Phiyega geskok oor polisiemoorde

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Altesaam 53 polisiebeamptes is reeds vanjaar dood, waaronder vier beamptes die afgelope week.

Altesaam 25 beamptes is dood terwyl hulle aan diens is en 28 is dood terwyl hulle nie aan diens was nie. Dit is ses meer as verlede jaar oor dieselfde periode.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het gesê die bestuur van die SAPD is geskok oor die moord op polisiebeamptes. Dit volg ná ʼn 34-jarige polisiekonstabel Vrydagoggend in Jeppestown in Gauteng doodgeskiet is.

“Die SAPD besef polisiëring is van nature ʼn hoërisiko-beroep en ons lede is gereeld blootgestel aan gevaarlike situasies en misdadigers, maar om by die polisiediens aan te sluit behoort nie gelykstaande te wees daaraan as om ʼn doodsbrief te onderteken nie,” het Phiyega gesê. “Die polisie is hier om te dien en te beskerm en hierdie aanvalle is die direkte gevolg van ons zero-toleransie-benadering tot kriminaliteit.”

Phiyega het gesê hulle sal seker maak hul kollegas se sterftes was nie tevergeefs nie, deur die verantwoordelike persone aanspreeklik te hou.

“Ons mans en vroue in blou word gereeld aan die veiligheidsmaatreëls wat hulle geleer het tydens opleiding en dat hulle dit deurgaans moet toepas,” het sy bygevoeg. “Hulle word ook aangeraai om elke situasie te hanteer asof dit lewensgevaarlik is, aangesien misdadigers in talle gevalle ons lede in ʼn lokval inlei.”

Phiyega het gesê polisiebeamptes moet hul polisieradio’s gebruik, mekaar ondersteun, bewus wees van hul omgewing, en gereeld na te gaan of die gereedskap wat hul gebruik in goeie werkende toestand is.

Sy het die polisie geloof dat ʼn verdagte reeds in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn polisielid Donderdag in Themba, en vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die Jeppestown-skietery.

Sedert 1 April 2015 is 14 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op polisiebeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Waarom skok dit haar? Verwag sy van kriminele om agting vir die gereg te hê as die polisie wemel van korrupte lede? Ai, waar kóm sy vandaan?

Franco ·

Sy is “geskok” oor polisiemoorde maar nie oor honderde boere en ander mense op plase nie. Dit is mos “reg”…

MM ·

” Geskok” wys net hoeveel weet sy wat in haar eie afdeling aangaan, of sal ek se ” gebrek aan belangstelling”!

CHRISTA ·

As haar baas nie eers weet wat op sy EIE erf aangaan nie (Nkandla) hoe sal sy weet wat in haar Departement aangaan?? Hulle is mos net daar vir die wonderlike salaris, gratis verblyf en fancy motors!!!

Bruno Stef ·

Ek is net so geskok oor die polisie se optrede om n geboeide persoon agter n polisie voertuig aan te sleep.Die misdaad in SA is so oorweldigend dat die publiek heeltemal afgestomp begin raak het en elkeen net op sy eie selfbehoud konsentreer.Dit word genoem die Afrika- mentaliteit en is dwars oor Afrika waarneembaar in die meeste Diktatorskappe.

EMK ·

Sy moet liewer geskok wees oor al die moorde en korrupsie deur haar mense in blou gepleeg!

Issabelle ·

Nou skielik is die madam geskok …… hoekom & waarom ????? As sy dan so danig goed in haar wek is , SOU sy AL LANKAL iets omtrent die misdaad gedoen het !!!! Weereen ‘n bewys …. SY HOORT NIE in die SAPS se diens nie …. Patetiese swak diens wat gelewer word deur die Parlement se aanstellings oor ongeletterde , brutale & korrupte kriminele wat in sulke posisies aan gestel word ….. Raak ontsale van die madam !!!!!

Johann Marx ·

In die nuwe Suid Afrika is die doodstraf afgeskaf…..’n straf wat deur ‘n regter, met al die getuies voor hom, en bygestaan deur hulp-regter, en ondersteun deur jare se ondervinding, NIE mag uitspreek nie. Maar ‘n jong konstabel, pas uit polisie-kollege, mag, met ‘n vuurwapen in die hand ‘n situasie opsom, ‘n persoon identifiseer, verhoor, skuldig bevind, en teregstel op die plek. Die doodstraf is dus nie afgeskaf nie…..dit word nou net deur onkundiges onoordeelkundig toegepas…..en nou skiet die kriminele eerste. Die polisieman sterf, die krimineel kom weg….en doen dit weer. Waaroor is die kommisaris nou skielik verbaas?

Henry ·

Vir wat vat-vat die spul so aan hulle pette?
Vee hulle die KFC buckets se vet af van hul vingers af?

Jan van Riebeeck ·

Die groot problem dat poste links en regs uitgedeel word en dat daar nie meer daarvoor gewerk word en na die jare diens gekyk word nie. Al die ervare lede word uitgedryf en het bedank. Wat bly oor? ‘n Onervare klomp wat nie een meer weet hoe om iets te doen nie want die leiding is nie daar nie. Gaan kyk bietjie na Genl. Riah Phiyeg se jare diens en of sy ooit ervaring in die polisie gehad het. .? Nee sy het nie. Dit is waar die eerste problem ingekom het.

Verder kan almal die korrupsie sien aangaan maar dit word net stilgemaak en niemand word iets aangedoen nie a.g.v die mense wat se range te lag is en hul vrees dan vir hul lewens en beroep. Hoe sal jy vir jou familie sorg as jy jou werk verloor omdat jy jou mond oopmaak oor korrupsie? Jy sal nie kan nie en jy sal tien ten een uitgevat word en jou familie ly dan daaronder vir altyd.

Maar ja almal weet dit. Al wat Suid-Afrikaners moet leer om te doen is om saam te staan en ophou net aan hulself dink. Saam kan ons ten minste prober iets uitrig. En moenie vergeet om al die eer aan die HERE te gee nie. Hou aan bid en glo mense. Daar is altyd hoop!!

Ben ·

En die vat aan die petjie se sonskerm so met die linkerhand? Is dit ‘n nuwe saluut waarvan ek nie weet nie? Ek sien ook geen enkele “Whities” in die prentjie nie?

Wilhelm ·

Geskok siestog! Al skok wat hier nodig is, is om die kriminele dood te skok sodat ons immers van sulke vuilgoed permanent ontslae kan wees. Die probleem is dat kriminele met handskoene aan hanteer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.