Pfizer sê Covid-19-tablet ‘uiters doeltreffend’

Pfizer het nou ook ‘n Covid-tablet bekend gestel en sê dit is uiters doeltreffend. (Foto: Don Emmert/AFP)

Die farmaseutiese reus Pfizer sê ʼn kliniese proef van ʼn tablet om Covid-19 mee te behandel, dui daarop dat dit hoogs doeltreffend is.

Die vervaardiger se tablet volg op dié van Merck, wat griepmedisyne aangepas het om die koronavirus te beveg.

Pfizer se tablet is spesifiek ontwikkel vir Covid-19.

Die Pfizer-tablet genaamd Paxlovid, het ʼn Covid-19-pasiënt met ʼn hoë risiko se kans om na ʼn ernstige vorm van die siekte te vorder, in die hospitaal opgeneem te word of te sterf, met 89% verminder.

Die uitslae van die middel-tot-laat-fase kliniese proef is só sterk dat Pfizer nou gaan ophou om nuwe mense vir die proefneming te werf, het die maatskappy Vrydag gesê.

Data sal nou so gou moontlik by die Amerikaanse voedsel- en medisyneowerheid ingedien word sodat aansoek gedoen kan word vir noodgebruiktoestemming.

“Vandag se nuus verander die omgewing in wêreldwye pogings om die verwoesting wat die pandemie saai, te stuit,” sê Albert Bourla, uitvoerende hoof van Pfizer.

“Die data dui daarop dat ons mondelikse antivirale kandidaat, indien regulatoriese owerhede dit goedkeur of magtig, die moontlikheid het om mense se lewe te red, die erns van Covid-19-infeksies te verminder en nege uit tien hospitaalopnames te verhoed,” sê hy.

Verskeie ander maatskappye werk ook aan tablette wat kan namaak wat die middel Tamiflu vir griep doen: Dit verhoed dat die siekte na ʼn ernstige graad ontwikkel.

Pfizer het die tablet reeds in Maart verlede jaar begin ontwikkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

VaalDonkie ·

So nou het ons ‘n IverMercktin EN ‘n Pfizermectin. Great man!

Ilze ·

Ek is geen doemprofeet nie. Maar NEE dankie vir vaccine en vir covid pil.

Nico ·

Dit het niks met doemprofete te doen nie. Ek het ‘n vrye keuse. Sommige volg slaafs na en sommige ondersoek objektief.

Jacobus ·

Natuurlik werk dit wonderlik – ek het dit ontwikkel! En die $’s rol in.

annie ·

Mense is nou dik vir die spuit. Maar nou sal almal elke dag of dalk twee of drie keer per dag moet opdaag om jou pil te sluk want hoe gaan hulle weet of ek myne gedrink het? Dit kom nou daarvan om julle so op te werk. Nog twee jaar van single file vir ons. En dit gaan kos per pil. En weer ander newe-effekte om te raporteer…

VaalDonkie ·

Om eerlik te wees is ek banger vir die “lockdowns” en die “state of disaster” as vir die inspuitings en die pille.

Anel ·

Hoe kan hulle bepaal dat dit so doeltreffend is as dit ook skaars 18 maande getoets is? Wat is daar in en wat is die newe effekte? Die lot is net besig om geld te maak en mense soos skape te probeer behandel. Kan maar net saggies lag!!!

Samuel ·

Dit is wonderlike nuus. Wonder net hoe die owerhede sal kan bepaal of ek my pilletjie gereeld drink??

Martie Smartie ·

Al die kommentators wat so aangaan, julle weet seker daar is ‘n regulasie wat die verspreiding van vals inligting verbied verwant tot die pandemie ne. Julle wat beweer daar is Ivermectin in die nuwe Pfizer medikasie, het jul bewyse daarvoor? Het jul die kliniese studie opgelees and gekyk wat is die aktiewe bestanddeel/dele in die formule? Indien nie, is julle kommentaar ongegrond en vals. En aan diegene wat so anti-alles is (wat hul reg is natuurlik) en pro-samesweringsteorieë, jul laat my dink aan die gesegde van daar is nie pille vir domgeit nie he he

Tanniepetoors ·

Ek wens ek kon vir jou 100 “opduime” gee. Ek wonder net altyd of die wat so teen Covid-inenting is al familie en vriende verloor het agv Covid. Skynbaar nie. Ek mis my pragtige vriendin, twee ou skoolmaats en het al ophou tel aan gewaardeerde verlangse familie en vriende waarvan ek deur my familie hoor, wat gesterf het aan Covid-19 in die afgelope 20 maande. Die geestelike aftakeling is onberekenbaar.

Andre ·

Dis altyd erg om van sterftes te hoor. Maar dis nie die ongespuite wat die gespuites moet bedkerm nie, die spuitstof moet dit doen.

Mercia ·

Ons leef sonder ‘n “prodstick” op ons agter-ente Tanniepetoors. Jy word seker toegelaat om besluite rondom jóu liggaam te neem sonder vreemdelinge wat vir jou sê hoe jou besluite gewysig moet word om aan “hulle” belange en voorkeure te voldoen?
Jý het die spuit wat mos waarborg dat jy nie gehospitaliseer word of doodgaan nie ( wat nie die geval was vir mense na aan my nie…..hulle is gehospitaliseer kort na die spuit en een is ook dood kort na spuit) Ek het niemand verloor aan Covid nie….díe wat dit gehad het, het baie ligte simptome gehad. So hoe leef jy met jouself as jy druk toepas op almal wat wil luister en a.g.v daardie druk en beledigings word hulle gehospitaliseer of verloor hulle lewe?
Dít is die rede hoekom elkeen sy eie risiko-bestuur moet doen en hulle neuse uit ander se mediese besluite behoort te hou.

Retha ·

Ook baie goeie jarelange vriend verloor na die jab. Ernstige asemnood in ICU en weg sonder goodbye

Nico ·

Lekker en vry. Ek verstaan jou gemis. Baie het daardeur gegaan.
Baie voel ook so oor die verliese van naasbestaandes a.g.v. die eksperimentele terapie wat hulle ‘n vaksien noem.
Tannie, kom ons respekteer mekaar en laat elke regdenkende mens vir homself besluit.
Dit is nou die tyd wat ons self moet ondersoek en nie alles glo wat aan ons afgesmmer word nie.

Nico ·

Dit is juis mense wat ‘n ondersoekende gees het wat nie DOM is nie.
Dit is juis hulle wat nie soos ‘n skaap agter alles aanhardloop wat vir jou voorgehou word, wat nie DOM is nie.
Belediging is nie die manier om ‘n standpunt oor te dra nie.

Retha ·

Het jy pamflet gekry wat mooi verduidelik wat die Jab alles bevat, want daar niks op die botteltjie of klaar opgetrekte spuite wat soos masjiengewere koeëls ingeryg lê, rek om in jou arm in te spuit? Vrae ook maar net

MakersMark ·

Ja nee Martie maak of hul als weet maar agterlike denkwyse word deur sameswerings teorieë en suspisie oorheers. So lyk dit as wetenskaplike ongeletterdes toegang kry tot ‘n selfoon.

Waarnemer ·

Ja Neh!!!!Hoe meer dae hoe meer dinge en wie word aan die einde van die dag nog n multi miljoener?

Frans ·

Ek kannie glo hulle kom weg hiermee nie. Pfizer ‘cancel’ ivermectien en dan maak hulle hul eie weergawe en bemark dit in plek daarvan. Gulsige geldwolwe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.