys nie, behalwe as daar ‘n baie dapper dokter bereid is om vir hom te getuig.

Thom ·

Stuur aub vir my n lys van alle probleme wat hy reeds gehad het asook sy eet-en drinkgewoontes , sy massa en gebruik van verdowingsmiddels __ ook n uiteensetting van julle finansiele posisie . Julle eis se voorbereiding is al maande lank aan die gang.

MakersMark ·

Dink dis die vragies wat vir elke “eis” gevra gaan word. Sien hoe verdwyn die eise en “beserings” soos mis voor die son.

Phillip ·

Al wat ek oor gehou het is n seer arm van pfizer dis dit en het die 3de een gister ontvang en is gesond en aldie bogenoemde goed het ek nie ervaar nie

Henri ·

Nou kan ‘n helse klomp mense, wat ook nie geënt is nie, sê “Ek het COVID gehad sonder al die WGO se vreeslike simptome van die siekte”. Jammer Phillip, maar ‘n saak het drie kante. Joune, myne en die waarheid. En die waarheid is besig om nou uit te kom en dit neig verder weg van jou kant.

Voilet ·

My skoonma sukkel om te loop en te praat na die 2de pfizer en het verskillende ander kwale

Quentin ·

Voilet, stuur asb jou besonderhede na [email protected]
Ons is besig met voorbereiding vir hofsake oor die entstof mandate. Sal dit baie waardeer. Dankie

krodedil ·

Dis die beste nuus ooit. Dis tyd dat die entstof vervaardigers tot orde geroep moet word. Julle het my ondersteuning. Daar is baie mense wat bloed aan hulle hande het

MakersMark ·

Sekere tawwe tier prokureur in Pretoria het ook probeer.

Cassie ·

Toe mense gewaarskyu is is die wat waarsku uitgekruit dis juis hoekom hul regerings vrywaring afgedwing het voor hul mense as lab rats begin gebruik het. wonder of die departement wat nou so aangaan dat dit steeds beter is al 55000 bldsye deur gewerk het of net die tjek gebank het

Miskruier ·

Hou jul pote van ons jeug af. Daar is meer nagevolge vir die jeug van die vaksien as wat daar is van die virus.

MT ·

Nou wat presies is die voordeel van die Pfizer inspuiting? Behalwe natuurlike die honderde newe-effekte, nou of later of vanaf nou tot later?

En waarom die teenkanting teen die bekendmaking van die NB inligting waartoe enige regdenkende persoon wat hom of haar daarmee laat inspuit, toegang MOET he?

Dankie, ek luister sommer by die radio.

Marthinus W ·

Waarom gebruik ons, n BRICS land, Amerika se Pfizer (ek het Pfizer ontvang), terwyl Rusland se Spoetnik V nou al oor en oor bewys is as meer effektief, met die minste newe-effekte?

Cobus ·

MM, nog 1 wat so neer gepraat het met mense wat skepties was oor die zap. Waarheid kom ALTYD uit!!

MakersMark ·

Is 6 bn inentings nie die waarheid nie ? Is 90% afname in dood nie die waarheid nie ? Antwoord net daai 2 vrae voor die emosionele hoorsê fabels weer oorneem.

MakersMark ·

Ou cobus die feite skree so hard ek hoor nie jou antwoord nie.

Papsak ·

Wel dit is gevaarlik my seun hom gevat my kind sukkel met hart probleme moet sit en slaap daar is mense verlam van hierdie jab kids al dood aan dit nou waar help hy jou teen virus ja help jou graf toe flippen gemors soos die wat hom aan jou wil af smeer hou verby ek het my lewe lief en offer hom nie vir die land op nie

Nicolene ·

Groot verskil tussen 1291 newe-effekte en 80 newe-effekte. En ek weet daai pil teen hoofpyn werk. My hoofpyn verdwyn. Maar Covid het nie verdwyn vir die hordes mense wat ingeënt is nie.

Thom ·

Ten spyte van gedurige blootstelling nooit Covid gekrh nie en geen newe-effekte tussen die duisende mense wie ek ken nie.

MakersMark ·

Van my familie lede het twee inentings en ‘n booster gehad hul is vêr ouer as 80 jaar. Absolute geen beserings of selfs enige nagevolge nie.

