Phiyega: ‘Moenie jammer sê vir regstelaksie’

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega. Foto: GCIS

Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het gesê die regering en sakewêreld moet nooit verskonend wees oor die implementering van regstellende aksie nie.

“Ons met verseker dat regstellende aksie nie vertraag word nie,” het Phiyega Woensdag aan afgevaardigdes van die Black Management Forum gesê. “Kom ons hou op verskonend wees oor die dinge wat ons moet doen.”

Phiyega het gesê regstellende aksie is ʼn bewuste poging om die onreg van die verlede reg te stel. Sy het gesê hoewel regstellende aksie moet voortgaan, dit binne die perke van die grondwet moet geskied. Phiyega het verwys na die saak van Renate Barnard. Die konstitusionele hof het verlede maand beslis dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie teen Barnard gediskrimineer het deur haar nie te bevorder nie.

Phiyega het gesê Barnard is bevorder tot die vlak waar sy moes wees wees, al was dit in ‘n ander afdeling. Sy het gesê daar was ‘n vakante pos in die spesifieke departement wat toegelaat het dat sy bevorder kon word.

Phiyega het die vakbond Solidariteit gekritiseer en daarvan beskuldig dat hy inmeng in die polisie se sake en die bevordering van polisiebeamptes belemmer. “Ons probeer om lede te bevorder maar ons word voortdurend verbied deur Solidariteit. Ons is al vir twee jaar in daardie posisie,” het sy gesê.

Solidariteit het verlede jaar ʼn interdik bekom oor die polisie se weiering om bevorderings ingevolge sy nuwe rangstelsel op meriete te doen. Ingevolge die interdik mag daar geen bevorderings in die poste gedoen word tot die saak in die hof aangehoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

se-net ·

Dit is agv regstellende aksie dat ons land in toestand is wat hy is!!!! Sorry om dit te sê. maar dit is die waarheid!!!!!

Leon Jordaan ·

Dit is agv. Regstellende aksie dat ek wat 2 grade het en professionele kwalifikasies retrench is en nie weer ‘n ordentlike werk kan kry nie! Vir die eerste keer in 18 jaar kon ek nie my goed betaal nie! Ek is boos!

Estelle ·

Leon dit is “sad” hoor! Dis nie net blankes nie, maar ook jare se kennis wat by deure uitstap en oningeligte “previously disadvantage” plaasvervangers wat instap!

Pieter ·

Black Management Forum is 100% rasistiese organisasie wat toeglaat word om te bestaan. Ek het eendag epos gestuur en gese ek wil lid word, hulle heel eerste antwoord was “Sir, are you black?”

Wanneer begin ons ‘n White Management forum? Ek kanmaar net raai dit gaan nie vêr vorder nie, die white management forum sal rasisties wees terwyl die black forum “nie rasisties” is.

Justin ·

Phiyega moet bedank. Te veel blankes het reeds hul werk verloor as gevolg van regstellende aksie.

Estelle ·

Petrus stem saam met jou, die mense werk met “blinkers” op hul oe, kan glad nie “multitask” nie, raak skoon verboureerd! as ons kyk na die diens by die SAPD, Poskantoor, Labour Departement, Hospitale ens. dan lyk EE/AA ‘n FLOP!!

Renate Barnard ·

Dit is BAIE duidelik dat Riah Piyega en haar BLACK MANAGERS FORUM nie ‘n idee het waarvan hulle praat nie. Haar storie is ontdaan van alle waarheid – sy was nie eens in SAPD toe my saak begin is nie. Duisende bekwame WIT EN SWART polisiebeamptes moet vir jare in hul range sit, terwyl politieke aanstellings soos die agbare ‘generaal”, haar kommunikasie-beampte en talle ander mense aangestel word op grond van een ding en dit is die REGTE POLITIEKE-KONNEKSIE. Die aanstellings het NIKS te doen met kennis, ervaring en kwalifikasies nie. Hulle het nie ‘n benul wat REGSTELLENDE AKSIE is nie. Ek wil net vir die agbare regters van die Grondwethof baie dankie se vir hul positiewe bydrae tot die daarstel van ‘n nie-rassige, nie-seksistiese nuwe Suid-Afrika. Die buiteland moet beslis ingelig word van die ware weergawe van wat in SA onder die vaandel van regstellende aksie gedoen word.

Estelle ·

Renate absoluut die waarheid, ek het self familie wat kolonelle is in die polisie en al hoekom hulle bly is omrede hulle nie ander werk gaan kry nie! Watse grap is ons polisiemag vandag! Die goeie lede is nog van ons ou polisiemag, en hulle is baie min wat oor is.

EMK ·

Ag tog… sy is al so deur haar kaders veroordeel met al die Lonmin stories, ‘n hele spul van die ANC wou haar op ‘n kol afgedank hê, so nou kruip sy gat deur haar uitlatings. Simpel verby.

david ras ·

Renate–die weergawe van AA wat in SA toegepas word , het slegs die naam Affrimative Action wat Amerikaans is, om die wereld te bluf.
Ek het al lank genoeg gewaarsku oor die leuen hieroor en die oorsprong daarvan. Ek gaan jou nie probeer oorrreed oor die ware AA nie.
Ek vra net dit: gaan google die volgende woorde -“affirmative action in Nazi Germany” As jy daar gelees het, besoek ‘n goeie biblioteek en kry vir jou al die leesstof oor die Nazis en hulle optrede teen die Jode vanaf 1931 tot en met die uitbreek van die oorlog in 1939.
Net dit. Ek waarsku al sedert 1994 in gepubliseerde koerant skrywes dat ons hier te doen het met Afro-Nazisme.
Dr Izak de Villiers het op 3 Julie 1994 as redakteur van Rapport gewaarsku teen AA . Hy het o.a. geskryf dat AA NIE deur die AMerikaners uigevind is nie, maar deur iemand anders.
As jy ‘n Afskrif van daardie artikel benodig kan ek dit vir jou aanstuur.

AA is ‘n bose sweer. Mens kan nie ‘n sweer behandel deur sy simptome te dokter nie. Solidariteit veg nog steeds teen die uitwerking van die sweer, nie teen die sweer self nie. Hulle wen die veldslae, maar verloor die oorlog.
Regstellende aksie is doodeenvoudig Minderheidsonderdrukking !

Sandra ·

Stel groot asb net bevoegde persone aan in die regstellende poste – Suid Afrika se Polisie vertoon tans n swak beeld.

Drieks ·

Riah, jy is ‘n BEE, en kyk hoe lyk ons BEE land. Dis jou trotse BEE, lyke, lonmin, verkragtings, mutimoorde, kinders wat geskiet word. Lekker BEE RIAH. Jou volk betaal vir jou politieke BEE aanstelling. DIE LAND HUIL… en jy mev BEE, lag al die pad bank toe…né…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.