Phiyega dalk geskors tydens ondersoek

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Vrydagaand in ʼn verklaring bevestig hy het genl. Riah Phiyega in kennis gestel van sy voorneme om ʼn ondersoek teen haar in te stel.

Volgens die presidensie wil Zuma “bewerings van wangedrag en/of die gebrek aan geskiktheid om haar pos te beklee en/of haar vaardigheid om haar pligte doeltreffend uit te voer, of enige ander optrede wat verband hou met haar posisie as die hoof van die polisiediens” wil ondersoek.

Zuma het Phiyega die geleentheid gebied om skriftelik aan hom te toon waarom sy nie geskors moet word hangende die uitslag van die ondersoek nie.

“Die president het die verslag van regte [Ian] Farlam ontvang en oorweeg wat verband hou met die Marikana-kommissie van Ondersoek en het ook die kommentaar van genl. Phiyega oor die aanbevelings en bevindings daarin vervat, ontvang,” het die presidensie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Naas van der Walt ·

As Phiyega sonder enige opleiding in die pos van kommissaris kan instap dan ek as president van die land president word – maar sonder n Nkandla en korrupsie

Johann Marx ·

Nêrens lees ek dat die persoon wat haar aangestel het OOK ondersoek word nie? Waarom nie? In die ou Suid Afrika het jy jouself bekwaam , aansoek gedoen vir ‘n pos, oortyd gewerk sonder betaling, jouself verder bekwaam, bevordering gekry as jy genoeg ervaring het, en jy kon vir ‘n hoër pos aansoek doen as so ‘n pos beskikbaar raak. In die nuwe Suid Afrika word jy “aangestel” sonder dat enige iemand jou kwalifikasies of ervaring nagaan, in ‘n pos wat jy nie eers amper suksevol kan beklee nie, dan word jy geskors (met volle salaris en byvoordele) sodat jy verder kan gaan NIKS doen by die huis….en dan word jy miljoene betaal sodat jy moet loop? Hoekom kan ek nie ook so ‘n aanstelling kry nie?

Pieter V ·

Riah Phiyega is een van Zuma se aanstellings,dit maak nie saak of sy onbevoeg is, want hy homself is onbevoeg,tien teen een gaan sy uitstap met n goue handdruk,en dit moet ook ondersoek word, ek glo die persoon wat n aanstelling maak weet of die aangestelde kwalifiseer vir die pos .Dalk met voorbedagte rede,want so kan ons,onse vriende laat aftree sonder enige finansieele bekommernis,so miskien ook vir die wat die aanstelling gedoen het.

Maggie ·

Ek verstaan nie hoekom moet “Sy” redes gee om haar nie af te dank nie, Sy is al klaar onbevoegd gevind. Sy is n oneerlike onbevoegde disaster !!

J.Z ·

Ek wonder watter truuk hy “JZ”nou gaan uithaal om haar as die beste generaal wat daar is verklaar te kry.Dit is mos die wittes se skuld dat hulle nie kan sien hoe goed sy is nie ?????.

Nieskorsie ·

Rede waarom Riah nie geskors moet word nie?

= apartheid…

albert ·

Sy het absoluut NIKS wat haar hoegenaamd in die geringste mate bevoeg kan maak nie, geen ervaring nie, geen opleiding soos wat normaalweg in die range plaasvind soos jy oor jare van die een pos na die volgende bevorder word nie, of enige iets wat haar enigsins bevoeg kan maak vir die pos nie. Sy maak ‘n gemors van alles. So wat is daar om te ondersoek. En dan moet die onbevoegste president wat jy sekelik kan kry dit nog beoordeel en daaroor besluit — wat ‘n sirkus!!

Weskaper ·

Dit help niks sy word onbevoeg verklaar en uit die pos verwyder nie, binne ‘n jaar kry sy weer ‘n hoe pos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.