PG du Plessis dán gegroet

PG du Plessis (Foto: ATKV)

ʼn Gedenkdiens word eersdaags vir die ontslape skrywer en dramaturg, dr. PG du Plessis, op sy tuisdorp Potchefstroom gehou.

Du Plessis is Woensdagmiddag in die ouderdom van 82 oorlede ná ʼn lang stryd met kanker.

Die diens is Dinsdag om 11:00 in die NG kerk Noord in Dwarsstraat 21.

Pieter Georg (PG) du Plessis, wat met sy Koöperasiestories diep in die harte van Suid-Afrikaners gekruip en talle stories in die immergewilde televisieprogram Spies en Plessie – met permissie vertel het, het prostaatkanker gehad. Hy sou volgende maand sy 83ste verjaardag gevier het.

Lees huldeblyke aan PG du Plessis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Daar waar hy nou is gesels hy en spies en Tolla n hond uit n bos RIV.

Mike ·

So rus n grote,RIV ,, die SABC kan gerus Spies en Plesier weer terug bring,,,,.

Rocky ·

‘n Seder het geval……. Dankie PG, jou nalatenskap sal vir ewig lewe!! RIVER.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.