
Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA
Dit is volgens ʼn ministeriële verwysingsgroep wat in September 2014 deur Nathi Nhleko, minister van polisie, aangestel is om klagtes deur senior polisielede teen Phiyega te ondersoek. Nhleko het Woensdag die bevindings van die groep se verslag in die parlement bekendgemaak.
Nhleko het gesê Phiyega se verwydering van lt.genl. Godfrey Lebeya en lt.genl. Leah Mofomme nadat hulle demovering geweier het, was ʼn oortreding van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Die groep het onder meer ook bevind dat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, wat as nasionale polisiehoof waargeneem het voor Phiyega se aanstelling, met “vooroordeel en kwaadwilligheid” hanteer is ná Phiyega se aanstelling. “Daar is nie ʼn kantoor of mense aan hom toegeken om te bestuur nie en hy moes vir langer as ʼn jaar by die huis sit.”
Die groep het ook ʼn bevinding gemaak rakende die klag van meineed wat teen Phiyega aanhangig gemaak is nadat sy Arno Lamoer, geskorste Wes-Kaapse polisiekommissaris, ingelig het dat kriminele aanklagte teen hom ondersoek word. Daar is voorgestel dat dissiplinêre stappe teen Phiyega geneem word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Kry vir jou phiyega….:-D
Wie het haar aanvangklik aan gestel,? laat hy ook n bietjie verduidelik hoekom hy haar aangestel het in die eerste plek.
No. 1 het.
Raai hoekom?
Dit is duidelik dat daar iets skort as al drie die laaste Polisie hoofde hulself aan wangedrag skuldig maak. Het ‘n misdaad sindikaat beheer oorgeneem van die SAPD?
En met hoeveel miljoene gaan sy koebaai gesê word?