Phiyega onregmatig as Polmed-verteenwoordiger aangestel

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die gediskrediteerde voormalige polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega, is onlangs as ʼn voortsettingsverteenwoordiger by die mediese skema vir polisielede, Polmed, aangestel. Dit volg ten spyte van die feit dat die Farlam-kommissie van ondersoek na die Marikana-voorval negatiewe integriteitsbevindings ten opsigte van Phiyega gemaak het en wat gelei tot haar skorsing as nasionale kommissaris.

Volgens Schalk de Bruin, hoof van spesiale projekte by Solidariteit, is dit voorts te betwyfel of Phiyega werklik na die behoeftes van polisielede wat aan die mediese skema behoort, sal omsien.

“Phiyega se geloofwaardigheid is gekrenk weens die Farlam-kommissie se bevindinge teen haar na afloop van die Marikana-voorval. Sy is boonop in Oktober 2015 hangende die ondersoeke teen haar geskors. Die betaalde skorsing was tot en met die beëindiging van haar kontrak in Junie vanjaar van krag,” het De Bruin gemeld.

De Bruin verduidelik voorts dat dit ʼn vereiste is dat voortsettingsverteenwoordigers van Polmed op pensioen geplaas behoort te wees, hetsy weens mediese of ouderdomsredes. “Phiyega voldoen nie aan die vereistes om in hierdie posisie te dien nie omrede haar vaste-termynkontrak wat haar tot die polisie verbind het en wat boonop in Junie vanjaar beëindig is,” het De Bruin verduidelik.

Solidariteit het reeds ʼn skrywe rakende die saak gerig en sy misnoeë met Phiyega se aanstelling te kenne gegee. “Solidariteit sal hierdie saak egter nie daar laat nie en sal derhalwe alles in sy vermoë doen om te verseker dat hardwerkende polisielede die beste verteenwoordiging by Polmed geniet,” het De Bruin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

En so word mense wat onbevoeg is net weer en weer aangestel en volg die probleme net weer

Max ·

Is sy nog n lid van Polmed. Hulle wil ons pensioen steel, nou is ons mediesefonds ook in gevaar!

Sê net ·

Net jammer agv haar aanstelling het ‘n baie geskikte Genl Mofome bedank wat werklik die lede se belange op die hart gedra het.

Koos ·

Miskien moet mense hul feit regkry!!! Solidariteit probeer kliphard om n Unie vir lede van die SAPD te vestig en gebruik inligting soos hierdie vir hul veldtog.

Genl Phiyega is nie “aangestel” om op die Raad te dien nie. Sy is deur Polmed lede VERKIES om hul te verteenwoordig.

Sy het haar voordele behou omdat sy aan die reels van die Skema voldoen.

Sy het op voorheen op ander mediese skemas se rade gedien en het meer as genoeg kennis en die vermoens om lede se belange op die hart te dra.

Gun haar n regverdige kans om haarself as lid van Polmed se Raad van Trustees te bewys.

Daar is soveel wat Polmed kritiseer maar as hul mediese behandeling nodig het is Polmed goed genoeg. Gaan kyk bietjie na onafhanklike verslae wat Polmed vergelyk met ander Skemas en dit bly die no 1 skema vir lede.

Ek stel voor dat mense ophou om haar te kritiseer en ten minute hierdie keer n regverdige kans gee en haar nie te gebruik om ander agenda’s te dryf nie.

JG ·

@Koos…hierdie individu het n wa-vrag bagasie wat sy saam met haar dra…sy was heeltemal onbevoeg in die pos wat sy aangestel was…wat sal nou anders wees ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.