Phoenix-moorde: 22 reeds vas

Die geweld in Phoenix, KwaZulu-Natal, het minstens 36 lewens geëis. (Foto: DA/Facebook)

Altesaam 22 verdagtes is reeds in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag moorde wat gepleeg is tydens verlede maand se grootskaalse oproer en plundering in Phoenix, KwaZulu-Natal.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het Dinsdag gesê die voorvalle van geweld in Phoenix was die episentrum van “grusame misdaad en rassistiese voorvalle wat gelei het tot wrede moorde en beserings, gruwelike skade aan eiendom en ongekende pyn en trauma”.

Cele sê op 12 Julie het inwoners van Phoenix, in reaksie op die grootskaalse plundering, padblokkades opgestel en buurte gepatrolleer. Sommige was gewapen. Die situasie het egter vinnig versleg en die padblokkades het volgens die minister verander in plekke van boendoegeregtigheid waar mense boonop op grond van hul velkleur gekeer is om die buurt binne te gaan.

Die talle voorvalle wat aangemeld is, het volgens Cele vermoedelik gespruit uit ʼn bakkie sonder nommerplate, gelaai met gesteelde items, wat by een van die padblokkades voorgekeer en deursoek is.

“Vier mans in die bakkie het skote op die gemeenskap geskiet en hulle het teruggevuur. Die verdagtes het die bosse in gevlug. Die skietery het gelei tot die verwonding van vier swart mans. Een van hulle is op die toneel dood. Hulle voertuig is aan die brand gesteek,” sê Cele.

Volgens die minister is daar bewerings dat sommige motoriste in Phoenix voorgekeer en beroof en hul voertuie geplunder is. Sommige is glo met bofbalkolwe, bakstene en stokke aangerand, of met bosmesse en ander skerp voorwerpe aangeval.

“Na bewering is sommige mense doodgeskiet en hul voertuie aan die brand gesteek.”

Cele sê hy het self ook met talle mense gesels wat glo vir hul lewe moes vlug nadat hulle Phoenix probeer binnegaan het om onder meer by klinieke of apteke uit te kom.

Minstens 36 mense is tot dusver dood in die onlangse geweld in die Phoenix-gebied alleen. Van dié oorledenes is 30 doodgeskiet, twee is lewend verbrand, een is gesteek en nog een is deur ʼn voertuig omgery.

“Die polisie ondersoek altesame 52 sake van poging tot moord, nege van gewone aanranding en 16 gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Ek wil dit duidelik stel: Dit wat in Phoenix gebeur het, was misdadigheid van die ergste graad en het ook ʼn rassekleur gekry. Dié soort optrede het geen plek in ons samelewing nie en oortreders sal in hegtenis geneem en vervolg word.”

ʼn Span van 31 speurders ondersoek die sake en 22 mense is tot dusver aangekeer. Sommige van hulle word met meer as een moordsaak verbind terwyl ander tereg staan op aanklag van poging tot moord, opsetlike saakbeskadiging en dwarsboming van die gereg.

Volgens die polisie ondersoek die speurders ook die rol wat private veiligheidsondernemings in die geweld gespeel het, terwyl die optrede van plaaslike polisiestasies ook onder die loep sal kom.

Meer as 150 vuurwapens van vier private veiligheidsmaatskappye is reeds gekonfiskeer, terwyl die polisie ook beslag gelê het op 112 onwettige vuurwapens in Phoenix. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, sê hoewel die meenste inwoners van die provinsie nie plunderaars of misdadigers is nie, is dit belangrik vir wetsgehoorsame burgers om misdadigers uit te wys en te help verseker hulle boet vir hul dade.

Zikalala sê Phoenix, Inanada, Bhambayi, Zwelithsa, KwaMashu, Amaoti en ander gebiede het die ergste deurgeloop onder misdade wat gepleeg is onder die dekmantel dat dit gedoen is om die gemeenskap te beskerm.

