Phalaborwa sonder water

Argieffoto

Argieffoto

Watertoevoer na Phalaborwa in Limpopo is afgesny omdat die munisipaliteit glo meer as R200 miljoen agterstallig is, het Beeld Donderdag berig.

Slegs 30% van die dorp het tans toegang tot water.

Die Lepelle-waterraad het verlede week aangekondig dat die watertoevoer afgesny gaan word weens die munisipaliteit se uitstaande skuld.

Simon Mpamonyane, Lepelle se woordvoerder, het gesê die raad het die afgelope paar jaar alles in sy vermoë gedoen om die skuld te verhaal.

Die DA het versoek dat die dorp onder administrasie geplaas word. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Goed, die munisipaliteit het nie betaal nie, maar wat van die mensies wat wel betaal het…???

Die is eintlik onregverdig, maar nou ja, wat kan ons doen???

henk ·

inwoners se dienste word onwettig deur die stadsraad afgesny sou hulle nie betaal elke maand nie. om dit te verhoed betaal die inwoners maandeliks hulle belaglike hoe water en ligte rekeninge en nog belagliker erfbelasting. Dan steel korrupte stadsraad politici en werknemers die geld en dit wat hulle nie steel nie gaan na die anc se kiste toe. Op hierdie stadium sny een of ander hoer geplaaste korrupte amptenaar die dorp se dienste, heelwaarskynlik omdat hy nie ‘n vol beursie kan vind nie. Dienste waarvoor daar reeds pligsgetrou deur slegs sekere inwoners van die gemeenskap betaal is.
Hoe konstitusioneel is hierdie optrede deur die sogenaamde rade?
Hoekom moet die inwoners “gestraf” word deur die anc omdat die anc se amptenare nie hulle finansiele verpligtinge nakom met die geld wat betaal is vir dieselfde dienste waarvoor ‘n korrupte munisipaliteit nie betaal het nie?
Dit het tyd geword dat die inwoners van ‘n dorp die dorp se sake begin bestuur en NIE ‘n klomp skelm ANC politici nie!!

CHRISTiE ·

Ek Kry die inwoners regtig jammer want ek weet wie is die betalers maar die koripte ANC met al sy swak onopgeleide skelm personeel en sogenaamde ek weet nie wat se bestuurders veroorsaak die probleme maar tog hulle almal weet maar bly nog steeds in beheer dit is wat ek nie kan verstaan nie. Maar ek glo daar is n Almagtige God wat presies op die regte oomblik sal intree en die hele Koripte spul sal verwyder lees net sy woord God verafsku sulke Regerings.. So ANC gaan maar voort. Ons as sy Kinders weet regverdgheid sal deur Onse Koning geskied.

Snippie ·

Onthou, die toevoer is nie heeltemal afgesny nie – Namakgale, ‘n informele ‘voorstad’ van Phalaborwa, het steeds water. Prioriteite is duidelik bietjie verdraai in hierdie ou dorpie. En nou sit hulle nog met beurtkrag ook. Wat ‘n ramp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.