Phalaborwa-ontsnaptes aangekeer, twee sterf

Papic Mashale het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap en is steeds op vrye voet. Foto: SAPD

Papiki Mashapo is dood nadat hy in ‘n skietgeveg met die polisie betrokke geraak het. Foto: SAPD

Twee van die gevangenes, wat Donderdagmiddag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap het, is Sondagaand in Tzaneen aangekeer, maar is kort daarna dood.

Marius Jacobs, woordvoerder van Northern Security en stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, het aan Maroela Media gesê ʼn skietgeveg het tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek, toe polisiebeamptes hulle in die Talana-gebied opgespoor het. Een van die verdagtes, Papiki Mashapo, is in die proses gewond en die polisie kon daarin slaag om hom in hegtenis te neem.

“Ons het gaan help en veiligheidswagte het ons ingelig twee van die verdagtes kruip in die bosse weg. Ons het hulle agtervolg en kon daarin slaag om ʼn tweede verdagte in hegtenis te neem. Hy is aan die SAPD oorhandig,” het Jacobs gesê. Die derde verdagte het gevlug.

Benny Mathaba het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap. Foto: SAPD

Benny Mathaba het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap en is steeds op vrye voet. Foto: SAPD

Volgens Jacobs het Mashapo ure later aan sy wonde beswyk. Die tweede verdagte is ook glo kort na sy inhegtenisneming dood, vermoedelik weens skok of ʼn hartaanval, het hy gesê. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, die provinsiale polisiewoordvoerder, het dit egter ontken en gesê die tweede verdagte, Thomas Maowasha (23), se liggaam is langs die pad aangetref nadat hy vermoedelik deur ‘n onbekende groep mense aangerand is.

Maroela Media het vroeër berig die drie gevangenes het omstreeks 17:00 Donderdag ontsnap, toe polisiebeamptes hul kos gebring het. Volgens die polisie het die verdagtes die polisiebeamptes na bewering oorrompel en een van hulle ontwapen en toe ontsnap.

Benny Mathaba (24), wat vroeër vir verkragting in hegtenis geneem is, is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Voorlaaier ·

Di tweede verdagte is dood geslaan en geskop.
Di ” skok of hartaanval” is di oudste verskoning in di boek!.

Koos1 ·

Voorlaaier, as sy hart nou nog geklop het het hy nog geleef nie waar nie?
So hy is dood aan sy hart wat gaan staan het, en dit is ‘n hartaanval.

Amanda Landman ·

Seker soos hulle slagoffers ne…die het seker ook hartaanvalle gekry van skok aangesien die verdagtes mos net verkragters en moordenaars is…

KP ·

Is die polisie te bang om in digte bosse na misdadiger te soek toe stuur hulle maar privaat mense in om hulle aan te keer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.