Phiyega sê probleem met plaasmoorde is publiek se emosies

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega tydens die bekendmaking van die 2013/14-misdaadstatistiek in Pretoria op 19 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega tydens die bekendmaking van die 2013/14-misdaadstatistiek in Pretoria op 19 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Maandag aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gesê mense se persepsies oor plaasmoorde moet bestuur word.

Phiyega het tydens die MRK se openbare verhoor oor plaasmoorde gesê die ware probleem is nie die moorde op plase nie, maar eerder mense se persepsies daaroor. Sy het verduidelik dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ’n program dwarsoor die land van stapel wil stuur om die publiek se emosies oor plaasmoorde te bestuur.

“Ons moet vasstel wat mense se emosies oor plaasmoorde aanvuur,” het sy gesê. “Is dit dít wat hulle in die koerante lees of dat hulle werklik nie veilig voel nie?”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Maandag in ‘n verklaring gesê Phiyega is totaal uit voeling met die werklikhede wat op Suid-Afrikaanse plase heers. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die polisie uitgebreide terugvoer gegee het oor die inhoud van die polisie se landelike veiligheidsplan, maar nie kon aandui tot watter mate die plan toegepas word nie. “Genl. Phiyega het gesê dat plaasmoorde nou minder as voorheen is, en sy het daarop gesinspeel dat dit gevolglik nie so erg is as wat mense dink nie,” het hy gesê.

Roets het Phiyega se argument as onbenullig bestempel. “Die feit dat misdaad van ’n buitengewone hoë voorkoms na ’n ietwat laer ekstreem afgeneem het, beteken nie dat dit opgelos is nie. AfriForum se ervaring is dat die wreedheid van plaasmoorde toeneem, maar genl. Phiyega het geen melding gemaak van die brutaliteit van plaasmoorde nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

antjie ·

Die vrou weet nie waarvan sy praat nie… hoekom is sy hoegenaamd in die pos. Sy moes lankal
uit die polisie uitgeskop gewees het. Plaasmoorde is n wrede werklikheid wat na my mening
vererger.

Hannesb ·

Wat sy eintlik probeer se is , kom ons sit net ‘n ander “spin” op die probleem.

Erich Goosen ·

Die Generaal is behep met ‘bestuur’. Sy moet liewers konsentreer daarop om die SAPD behoorlik te bestuur. Is sy verbaas dat plaasmoorde mense se emosies ‘aanvuur’? Hoe emosioneel sou sy opgetree het as ‘n sekere sektor van haar rasgenote voortdurend vermoor en gemartel word. Swyg liewers dan dan sal minder mense u onkunde raaksien.

Francois ·

Nouvra ek julle met trane in my oë! Wat is HAAR “perspsie” hieroor? SY lewe in ontkenning sedert sy die pos aanvaar het…of nee wag, voor die pos in haar skoot geval het. Sy het GEEN benul van polisieering nie..soos in NIKS!!!!

Francois ·

Nou vra ek julle met trane in my oë! Wat is HAAR “perspsie” hieroor? SY lewe in ontkenning sedert sy die pos aanvaar het…of nee wag, voor die pos in haar skoot geval het. Sy het GEEN benul van polisieering nie..soos in NIKS!!!!

johnny ·

Wonder hoeveel geld die regering maak uit plaas moorde? Boedel belasting en as die plaas verkoop word kapitaal wins belasting, oordrag koste ens.

Sanette ·

My vraag is….as hulle “ondersoek” bevind dat ons emosies deur koerant berigte aangevuur word, gaan hulle koerante verhoed om sulke berigte plaas? Kommerwekkend.

Wiesie ·

Ek het ook gewonder of die koerante dan voorgesê gaan word oor hoe hulle oor die moorde mag berig -indien hulle mag berig

leon van deventer ·

Ek wil graag die nasionale polisie kommisarris vra waarom word die moordsyfers nie per ras aangeduie nie bv hoeveel moorde wit op swart en of swart op wit die masstelsel van die polisie kan die statistiek so weergee. Nee dit sal n skande wees om te sien hoeveel swartmense vermoor witmense dit sal duilik wys dit is rasse moord op ons witmense..

Jean ·

Julle maak ‘n fout om te dink hulle is net dom. Dieselfde mense sit agter die bendes en die polisie se moorde en woorde. Hulle soek jou land.

