‘Phiyega moet bedank’, sê politieke ontleder

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, moet bedank in die lig van die verdoemende bevindings teen die polisie se leierskorps in die Marikana-verslag, het ʼn politieke ontleder gesê.

Steven Friedman het gesê die Farlam Kommissie van Ondersoek se aanbeveling dat ʼn ondersoek gedoen word na Phiyega se geskiktheid om haar amp te beklee is nie voldoende nie. “Indien die nasionale polisiekommissaris bewus was van wat gebeur het en hulle die kommissie mislei het, dan moet die kommissaris bedank.”

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand die kommissie se bevindings bekendgemaak. Hy het die kommissie aangestel nadat daar op 16 Augustus 2012 altesaam 34 stakende mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is by Lonmin se Marikana-myn. Minstens 10 mense is in die voorafgaande geweld dood.

Die kommissie het in sy verslag die skuld vir die tragedie op die polisie se leierskorps gepak. Daar is onder meer gesê dat die polisie die publiek probeer mislei het deur voor te gee dat hulle in selfverdediging opgetree het.

“Ek dink baie mense sal teleurgesteld wees indien die verslag wel bevind dat die polisie se nasionale leierskorps bewus was van wat gebeur het, direk verantwoordelik was en die kommissie mislei het … en dan slegs ʼn voorstel dat gekyk moet word na haar geskiktheid. Dit blyk minder te wees as waarop ons geregtig is indien sy wel direk verantwoordelik was,” het Friedman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bruno Stef ·

Die feit dat Phiyega van die begin af onbevoeg was en nooit in die pos aangestel moes wees nie is eintlik maar net doodgewone ” kommin Sense”. Wat my regtig bekommer is dat die voorafgaande gebeure die dood van 10 mense veroorsaak het wat net hulle werk probeer doen het en die moordende massas nou as die benadeeldes voorgehou word.Ek glo nie hulle is met die dood gedreig as hulle nie sou deelneem nie alles is net die unies wat n magsvertoon wou demonstreer ten koste van die werkers se lewens.

Pieter dp ·

Jamerlik om te se dat ons helle regering deur spek is met onbekwame leiers wat deur politieke bande daar ge plaas is en geensins weet watse verandwoordelike taak op hul geplaas is nie. Sy is nie die skildige nie maar die een wat haar in die baie moeilike posiesie ge plaas het is die skuldige.

DAAN LIKEWAAN ·

SY MOET AANGEKLA WORD DAT SY HAAR VOORDOEN AS A POLISIE BEAMPTE.

KarooKlong ·

Van die eerste dinge wat ‘n polisie lid leer as jy in die kollege kom is:
jy erken nooit skuld nie en jy pimp nooit ‘n kollega nie.

George ·

Dit is net verstommend. Hier gaan nou ‘n moddergooiery onstaan, uiteindelik niks gebeur nie en op ‘n staduim sal almal huistoe gaan en sê reg het geskied. Waarom al die lawaai?

Kobus ·

Ek wonder maar nou net hoveel miljoen gaan haar handdruk wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.