Philander-familie geruk deur moord op krieketster se broer

‘n Troostelose Bonita Philander, Tyrone se ma, word van die moordtoneel weggelei. Tyorne is ‘n broer van die krieketster Vernon Philander. (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Die krieketster Vernon Philander het mense bedank vir hul medelye en steun aan die familie nadat een van sy broers, Tyrone, Woensdag in Ravensmead in die Wes-Kaap doodgeskiet is.

“Ons familie verwerk nog die wrede moord in my tuisdorp. Ek wil ook vra dat die gesin se privaatheid in hierdie moeilike tyd gerespekteer word,” het Vernon, ʼn voormalige nasionale krieketspeler, in ʼn verklaring gesê.

Tyrone (32) is Woensdag omstreeks 13:00 op ʼn straathoek vermoor. Hy was oënskynlik besig om ʼn trollie met water na ʼn buurman se huis te neem, toe hy doodgeskiet is.

“Die moord is nou die onderwerp van ʼn polisieondersoek en ons vra eerbiedig dat die media die polisie die ruimte gun om ʼn deeglike ondersoek te doen. Daar is in hierdie stadium geen besonderhede oor die voorval nie en bespiegeling gaan dit vir ons as familie baie moeilik maak om in vrede te rou,” lui die familie se verklaring.

“Tyrone is vir altyd in ons harte. Mag sy siel in vrede rus.”

Tientalle boodskappe van medelye het ingestroom ná die moord.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om die ondersoekbeampte, sers. Nyameko Mnqayi, by 079 894 1278 of 021 933 9000 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stefan ·

En so word ons die een na die ander uitgehaal.
Hoe lank nog voor ons opstaan.

Frits ·

My innige simpatie. Ons is besig om mekaar met rassistiese uitsprake uitmekaar teskeur. Terwyl ons dit doen word geliefdes links en regs vermoor. Ons as Suid Afrikaners sal erenstig moet besin waarheen ons oppad is. Daar is net een woord “Wedersydse respek”

Vettiemaragartos ·

Ongelukkig sal mense net eers selfrespek moet aanleer. Sonder dit kan jy geen respek vir enige iemand of iets hê nie en DIT is ons land se grootste probleem.

Blackies ·

As dit nie n boer of sy werker is nie is dit n onskuldige man wat ander help. Regtig genoeg is genoeg.

Dup ·

Sterkte vir die Philander familie.Misdaad is besig om hierdie pragtige land te vernietig.

Andre ·

Innige simpatie terwyl trane vandag landswyd vloei oor geliefdes wat uitgemoor is.

Jakes ·

Ons innige medelye. Net nog n slagoffer van n land wat deur moordenaars oorheers word.

Leonard ·

Ons wag vir die minister van justisie en verskeie ander se verklarings en hulle woordvoerders se breedsprakigheid om die aanhoudende en herhaalde geweldsmisdaad te veroordeel en te bevestig dat alles gedoen sal word om dit stop te sit. Elke lewe wat so geneem word en hierdie ongebreidelde geweld is die probleem, nie mense wat demonstratief raak en ‘n boodskap stuur dat die regering moet optree teen die toenemende misdaad en sorg dat menselewens geag word.

Magda ·

Dit is waarom ons nie die boere by Senekal kan veroordeel nie ons is almal moeg en siek en sat vir al die sinnelose wreedaardige moorde op onskuldiges. Ons wat slagoffers van hierdie geweld is moet saam met die boere staan want eintlik veg hulle en ons teen satan en sy magte!
Mag die Vader, Seun en Heilige Gees wees met elkeen wat hartseer is en nie weet waar hul krag gaan kry om aan te gaan nie so ook ons boere wat werk verskaf aan duisende mense en kos voorsien aan àl die mense in SA, of hulle goed of sleg is die boere haat of nie. KOMAAN KOM ONS, MAAK NIE SAAK WAT DIE KLEUR VAN JOU VEL IS NIE, STAAN OP TEEN GEWELD ONS KAN! Die regering gee nie om wat met ons, die gewone mense, gebeur nie.

FM ·

Dis elke dag moord en moord en moord.

Mense

Ons moet aandring op ‘n ander regering wat dit nie sal duld nie

Hierdie lot wil en kan en sal niks hieromtrent doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.