Phiyega-ondersoek glo nog nie afgehandel

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Die polisie-waghond Opod het Woensdag ʼn berig ontken dat sy ondersoek na die polisiekommissaris Riah Phiyega afgehandel is.

“Die ondersoek is nog nie afgehandel nie,” het Moses Dlamini, woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), gesê. “Dit duur voort. Dit is in ʼn gevordere stadium.”

Kevin Ritchie, adjunkredakteur van The Star, het gesê die koerant hou vol met sy berig. Die koerant het berig dat Dlamini gesê het Opod het sy ondersoek oor Phiyega afgehandel. Opod ondersoek bewerings dat Phiyega die Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer, ingelig het oor ʼn ondersoek teen hom.

Dlamini het glo gesê die ondersoekbeampte het die ondersoek afgehandel, maar het nog ʼn week nodig om “los drade bymekaar te maak”.

Dlamini hou vol hy het nie gesê die ondersoek is afgehandel nie.

Opod het in Oktober met die ondersoek teen Phiyega begin nadat sy glo Lamoer gewaarsku het dat sy verbintenis met ʼn beweerde dwelmhandelaar ondersoek word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.