Phiyega gee redes hoekom sy nie geskors moet word nie

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het aan pres. Jacob Zuma redes verskaf waarom sy nie geskors moet word nie, hangende die resultaat van ʼn ondersoek na haar bevoegdheid om haar pos te beklee.

Zuma se kantoor het Maandag gesê Phiyega het haar redes ingedien en dit sal deur Zuma oorweeg word. Zuma het verlede week ʼn ondersoekspan aangestel met regter Cornelis Claassen aan die hoof. Hy word deur advokate Bernard Khuzwayo en Anusha Rawjee bygestaan.

Phiyega se gedrag op 16 Augustus 2012, toe 34 mynwerkers dood is gedurende ’n gewelddadige staking by die Lonmin-myn in Noordwes wat wyd bestempel word as die grootste lewensverlies tydens ʼn enkele polisieoperasie in post-apartheid-Suid-Afrika, is swaar deur die Farlam- kommissie van ondersoek gekritiseer.

Zuma het die Farlam-kommissie se verslag in Junie bekendgemaak. ʼn Ondersoek na Phiyega se bevoegdheid om haar amp te beklee is voorgestel, nadat daar bevind is die polisie het fouteer in sy “taktiese plan” om die stakende mynwerkers te beheer.

Die kommissie het ook bevind die polisie het hulle mislei oor sy planne op die dag van die mynwerkers se dood.

Die nuwe raad van ondersoek sal ondersoek of Phiyega, saam met ander in die SAPD-leierstruktuur, die kommissie mislei het deur die feit te verbloem dat hulle toestemming gegee het vir ʼn “taktiese opsie” gedurende ʼn bestuursvergadering die dag voor die sterftes.

Daar sal ook ondersoek word of Phiyega, toe sy die besluit geneem het om die taktiese uitweg te volg, die “tragiese en katastrofiese gevolge” kon voorspel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

Dis net in Afrika waar jy in ‘n pos aangestel word, een helse gemors daarvan maak, en dan “redes” moet verskaf waarom jy NIE ge-fire moet word nie. In die ou Suid Afrika het jy aansoek gedoen vir ‘n pos, en die persoon wat jou aangestel het het seker gemaak dat jy wel genoeg gekwalifiseerd is met genoeg ondervinding voordat die aanstelling gemaak is.

Rynhardt ·

Niemand het voorheen van polisiekommissaris,Riah Phiyega gehoor nie.Sy het uit die bloute verskyn.In die polisie beweeg mense vinniger deur die range as wat jy vuurpule na mars kan stuur!Die Farlam-kommissie(wat belasti gbetalers miljoene gekos het)het bevind sy is nie geskik vir haar amp nie.Beslis nie die raaisel van die eeu nie .Phiyega het nog nooit n groot boef gearresteer nie,maar sy’s kommissaris?Geen wonder dat misdaad seevier in SA nie.

Winston ·

Eerstens moes sy nooit aangestel gewees het nie. Verder is sy reeds bewys as onbevoeg om as Kommissaris op te tree. Waarom briefies heen en weer skryf na Zuma. Sy moes al haar pos ontruim het deur haar summier af te dank. Dis net n speletjie vir n goue handdruk. Patetiese korrupsie onder n kombers.

GES ·

Sy is net die ore van die seekoei wat uitsteek. Daar kan gerus ook na Ramaphosa se aandeel gekyk word. Hierdie is ‘n welkome ruskanssie vir Zuma om ‘n bietjie weg te kom van die kalklig. Die ANCnarre!!!

scalla ·

Haar fiksheidstoets oor 2,4 kilometer word seker ook as een van die redes aangevoer.

maggie ·

ek het nogals gister gedink aan watse piesangrepubliek my land geword het waar ek kan lieg oor my kwalifikasies en doktersgrade en en en dan ‘n pos kry, soveel dinges aanjaag soos ek wil en dan nog kan se ook hoekom ek in die pos moet bly. waar o waar is die goeie ou dae en die regte manier van doen. wat het daarvan geword.

Ben ·

Wat my pla met hierdie “Posisie” is dat Suid Afrika elke keer met ‘n aanstelling ‘n stap agteruit neem. Dit is asof hulle eers aktief soek vir die mees onwaarskynlikste persoon en dan die werkie vir hom/haar gee en dan self aangaan met “meer belangrike” take en sake? Wie gaan die volgende mees onbekwame persoon wees? Stel ‘n Wit oud-soldaat aan en die saak is opgelos!

Kardoesie ·

Die dag toe Zuma die persoon aangestel het, het hy seker sy huiswerk moes doen om haar geskik te vind vir die belangrike pos!!
Maar nee ,hyt mos geen insig nie, enige leek kan mos as hoof van n organisasie aangestel word!! Wat dink Zuma met sy aanstellings? Is hy onnosel of is dit maar net n “pay back time” storie.
Dink aan amal in hoe posisies, hul lieg en bedrieg oor kwalifikasies, kry belaglike salarisse en kan nie eens die werk doen nie!! Dis siek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.