Phahlane moet sê hoekom hy nie geskors moet word

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, is opdrag gegee om “oortuigende en redelike” redes aan Fikile Mbalula, minister van polisie, te gee hoekom hy nie geskors moet word nie.

Phahlane is Donderdag uit sy posisie as waarnemende nasionale polisiekommissaris verwyder en lt.genl. Lesetja Mothiba is met onmiddellike effek in sy plek aangestel.

Mbalula het later in ʼn verklaring gesê dit sou gebruiklik wees dat Phahlane net teruggaan na sy posisie as afdelingskommissaris van forensiese dienste. “Dit is vir my duidelik dat die aanvanklike redenasie oor lt.genl. Phahlane se ongewenstheid om aan te bly as waarnemende nasionale polisiekommissaris ook van toepassing is op sy oorspronklike rol. Daarom het ek lt.genl. Phahlane gevra om my van oortuigende en redelike redes te voorsien hoekom ek hom nie met onmiddellike effek uit sy posisie as afdelingskommissaris van forensiese dienste moet skors nie,” het Mbalula gesê.

Mbalula het gesê daar is ʼn reusetaak wat vir die SAPD se forensiese dienste voorlê as deel van sy poging om die professionaliteit van die polisie in sy geheel op te skerp in die stryd teen misdaad. Hy het gesê die ernstige bewerings van wangedrag deur Phahlane laat vrae ontstaan oor gedrag wat teenstrydig is met die verwagtinge van diegene in leiersposisies in die polisiediens.

“Ek word verplig om dit duidelik te maak dat lt.genl. Phahlane ʼn reg het om onskuldig beskou te word totdat dit anders bewys word. Die bewerings is nog nie in ʼn hof getoets nie,” het hy gesê. Hy het gesê hy glo Phahlane moet voldoende tyd en persoonlike vryheid gegun word om op die bewerings en ondersoek teen hom te fokus.

Mbalula het gesê hy is egter ook bekommerd oor bewerings van wangedrag deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en het beklemtoon dat daar van Opod verwag word om sy pligte met die grootste integriteit uit te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annette Stander ·

Janee hy gaan maar net weer terug na sy ou pos. Wat het geword van ‘afdank’. As jy onbevoeg is, is jy onbevoeg, finish en klaar! Tipies ANC. Sorg vir die kaders!

Scalla ·

Van wanneer af moet hy se en redes aanvoer oor hoekom hy nie geskors moet word nie, Frikkie, alhoewel jy geen polisie opleiding en ervaring het nie, as hy nie aan die vereistes voldoen het nie dan se jy vir hom om te gaan, stop om so met hulle te vleg.

Boswell Wilkie Sirkus ·

Phahlane, Hlaudi, Molefe, Zuma, Malema .. jissie hierdie mense hou darem die howe besig hoor .. as dit nie dissiplinere verhore is nie is dit hofsake, kan nie glo ons land word deur CLOWNS bestuur nie . dit is iets om van NAAR te raak!

andrea van vuren ·

Ek verstaan nie die hedendaagse neigings om te verklaar hoekom jy nie ontslaan of geskors mag word nie. As jy skuldig is, is jy skuldig!

broos ·

“voldoende tyd en persoonlike vryheid” beteken niks anders as net nog iemand wat by die huis sit met volle betaling vir hoeveel maande nie

BOLANDER ·

Die land is so siek, dit maak my naaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaarrrr!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.