Solly Phetoe, Cosatu se provinsiale sekretaris in Noordwes, is as die vakbondfederasie se adjunk sekretaris-generaal verkies.
Phetoe het 1 679 stemme gekry terwyl sy mededinger Oscar Phaka, van die vakbond Denosa, 677 stemme op hom verenig het.
Bheki Ntshalintshali, Cosatu se waarnemende sekretaris-generaal, is onbestrede verkies as sekretaris-generaal. Hy het in die pos waargeneem nadat Zwelinzima Vavi deur die vakbondfederasie geskors is.
Sdumo Dlamini is weer as president verkies, terwyl Tyotyo James eerste visepredient bly en Zingiswa Losi tweede visepresident. Freda Oosthuizen bly aan as tesourier.
Hallo Maroela, eerstens baie dankie vir julle harde werk om nuuswaardige gebeure gratis in my moedertaal onder ons aandag te bring. Met betrekking tot die berig voel ek die hele Cosato is n spul vabonde, maar ek wil dit net onder julle aandag bring dat julle seker bedoel het dat Oscar Phaka van die vakbond Denosa en nie die vabond Denosa is nie. Ek noem dit maar net voordat sekere fyngevoelige partye dalk mag oorreageer oor die tikfout.
Dagsê
Dankie dat jy ons daarop wys! Ons het die tikfout reggemaak.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media