Mercia ·

En hierdie ander mense se familie en jong kinders het wel ernstige newe effekte en nou sien ons dat 1291 gelyste newe effekte doelbewus weerhou is…….so al die uitroepe van hoe absoluut “veilig” die spuit is hou net geen water nie. Natuurlik is daar tans mense wat nie blyk om newe effekte te hê nie…..LW…..tans. Maar sou jy die vermetelheid hê om onverpoos vol te hou van die absolute veiligheid van hierdie spuite beteken dit net weereens dat sommiges dit baie maklik vind om hierdie bewyse van newe effekte te ignoreer omdat dit nie aan hulle of díe naby aan hulle geraak het nie. Daar is geen ander verduideliking vir die volgehoue druk om te spuit na verslae soos hierdie nie, behalwe ‘n totale “disregard” vir hulle veiligheid en reg tot vrye keuse.

MakersMark ·

Biljoene mense het GEEN newe effekte nie. Nie eers ‘n seer arm nie. En die inenting werk, gelukkig weeg al die emosionele tirades zero teen feite en statistiek. Daar is net soveel newe effekte vir ‘n koue bier of disprin. Probeer weer.

Cobus ·

Glo jy dit werklik, kyk gerus EPL wedstryde en merk bietjie hoe daar amper in elke wedstryd ‘n noodgeval in die pawiljoen is, was nog nooit so nie. Julle het gekies om die snert voor die voet te glo en neerhalend te wees met die wat skepties was. Slim vang sy baas MM.

Miets ·

Cobus, daar was maar neerhalendheid van beide kante af. Dis om van naar te raak hoe die mensdom kan aangaan.

MakersMark ·

Regtig ? Sport uitsendings as bewys vir mediese kondisies ? Ding is ou cobus slim het nie ‘n baas nie. Probeer weer.

Karlahari ·

Dit werk so goed dat Pfizer gevrywaar is van enige eise as gevolg van hulle inspuiting.
Regerings teken die ooreenkoms en hulle staan pa vir enige moontlike eise.

Vlooitjie ·

MM jy is bevooreg dat niemand in jou onmiddelike kring siek geword het of newe effekte het nie, maar ander mense was nie so gelukkig nie, maar jy het absoluut géén empatie nie. Ons moet die heeletyd lees van jou tirades, hoekom probeer jy nie net vir n slag in ander mense se skoene staan en dink hoe dit hul lewens verwoes het nie. Mens noem dit grace.

Miets ·

Dis die probleem. Almal wil in almal se skoene probeer inklim.

MakersMark ·

In die wêreld is nêrens empatie vir domastrantheid nie. Veral nie as die oplossing so maklik beskikbaar is nie.

VaalDonkie ·

Vier van my ooms bo 60 het COVID gehad. Sonder inentings. Absoluut geen beserings of selfs enige nagevolge nie.

Seker maar die Portugese bloed.

Johan ·

Nog geen beserings nie….maar jy is reg, as jy kwesbaar is vir c19 kan dit voordeel inhou, maar hoekom jongmense bloodstel!

piet ·

Ek dink negatiewe mense kan geneig wees om ernstige newe-effekte te verbeel of dis ‘n placebo effek. Hulle dink hulself siek.

Karlahari ·

Of die “positiewe” mense wat die inspuiting gevat het, stress n biki…..

Jacobus ·

Wat belangrik is ,is dat meer en meer deskundiges soos rotte die skip verlaat. Hoe kan dit wees dat die staat se kundiges so koorsig die inentings aanhang en net aangaan om meer skade te berokken (benewens ekonomie wat in ICU is).

Chef ·

Kyk ook na die onderhoud van Rochelle Walensky oor die CDC se mistasting. Ongelooflik dat daar sulke swak besluitneming was.

MakersMark ·

Dan moet jy maar die muise konsulteer volgende keer as jy mediese hulp of medisyne nodig het.

Robert ·

Mense was eers bang gewees om van newe effekte te praat, nou kom die stortvloed van gevalle uit!

MakersMark ·

Kyk nou hoeveel hol hof toe om ‘n geldjie te eis vir ‘n seer arm 24 h na die inspuiting.

