Phalaborwa-inwoners gewaarsku oor leeus

Argieffoto ter illustrasie. Foto: AP Photo/Kevin Anderson, File

Nagenoeg 14 leeus het vermoedelik uit die Krugerwildtuin ontsnap en loop los rond in Phalaborwa, Limpopo.

Volgens die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, is die leeus in die omgewing van die Phalaborwa-Foskor-myn gesien.

“Die leeus het vermoedelik uit die wildtuin ontsnap. Die departement het intussen veldwagters aangewys om die leeus se bewegings dop te hou terwyl daar op ʼn plan van aksie besluit word,” het die departement gesê.

ʼn Vergadering is tussen lede van die departement, die wildtuin en die Groter Balule-natuurreservaat gehou en daar is besluit dat die leeus gevang sal word en in die wildtuin vrygelaat sal word.

Die departement het lede van die publiek, en spesifiek werknemers van die myn, versoek om ten alle tye op hul hoede te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Leeuloop ·

‘n Merkwaardige afname in misdaad en geweld word hierdie week in die Phalaborwa area gerapporteer. Dank die Here, Amen.

Winterblom ·

@ Leeuloop, wens ons kon ‘n paar leeus hier in Gauteng ook kry!!!

Heksie ·

Nogal 14!!!!
Wow, hoop net nie die diere word geskiet nie, hulle volg net hul instink!
Mag hulle gou gekry, gedart en teruggebring word wildtuin toe.

Deon ·

Maar julle moet beslis, leeus, of n hele klomp baie kwaai honde, maar erge kwaai diere om te beskerm is noodsaaklik.

T ·

Hoe ontsnap hulle so maklik? Drade wat nie behoorlik in stand gehou word nie, of wat?

Michelle ·

Omrede pouchers nie verder as hulle neus dink nie! Hopelik vreet hulle hulle sommer op. Dit kon gebeur het deur die aand toe die pouchers deur gekom het of deur die dag net voordat die roetes by die heinings gedoen is.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
In die 70’s langs die damme en riviere naby Phalaborwa was al luiperd-spore in die sand wasr ons vis gevang het…daai area was altyd wild….n leeu jag jou nie in die aand vanuit n boom nie…wees eerder gewaarsku oor luiperds..
.
.

wielie ·

Die leeus is oppad na Pretoria om vir familie in die dieretuin te kom kuier :)

Susan ·

Niks ongewoons vir ons hier in Phalaborwa nie. Van tyd tot tyd besigtig jy wilde diere laat nag in ons strate, Vlakvarke, Olifante & Seekoeie is gereelde besoekers in ons dorp

Wat ‘n wonderlike manier om die naweek te begin !

HN ·

Got to love Phalaborwa.
Maar die mense leef in ‘n droom wereld. Die leeus is al van Januarie “los” op die stuk pad. Hulle het dit nou eers agter gekom. Ons weet van ten minste 4 troppe leeus wat daar loop.

Gert ·

Hulle word so gejag deur stropers in die wildtuin, het gedink dis dalk veiliger buite.
Hulle is verkeerd…

Mel ·

Die hartseerste, byt hul iemand word hul ook seker soos die luiperd wat kind gebyt het nou by malelane gejag en doodgeskiet. Oor die klomp wat in beheer is nie kyk dat als op standaard is nie.

Uilspieel ·

Ja ek kan steeds nie di punt sien waarom die luiperd geskiet is nie… Dan moes hulle maar al die luiperds geskiet het want ALMAL sal ń klein kind sien as prooi en vang. Hoe dink hierdie mense? Of het die luiperd di kind 8uur die aand in sy bed aangeval?

Andreas ·

Nou ‘n tydjie gelede was daar ‘n luiperd wat in die omgewing was. Daar word dikwels vlakvarke en ander wilde diere in die strate van die dorp wat aan Die Wildtuin grens gesien.

Linette Sauer ·

Daar is op die stadium verseker ‘n luiperd of 2 ook los in die woongebied. Honde sal blaf vir vreemde mense of diere maar die bobbejane gaan mal. Hulle sal nie so aangaan om mense teen diewe te waarsku nie ????

Cherokee ·

Die publiek van Phalaborwa en omgewing moet gewaarsku word om hulle nie te voer nie, want dan leer hulle af om self te jag.

???? leser ·

leeus is kat familie, watter draad en stroom water gaan hulle in elk geval binne hou, wat is die hoogte van die draad heining met hoeveel lyne en hoe ver uitmekaar, ek glo dit gaan reeds ‘n antwoord wees

Liza Meyer ·

Heerlik om so ‘n vrydag tekan begin, het heerlik gelag vir al die kommentaar……
Jannie jy is skerp……
Hoop net nie hulle word dood gemaak nie.

Niklaas ·

Ek wonder ook of daai leeus deur ‘n oopgesnyde heining geloop het. Wat deur
wildstropers oopgelos is. Word daar nog ooit heining inspeksies gereel deur veldwagters en hul helpers of is daai take nou gestaak ? Ek hoop die leeus oorleef hierdie uitstappie van hulle.

Cherokee ·

Inwoners van Phalaborwa omgewing behoort gewaarsku te word om die leeus nie te voer nie, want dan word hulle bederf en weet nie meer hoe om self kos te soek nie.

Love nature ·

Ek het self in Phalaborwa groot geword en om wild in die dorp te sien is glad nie iets snaaks nie . Cherokee hy hoef glad nie jouself te bekommer oor die mense wat hul sal voer nie daar is meer as genoeg diere daar sodat die leeus hulself kan voer

Cherokee ·

Dankie Love nature, ek woon ook op ‘n plek waar ek 3 dae gelede ‘n aap afgeneem het wat by my kantoor aan die diefwering vasgehou het en deur die venster geloer het. Ek pleit skuldig; het hom gevoer…sy wins was ‘n piesang.

Albert ·

Al hoekom dit nou eers aangemeld word is om stemme te werf vir die dorp van die jaar. Daardie leeus trek heen en weer tussen die wildtuin en die gebied waar hulle nou rond dwaal agter kos aan. Dit doen hulle al vir baie jare. Phalaborwa is die wildtuin wat net uitgespan is van die wildtuin.

Elize ·

Hierdie storie is heeltemal onnodig. Ons sien die leeus baie op ons water raad pad. Hulle het nog NOOIT enige gevaar vir iemand gewees nie. Hulle kom uit n privaat reservaat. En hulle loop baie kere op foskor rond. Hemel net oor 1 nuus kanaal daarvan gehoor het nou is dit buite beheer.

Francois le Cochon ·

Ek ontsnap ook so elke paar jaar Kruger Park toe!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.