Pfizer-entstof nie so doeltreffend teen SA virusvariant

(Foto: Graeme Robertson/AFP)

Die Pfizer/BioNTech-entstof bied waarskynlik nie dieselfde mate van beskerming teen die Suid-Afrikaanse variant van die koronavirus as teen ander variante van die virus nie.

Só sê die skrywers van ’n Israeliese studie wat die afgelope naweek gepubliseer is.

Hoewel die studie toon dat die Suid-Afrikaanse variant relatief suksesvol is in die besmetting van mense wat reeds met die Pfizer-entstof teen Covid-19 ingeënt is, is dit nie duidelik of dié pasiënte ernstig siek word nie.

Die studie deur die Universiteit van Tel Aviv en Clalit Health Services, Israel se grootste verskaffer van gesondheidsorg, het 400 mense wat nié ingeënt is nie en Covid-19 opgedoen het, vergelyk met 400 mense wat gedeeltelik of volledig ingeënt is en ook die virus onder lede gehad het.

Volgens die studie wat Saterdag as konsep uitgereik is en tans beoordeel word, is die Suid-Afrikaanse variant in minder as een persent van die Covid-19-gevalle in Israel aangemeld.

Onder die 150 deelnemers aan die studie wat volledig ingeënt is en Covid-19 gehad het, was “die voorkoms [van die Suid-Afrikaanse variant] egter agt keer hoër as die persentasie van diegene wat nie ingeënt is nie”, lui die studie.

“Dit beteken dat die Pfizer-BioNTech-entstof waarskynlik nie dieselfde beskerming teen die Suid-Afrikaanse (B.1.351) variant van die koronavirus bied nie,” aldus die studie.

“Die Suid-Afrikaanse variant is tot sekere mate in staat om deur die beskerming van die entstof te breek,” sê prof. Adi Stern, een van die navorserskrywers verbonde aan die Universiteit van Tel Aviv se Shmunis School of Biomedicine and Cancer Research.

Stern het wel Sondag aan AFP gesê die studie het nie nagegaan of die ingeënte Israeli’s met die Suid-Afrikaanse variant – altesaam agt mense – ernstige siekte ontwikkel het nie.

“Aangesien ons ’n baie klein aantal mense gevind het wat B.1.351 opgedoen het, al is hulle ingeënt, is dit statisties sinneloos om oor die siekte-uitkomste te berig,” het hy gesê.

Twee studies deur Pfizer/BioNTech en Moderna, wat in Februarie in die New England Journal of Medicine gepubliseer is, het getoon dat die teenwoordigheid van teenliggaampies ná inenting minder was by mense wat aan die Suid-Afrikaanse variant blootgestel is. Dit dui ook op verminderde beskerming.

Die Israeliese studie is egter die eerste assessering van die Suid-Afrikaanse variant se vermoë om ’n entstof te omseil.

Sowat 5,3 miljoen mense in Israel het reeds die eerste dosis van die entstof ontvang terwyl 4,9 miljoen mense, oftewel 53% van die bevolking, volkome teen Covid-19 ingeënt is.

’n Vroeëre studie deur Clalit onder 1,2 miljoen Israeliete het bevind dat die Pfizer/BioNTech-entstof sowat 94% beskerming teen Covid-19 bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dirk Mostert ·

Pfizer en AstraZeneca se doeltreffendheid teen die S.A. variant is beide twyfelagtig. Dus, as jy teen Covid-19 geent is, maak dit jou nie immuun teen variante nie. Enting op enting gaan dus ons voorland wees en jy gaan nooit immuun wees nie.

Zacahara ·

Die moontlike probleem, Dirk, is wat sou inenting op inentig se effek op mekaar binne ‘n liggaam wees. Vir nou kan ons seker net daaroor spekuleer? Ander vraag: kan ‘n sekere tipe inenting nie mens dalk juis meer kwesbaar / vatbaar maak vir ‘n gemuteerde variant nie? Weereens iets wat ons seker net tans oor kan spekuleer?

OW ·

Ons word ook nooit immuun teen griep nie.Griep verander sy antigenisiteit jaarliks en die entstof moet jaarliks aangepas word om doeltreffend te kan werk.Covid entstof behoort dieselfde roete te loop wat jaarliks aangepas moet word.

Zacahara ·

Maar dis mos nie nuwe nuus nie: dis waarom daar besluit was om die Pfizer entstof nie in SA uit te rol nie & dit met Johnson & Johnson se entstof te vervang. Wat ek egter dink ons moet op fokus, is dat sekere van hierdie enstowwe dalk mag oneffektief wees teen variante van die oorspronklike COVID-virus wat met tyd gaan muteer. Ek glo ook dat daar dalk nog verskeie mutasies moontlik mag gebeur in die nabye toekoms. Nou wonder ek net of mens regtig beter af is as jy ingeënt is, of nie. Sou mens dalk ‘n ander entstof moet neem elke keer as daar ‘n nuwe variant is? Hoe sal verskillende entstowwe op mekaar reageer? Deur in te ent, verhoog ons nie dalk die moontlikeid van mutasies nie? Ek wonder maar net….???

Fedup ·

We are robust, don’t ya know.
To be honest as i read what pfizer and johnson&johnson vaccines can do and that coming from highly skilled professionals, i don’t think this virus can be stopped. I for one will never take the vaccine.
No offense to those who really want to take that vaccine. Make sure of the facts. Ask your docter please.
Now where are my trolls?

Keith ·

I agree. It does not look as if anyone really knows what to do with this virus. If the CCP were honest and told the scientists HOW they made this instrument of mass destruction then maybe someone would come up with the real antidote. There also seems to be an “issue” with potential and actual bloodclots from both J & J’s and Astra’s vaccines. The other problem is the use of the name “South African” variant. Not good marketing for tourism to and from our country.

Theo ·

Stem saam met Dirk en ander se kommentare. Die hele inentingsprogram maak hoegenaamd geen sin nie. Ek noem net enkele aspekte:

Die “entstof” voldoen nie aan die definisie van ‘n entstof nie nie, dis eintlik geen-terapie, waar genetiese materiaal in die selle ingevoer word wat die korona “spike” proteiene produseer en die liggaam reageer daarteen.

Daaruit volg dat die inenting nie immuniteit bied nie, slegs beskerming teen die ernstige siektesimptome. Die virus is egter steeds oordraagbaar.

Die mense wat eintlik die beskerming teen ernstige Covid siektetoestand nodig het, is die mense oor 65 en die met komorbiditeite. Dit maak hoegenaamd nie sin om die hele bevolking te probeer immuniseer nie. Die gemiddelde wereldwye sterftekoers van geinfekteerde mense is maar 0.15%!

Die virus muteer teen ‘n vinniger tempo as wat die entstowwe se aanpassings gemaak kan word. Die gesondheidsektor sal voltyds besig wees met aanhoudende herinenting van miljoene mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.