Phiyega-verslag nou by parlement

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die verslag oor die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se bevoegdheid om haar amp te beklee, is aan die nasionale vergadering gestuur.

Speaker Baleka Mbete het Woensdag aangekondig dat die verslag, wat 21 Oktober gedateer is, nou aan die parlement se portefeuljekomitee oor polisie oorhandig sal word.

Die verslag is in Desember verlede jaar aan pres. Jacob Zuma oorhandig.

Zuma het in September 2015 ʼn kommissie van ondersoek aangestel om Phiyega se bevoegdheid te ondersoek op aanbeveling van die Farlam-kommissie van ondersoek, wat die Marikana-sterftes ondersoek het. Die Farlam-kommissie se verslag het aangedui Phiyega moet die grootste deel van die blaam dra vir operasionele flaters wat uiteindelik tot die dood van 34 mynwerkers gelei het. Phiyega is in Oktober 2015 met volle betaling geskors, hangende die uitkoms van die ondersoek.

ʼn Kommissie van ondersoek onder regter Cornelis Johannes Claassen het die ondersoek behartig en einde verlede jaar sy werk afgehandel.

Indien Zuma na aanleiding van die kommissie se bevindinge besluit om Phiyega in die pad te steek, sal sy die derde agtereenvolgende nasionale polisiekommissaris wees wat afgedank word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Dus het Zuma al drie keer swak (politieke) keuses gemaak vir die hoof van SAPS. En dit terwyl daar bekwame mense is om van te kies. Wat sê dit van hom as staatshoof? Mag ons hoop dat No 4 ‘n goeie keuse sal wees?

Cherokee ·

Ja, maar sy keuses by minsters van finansies maak darem op vir daardie foute. Ag, seker sal jy nie saamstem nie.

Johanna Botha ·

Genade maar die saak kan sloer …hoe lank neem dit dat om van doiie hout ontslae te raak …selfs zuma. Onthou hy het net n std 3 so sy aanstellings gaan iets wees wat minder weet as hy self so verwag nog n gemors

lw ·

Die saak sloer onnodig lank en elke maand kry sy n vet salaris terwyl sy by die huis sit. Praat van vrugtelose uitgawes en vermorsing van belastinggeld!

Cherokee ·

Net so met ‘n gesuipte regter wat steeds betaal word om by sy huis te sit.

GES ·

Hierdie politieke aanstellings kos die land miljoene en is totaal en al onproduktief.

Fluffie ·

Hoekom kan ons nie ‘n standvastige en eerlike persoon vind vir hierdie belangrike pos nie? Dit moet iemand wees wie die polisie in alle fasette respekteer. Is dit nie ook die rede waarom die rol wat hul moet vertolk so afgewater is nie?

m ·

Waar krap hulle hierdie mense uit. Stel vir eens en vir altyd bekwame mense aan dan hoef hulle nie elke paar maande af te dank nie. Die skepsel gaan seker weer n paar miljoen rand se pakket kry om koebaai te se vir haar.

Jean ·

Terwyl almal nou terugverwys na die vorige bedeling as aaklig en rassisties en baie onregverdig, wil ek weet of die polisiekommissarisse en hoofde by die SAUK en ESKOM en daardie instansies so baie AFGEDANK is? En nee dit gaan nie oor apartheid hier nie, dit gaan oor die BESTUUR van hierdie instansies .. het ons ‘n beter kwaliteit persoon gehad wat aangestel is, of HOEKOM moet daar kort kort ‘n kommissaris of CEO van ‘n organisasie afgedank word (met of sonder ‘n goue handdruk)? Dronk regters? Ek het altyd gedink die regslui moes ‘n sekere ‘morele standaard’ handhaaf om aangestel te word en in die posisies te bly? Verstaan glad nie wat het nou gebeur nie?

lettie ·

Nr 1 leer sy aanstellings baie mooi dus die wat hul onbevoeg en korrup en sonder integriteit is.

Koos1 ·

Sy gaan of afgedank word of dit gaan sloer totdat haar kontrak verstryk in Mei 2017 (onder korreksie). In elk geval, daar moet ‘n nuwe polisiehoof aangestel word.
En hier is die rede vir al die “ondersoeke” teen die huidige waarnemende polisiehoof.
Hy MOET klagtes teen hom hê (waar of vals) om nie permanent aangestel te word nie. As geen klagtes teen hom is nie, is hy die beste kanidaat vir die pos, en dan kan Zuma nie iemand aanstel om hom te help met sy 700+ klagtes nie!
Weereens, glo ek, word die Valke gebruik om politieke speletjies te speel!

Alida ·

Die DA is nou sterker en het langer tande. Hulle sal nie toelaat dat Zuma weer een van sy onbevoegde tjommies aanstel nie. Die hele land is dik vir daai stortkop se manewales.

Annie ·

Net nog een wat sakke vol laai en munimum doen … land van melk en heuning … vrot!!

Oosie ·

Mense word in hoë poste aangestel om hulle ‘n guns te bewys, maar hulle het nie die nodige ervaring nie. Nie alleen is dit onregverdig om dan te verwag dat hulle reg in komplekse situasies sal optree nie, dis ook verkeerd van hulle om sulke poste te aanvaar. As gevolg van ‘n gebrek aan opleiding en blootstelling het hulle nie die insig om te besef hulle gaan onbevoeg wees nie en aanvaar hiedie aanstellings terwille van die status, min wetende dat die gevolge van hulle optrede en besluite hulle eie en ander mense se lewens onherroeplik kan verander/vernietig.

Alida ·

Oosie vertel ons iets wat ons nie weet nie. Sy moes in die eerste plek nie aanstelling aanvaar het nie.

Speedguard ·

Vir daardie salaris sou ek dit aanvaar het en ek weet nie eens waar die SAPS kollege is nie, hul stel hierdie mense aan sodat dit vir die ministers soos Mr Ramaphosa maklik is om onder die bus te gooi en die aandag van hulle af te kry, sy sal nooit weer hoef te werk na die episode nie, Goue handruk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.