Phahlane: Onskuldig tot hy skuldig bevind is, sê Mbalula

Khomotso Phahlane Foto: Jonisayi W. Maromo (@Jonisayi), Twitter

Fikile Mbalula, minister van polisie, het hom Donderdag uitgespreek oor pres. Jacob Zuma se besluit om lt.genl. Khomotso Phahlane uit sy amp as waarnemende nasionale polisiekommissaris te verwyder.

“Ons wil die president bedank vir sy wysheid en beslissende optrede in hierdie verband,” het Mbalula gesê. “Daar is duidelik baie ernstige bewerings van wangedrag deur Phahlane wat ook ʼn impak het op sy geskiktheid om in die amp as waarnemende nasionale polisiekommissaris waar te neem.

“Die bewerings laat vrae ontstaan oor gedrag wat teenstrydig is met die verwagtinge van diegene in leierskapsposisies in ons polisiediens.

“Ek word verplig om dit duidelik te maak dat lt.genl. Phahlana ʼn reg het om onskuldig beskou te word tot daar ander bewys word. Die bewerings is nog nie in ʼn hof getoets nie.

“Dis ook duidelik uit verklarings deur die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) dat die regsprosesse tussen Opod en Phahlane in die hof sal voortduur. Ek glo lt.genl. Phahlane moet voldoende tyd en persoonlike vryheid gegun word om op hierdie persoonlike bewerings te fokus.

“Daarom het ek pres. Jacob Zuma in kennis gestel dat die generaal se ampstermyn ʼn negatiewe impak het op die ministerie en die departement waarvoor ek verantwoordelik is.

“Die huidige nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, se kontrak verstryk op 10 Junie 2017 en die president sal dus binnekort oorweeg om ʼn nuwe nasionale polisiekommissaris aan te stel.”

Maroela Media het vroeër berig lt.genl. Lesetja Mothiba is met onmiddellike effek as waarnemende nasionale polisiekommissaris aangestel.

“Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om lt.genl. Phahlane te bedank vir sy bydrae as waarnemende nasionale polisiekommissaris en ek stuur goeie wense aan lt.genl. Mothiba,” het Mbalula bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor Khomotso Phahlane op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lw ·

Ek wil ook soos Riah Pyiega by die huis sit met volle salaris. Te lekker.

Wouter ·

Fikile wanneer betaal jy die R10mil terug wat jy gesteel het vir die 2010 sokker?

Scalla ·

Hy gaan stil stil uit die sisteem verdwyn, niks oorkom nie en n vet goue handruk kry en rustig in sy paleis sit en heeldag musiek luister op sy R100 000 geborgde klank sisteem, wat is fout daarmee.

Alida ·

Ek glo steeds in Phalane se onskulkd. Kom wat wil. Zuma wou hom maar net uit kry want hy hou nie van eerlike mense met integriteit nie. Hoe skelmer die persooon is hoe meer bevoeg is hy vir enige pos. Die waarheid sal nog uitkom.

marous ·

Wie wil hy nog bedank? Miskien moet hy net se “Ek bedank ” punt

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.