Phiyega skuldig aan bedrog, meineed

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Riah Phiyega, geskorste nasionale polisiehoof, is skuldig bevind aan bedrog, meineed en wangedrag.

Dit is volgens ʼn ministeriële verwysingsgroep wat in September 2014 deur Nathi Nhleko, minister van polisie, aangestel is om klagtes deur senior polisielede teen Phiyega te ondersoek. Nhleko het Woensdag die bevindings van die groep se verslag in die parlement bekendgemaak.

Nhleko het gesê Phiyega se verwydering van lt.genl. Godfrey Lebeya en lt.genl. Leah Mofomme nadat hulle demovering geweier het, was ʼn oortreding van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Die groep het onder meer ook bevind dat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, wat as nasionale polisiehoof waargeneem het voor Phiyega se aanstelling, met “vooroordeel en kwaadwilligheid” hanteer is ná Phiyega se aanstelling. “Daar is nie ʼn kantoor of mense aan hom toegeken om te bestuur nie en hy moes vir langer as ʼn jaar by die huis sit.”

Die groep het ook ʼn bevinding gemaak rakende die klag van meineed wat teen Phiyega aanhangig gemaak is nadat sy Arno Lamoer, geskorste Wes-Kaapse polisiekommissaris, ingelig het dat kriminele aanklagte teen hom ondersoek word. Daar is voorgestel dat dissiplinêre stappe teen Phiyega geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

J.Z ·

Wie het haar aanvangklik aan gestel,? laat hy ook n bietjie verduidelik hoekom hy haar aangestel het in die eerste plek.

Melt Olckers ·

Dit is duidelik dat daar iets skort as al drie die laaste Polisie hoofde hulself aan wangedrag skuldig maak. Het ‘n misdaad sindikaat beheer oorgeneem van die SAPD?

GES ·

Die saak gaan so lank uitgerek word dat sy met volle voordele eendag kan aftree.

Dan ·

Daar bestaan wel n derde mag. So sterk soos die mafia, nie maklik om hulle te bewys nie, die wat kan sal nooit, die selfde as om n fluitjie blaser te wees.

NEL ·

Wonder waneer gaan die sous treine van die spore af klim of is dit reeds besig om te gebeur.

Kader stel kader aan, en so raak die lys van misdadigers in die polisie en staatsdien al hoe langer.

Frikkie Sutherland ·

As mens die optrede van Kaders deeglik in oenskou neem, moet daar liewer van KADAweRS gepraat word. Die hoof kadawer het haar aangestel, sal haar beslis nie ‘fire’ sonder ‘n baie groot goue handdruk nie. Die goue handdruk is mos om hul monde te snoer nadat hulle ‘gefire’ is.

Flippie ·

As die hoof van die polisie so is, hoe lyk die res van die polisie. SAPS is lank nie meer die organisasie wat die burgery moet beskerm nie. Inteendeel hulle is ‘n organisasie wat deesdae die burgery op enige manier denkbaar antagoniseer en terroriseer. Geen wonder dat so baie polisie teikens van wraak is en vermoor word nie.

As daar nog goeie polisie in SAPS oor is (dit sal maar min wees) kom uit daar en help die burgery se stryd teen die brutaliteit van die polisie.

Aan Maroela moet asb nie hierdie kommentaar weer nie. Foster het die polisie by monde van Popcru die burgery met polisie geweld gedreig as die polisiemanne wat die ou terreggestel het nadat hulle him gewond en skadeloos gestel het. (Daar was “n video daar oor)

Said Boss ·

dit werk so: kaders word in top poste aangestel net voordat hul in gemak wil gaan rus: hul pensoein by GEPF word bereken teen jare diens en laaste salaris (DG) dws hul bydra is minimaal maar hul kry die maksimum pensioen, en omdat hul kamstig korup is en lang sake skik kry hul ook n “settlement agreement”. onthou die staatsdiens se pensioen is al fonds wat nog nie kaal gepluk is nie, tot e-tol is gedeeltelik daardeur gefinansier.

jannie ·

Waarom die verbaasde kommentaar?. Wat hier gebeur het, is ALGEMEEN in alle staatsdepartemente, of hoe?. Wat kan dan van die “voetsoldate” verwag word as hulle leiers self agter die deur staan?. Hoeveel lede van die parlement het kriminele rekords en beklee nou belangrike posisies?. Is daar dan nie inligting hieroor beskikbaar nie??. Knaend word mense geskors weens dit wat hier genoem word, maar steeds gaan die sirkus voort!. Eintlik behoort niemand wat in die 1994 verkiesing “Ja” gestem het, nou ‘N WOORD kwyt te raak nie!. As die bewering gemaak word dat diesulkes dit wat deesdae aan die gang is nie kon voorsien nie, sou ek graag wil weet waar was julle VERSTAND toe julle gestem het?. Neewat, moenie nou “moan” nie…julle kry waarvoor julle gestem het. Die tragedie is dat die wat NIKs met die hele gekkigheid van destyds te doen gehad nie, NOU ook daaronder ly!.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.