Phalaborwa-pad weer oop ná gewelddadige betogings

Foto: SAPD

Foto: SAPD

LET WEL: Die pad is intussen weer gesluit. Klik hier om meer te lees.
Die R71 tussen Namakgale en Phalaborwa in Limpopo is weer oopgemaak ná gewelddadige betogings in die gebied.

“Van die strate in die informele nedersetting is nog steeds versper,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê.

Drie vragmotors en twee bakkies is tydens die betoging, wat Sondag begin het, aan die brand gesteek.

Die National Union of Mineworkers (NUM) het gesê hy ondersteun die volgehoue betoging deur die inwoners, maar is gekant teen enige geweld wat die gemeenskap wil gebruik om hul doel te bereik. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om vreedsaam te betoog en nie enige eiendom te vandaliseer nie,” het die vakbond gesê.

Die Palabora Mining Company het Maandag die onwettige betoging bevestig en bygevoeg dit het ʼn negatiewe impak op die veiligheid van werknemers, kontrakteurs en die betogers self, en dat dit bedrywighede by die aanleg ontwrig. “Dit gebeur tydens ʼn kritieke tyd in die mynbedryf en die ekonomie,” het Hulisani Nemaxwi, woordvoerder vir die maatskappy, gesê. “Dit kan ʼn beduidende impak op die toekoms van Phalaborwa hê, insluitend die R9.3 miljard Lift II-projekskedule en kan daartoe lei dat die myn sluit. Die maatskappy is gekant teen enige geweld wat die gemeenskap gebruik. Ons hou vol dat ons in die beste belang van die gemeenskap optree en ons deur het nog altyd oopgestaan vir enige gesprek met die gemeenskappe. Ons kan egter nie in ʼn vyandige omgewing voortgaan nie.”

Maroela Media het Maandag berig Otto het gesê die inwoners is ontevrede met tradisionele leiers in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ghost ·

Soos altyd moet hulle geweld gebruik en goed breek en beskadig. Kan niks vreedsaam doen nie. Regtig pateties.

Hannelize ·

Ongelukkig is die pad weer toe. Hulle brand weer motors & bande.

Riana ·

J.Z jy is si reg. ek weet sat Gideons reg deur die kand elke jaar vir alle grd 8 keerders Bybeltjies gee. Dit het GEEN effek op die gemeenskappe nie. Bly net vrot vrugte voortbring!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.