Renate Barnard ·

Dit is skokkend dat ‘n persoon wat die belangrike posisie van Nasionale Polisiekommissaris beklee sulke belaglike uitsprake maak. Net weereens ‘n klinklare bewys dat sy totaal onbevoeg is vir haar taak. Sy hoort nie in daardie posisie nie.

selfbeskikking ·

Dom soos grond? Nee grond is bruikbaar.

Hoe bestuur SY die mense wat by Marikana doodgeskiet is se familie-lede, se emosies?

Vergelyk dit bietjie met die 34 moorde versus die honderde boere wat al doodgeskiet is met die van Marikana.

Marikana se slagoffers wat doodgeskiet is het protesoptogte gehou, hulle het 11 ander mense vermoor, terwyl die boere niks gedoen het nie en summier doodgemaak word.

Die slagoffers se familielede se emosies by Marikana was so hoog gewees, dat die staat elke slagoffer se familielede se uitgawes moes vergoed het om die hofverrigtinge by te woon.

Ons moet onthou, net ons Afrikaners en blankes mag nie emosies wys of kry of ervaar nie.

Sy het geen betekenis van die woord bestuur of wat ‘n moord is nie. Plaas dat sy toesien dat haar “stelsels” in plek kom, want daar is niks in plek nie, sy moet vir ons bietjie vertel wat se plaasbeveiliging is daar, dat ons dit kan hoor.

Justin ·

“Ons moet vasstel wat mense se emosies oor plaasmoorde aanvuur,” het sy gesê. “Is dit dít wat hulle in die koerante lees of dat hulle werklik nie veilig voel nie?”

Hoeveel keer moet dit nog uitgebasuin word, plaasmoorde is ‘n werklikheid en behoort prioriteit te geniet. As die vroumens nou nog steeds nie weet hoe Blankes voel oor die uitwissing van ons boere nie, sal sy dit in die volgende 100 jaar nie weet nie. Wat maak sy in die eerste plek in die pos as Polisiekommissaris. Tot dusver het sy net mooi niks gedoen wat van waarde vir die land is nie.

WEG MET HAAR.

catryn ·

Begin eerste in die SA Parlement want julle het geen kontrole oor julle emosies, dan gaan julle na Marikana toe en kry daardie mense se emosies onder beheer, dan gaan julle na die protesaksies toe wat geboue afbrand en motorbande aan die brand steek, en beheer die skare se emosies. Die “DAME” het GEEN idee wat is emosie-bestuur nie, mens pluk dit nie uit jou brein nie.

Drieks ·

AS Phiyega ons emosies moet bestuur gaan ons seker leer om die land af te brand. Politieke aanstelling veroorsaak sulke dom redenasies. Help ons land, ons val en val……

Leonie ·

Die vrou is wragtig dommer as grond. In haar kultuur is moord, roof en verkragting dalk normaal want dis soos sy groot geword het. By ons is dit nie. Boere werk damn hard sodat ons almal kan eet. Het hulle ooit al daaraan gedink. Sy het nie ‘n damn idee hoe om haar werk te doen nie. Kry iemand wat iets tussen die ore het. dalk moet iemand vir haar foto’s stuur van plaasmoorde en dan kyk ons weer. Haar Polisie is ook te useless om hulle te vang en dan ontsnap hulle want jy kan ‘n beampte omkoop met R10.00.

veronica ·

Ek het net een ding om vir haar te sê: sy moet maar liewer bedank en iewers ‘n werkie probeer kry waar sy kan skottelgoed was of vloere skrop! Want dis hoe ver haar I K strek!! Weet net nie wie gaan stupid genoeg wees om haar ‘n werk te gee nie!!!

heidi ·

Dis juis sulke “vertraagde” uitlatings wat maak dat ‘n mens se emosies op hol gaan. ( jou plain de M@&r in maak) Rerig! Ek se weer ANC – African National Circus.

Yf Veldhuizen ·

Die kom. het self ook maar net haar eie persepsie en ongelukkig vir haar, is ’n persepsie nie ’n feit nie. Dinamiese selfsteun vir die Afrikaner!

Sandra ·

Miskien moet sy aangeval word, dalk skrik sy dan wakker.Het sy al na van die foto’s gaan kyk na mense aangeval is duidelik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.