MakersMark ·

Nog nooit van iemand gehoor wat gedwing was om ingeent te word nie. Maak jou keuse lewe saam het die gevolge. Alle farmaseutiese middels dra risiko van een of ander nagevolg. Gelukkig is die wat ernstig is ‘n bitter klein persentasie van mense wat die middel neem. Inentings is veilig. 6 bn mense wereldwyd ingeent. Meeste ernstige”beserings” reeds agv ‘n onderliggende probleem.

Johan ·

Julle val nou lekker terug, jy en Piet het hoeveel mense beledig wat durf waag om teen julle te gaan. Nee wat julle klomp hoort julle te skaam.

VaalDonkie ·

Die probleem hier is dat die inenting die “onderliggende probleme” na vore laat kom omdat dit die immuunstelsel oorlaai en onderdruk. Maar jy wil nie hoor nie.

MakersMark ·

Sê jy ? Of watter statistiek of mediese proewe bewys jou teorie ?

Cobus ·

Nee meneer, jy was 1 van die wat jouself verlekker het met die druk wat uitgeoefen word om almal te forseer om te zap. Jy lieg blatant as jy nou anders praat.

VaalDonkie ·

Kyk hier man, kom ons dink gou mooi daaroor: mense loop vir dekades lank met hul “onderliggende probleme” rond sonder dat daar iets gebeur. Dan vat hulle die spuit en skielik vlam daai onderliggende probleem op. Watter afleiding sou jy maak? Ek glo nie “hulle” is slim genoeg om 1200 newe-effekte in te “programmeer” in die entstof nie. So dit moet iets anders wees wat hier gebeur. Byvoorbeeld dat jou immuunstelsel so hard werk aan die entstof, dat dit “vergeet” om die ander goed in toom te hou. Dink jy dis ‘n redelike aanname? Ek praat nie van ‘n klinkklare bewys nie, net dat dit ‘n logiese afleiding sou kon wees.

MakersMark ·

Jy is nie eers ingeent nie maar gaan aan asof die inenting iets vreesliks met jou veroorsaak het. Op watter statistiek is jou aannames oor die immuunstelsel gebaseer ? Of is dit weer plaastelefoon ?

Henri ·

“Onderliggende probleem”??? Net soos mense met ernstige COVID?

VaalDonkie ·

Los hom. Hy wil nie hoor nie en dink hy’s vreeslik slim omdat hy oor covid in die Sarie lees.

MakersMark ·

Lees nie daarvan nie werk in die rigting. So het reeds al die feite daarom so seker van die korrekte standpunte.

MakersMark ·

Ja die feite, die feite en statistieke wêreldwyd skree so hard ek hoor nie jou teenargument nie boet.

Koos ·

Onthou, daar is nog bykans 400 duisend bladsye oor wat nog nie vrygestel is nie! Ons wag in spanning!

Adriaan ·

In the Pfizer trials, more people died in the vaccine group than in the placebo group, and it takes 22,000 vaccines to save one life from COVID.

Nico ·

Ek het die eerste pfizer entstof gehad, het nagevolge ondervind nie, geen rooi of seer plek gehad nie ook geen hoofpynne. Moes die inspuiting vat anders kan ek ons seun in Duitsland besoek nie.

MARELIZE ·

Presies wát is die voordele van die sg inenting?
Ek het covid gehad … en het dus natuurlike immuniteit opgebou …

Inspuiting keer nie dat jy dit kry of versprei nie. Herhaal net weer, asb … wat is die voordele?

Andre ·

Dit is eenvoudig skreiend om te sien dat Phizer aangevoer het hulle het nie genoeg kapasiteit om meer as 500 bladsye per maand vry te stel nie. Dit in ‘n hof. Die hof beveel hulle om 55 000 (110 keer meer) bladsye vry te stel, wat hulle toe doen, sommer gou na die bevel. My genade het hulle oornag skielik die kapasiteit verkry of steek hulle iets weg? Gaan hulle die ontbloting van die 55 000 bladsye in die toekoms gebruik om te beweer hulle is forseer om data te openbaar wat nie hersien is nie en ‘n ander hof oortuig dat die informasie nie hulle s’n is nie, verkeerd is, baie “vals” inligting bevat of iets dergliks? Dit lyk vir my meer na bedroglike getuinis waar betaalde regsgeleerdes openlik vir die regter lieg met die hoop hy sal hulle glo?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.