Phahlane veroordeel polisieman se moord

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het die publiek versoek om die polisie by te staan en te help om die skuldiges in die voortslepende moorde op polisiebeamptes vas te trek.

“In die jongste voorval is een van ons beamptes vanoggend slegs ʼn paar meter van sy woning af in Phoenix in Durban doodgeskiet. Die beampte was op pad werk toe, toe die voorval gebeur het,” het Phahlane gesê.

Volgens ooggetuies is die beampte genader deur ʼn man wat hom twee keer geskiet het. Die verdagte het in ʼn VW Polo op die vlug geslaan.

“Kapt. Bheki Simelane (58) is aangetref met sy persoonlike besittings insluitend sy selfoon, vuurwapen en beursie steeds by hom,” het Phahlane gesê.

Lt.genl. Bheki Langa, waarnemende provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal, het Simelane se dood as ʼn groot verlies beskryf.

“Hy het met sy lewe betaal ná 35 jaar se ononderbroke diens. Ons versoek die howe om die swaarste straf moontlik op te lê,” het Langa gesê.

Die polisie ondersoek die motief agter die moord.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die polisie te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

pieterdp ·

Vir jare en jare het Die ANC die poliesie verswak en selfs hul opleiding verkort en dan nog die blankis ook uit gewerp. Dit als om die Prisedensie te versterk in hul kwaad.

So het die misdadigers dan nou ook toegeneem en is geensins bang vir die poliesie nie. Die Prisedent werp die uit wat teen hom gaan. Die misdadigers moor so doende die poliesie uit wat hul teen gaan .

Dis is voel ek vir skriklik jamer vir vandag se poliesie. Maar begin die misdadigers vervolg en los die om koop.

AL ·

Pieter – spelling of nie, ek stem saam met jou. Respek vir wet en orde moet van die hoogste gesag kom, dis die wat ek sê die ANC is alles behalwe n voorbeeld vir die land en sy mense.
Phalane en Justisie moet eerder koppe bymekaar sit om geweldsmisdade uiters swaar te straf.

Scalla ·

Sy persoonlike besittings is by hom gevind, so dit bleik standaard praktyk te wees volgens waarnemende hoof dat dit gesteel moes gewees het , revenge is n rede, seker een van die goeie gerespekterde lede as jy sy ouderdom en rang kyk

hannes du plessis ·

Hoekom die swaarste straf teen polisie moorde, hoekom nie teen plaasmoorde nie. Boere verskaf kos op ons tafels maar hulle word uit gewis, die polisie nie meer skerp soos inni ou dae nie.

Sorrie ·

VEROORDEEL asb alle moorde, anders gaan ons ook maar net die moord op ‘n polisieman as STATISTIEK of MISDAAD beskou. Ons moet nou ons stemme dik maak en NIKS ondersteun terwyl moorde op boere as ‘n GRAP afgemaak word nie!! Ons moet in geen gesprekke toetree waar mense sit en giggel oor die marteling en moord op boere nie, voordat die regering dit nie ernstig opneem nie, moet ons ook maar die ander aanvalle en sterftes as ‘misdaad’ sien!!

Vinkie ·

‘Hy moet die swaarste straf moontlik opgelê word’??? WAT van ons BOERE wat so afgemaak word? Sê ASB vir my hoe werk dit???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.