“Ons het soortgelyke gevalle van die moord op onskuldige mense in Chatsworth en Northdale gesien. Ons het verhale gehoor van mans en vroue wat uit hul voertuie gesleep is terwyl hulle op hoofweë gery het. Sommige is weens aanranding of skietwonde dood, of omdat hulle doodgebrand is.”

Die premier sê die grootste prioriteit is om vrede en stabiliteit in die provinsie te verseker en dat verhoogde sigbaarheid van die polisie, en die teenwoordigheid van die weermag hiertoe bygedra het.

Die tweede prioriteit is om met die heropbouproses te begin en noodleniging te verskaf.

Skade aan openbare infrastruktuur staan in hierdie stadium op R2 miljard, terwyl munisipaliteite sowat R74 miljoen sal benodig. Die bedrae sal na verwagting mettertyd selfs verder styg.

Die provinsie het ook reeds gevra dat ʼn ramptoestand in die provinsie afgekondig word, wat sal help om geld vinniger beskikbaar te maak en die herstelproses te versnel.

Ian Cameron van die organisasie Action Society, sê die reg moet sy gang gaan wat die geweld by Phoenix betref, maar meen die werklike oorsaak van die chaos in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng, is gesetel in die ANC en ʼn gebroke polisiediens wat gemeenskappe op voetsoolvlak in die steek gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anoniem ·

Kan geensins sien waarom ons belasting betalers alweer moet opdok vir die Regering se beloftes wat hul aan hul mense maak wat plunder en moor nie. Die Regering is verantwoordelik vir hierdie land se gemors en nogsteeds ploeter hul voort. …………………………………………………….

Misky ·

Ai Mr. Cele, as ek maar vir jou die waarheid kon vertel van wat werklik daar gebeur het en wie die skuldiges is…… dink nie jy gaan van die waarheid hou nie. En so terloops, klinieke en apteke was toe daai tyd. Niks of niemand behalwe buurtwagte en patrollies het gefunksioneer nie.

Botterblommetjie ·

En so word die “selfbeskermers” geviktamiseer deur die “arme bloedjies”….. As jy ‘n kind/grootmens of wie ook al is… en jy loop in die vuur in vrywillig, moet nie kla as die kooltjies jou brand nie…. mens speel nie met vuur nie – spreekwoordelik en letterlik…. Die SAPD moet nou goed lyk in ‘n situasie wat hulle toegelaat het… Ek bid dat God die regter sal wees en geregtigheid laat geskiet…. Hulle laat ons aan ons eie lot oor en dan word ons gevonnis as ons optreë…

Jacobus ·

En daar spoeg min Cele alweer emotiewe oordrywing – en dit ten spyte van diefeit dat jy mense die soveelste keer in die steek gelaat het – en jou volgende beste roep, rasisme!

Harley Davidson ·

Wat verwag jy van ‘n minister van polisie wat net gekwalifiseer is om voorsorg kinders op te voed.

Vrijburger ·

En skielik is Sele weer katjie-van-die-baan. Twee stelle geregtigheid in SA.

koos10 ·

“Geagte” Cele, jy moet ook maar jou verantwoordelikheid vat. Jy is wetlik verplig om ‘n veilige land te skep en handhaaf. Hou op om polisieman te speel en doen jou werk waarvoor jy aangestel is, as jy kan, of anders bedank en laat iemand anders toe om te probeer.
Jy is reg in die sin dat mense nie reg in eie hande moet neem nie, maar as jou troepe hulle werk gedoen het, was dit nie nodig nie!

Chris dupreez ·

Mense is voorgekeer en toegang geweier om Phoenix binne te gaan oor hul velkleur ???? , nou praat jy darem n klomp snert. Glo my daar is geen verskil aan die velkleur nie. Daar is wel n groot verskil in ras en ordentlikheid .Die een klomp het hul buurt opgepas en die ander klomp wou plunder.

Harley Davidson ·

Tipiese polisie mentaliteit doen alles in hulle vermoë om sekerheidsmaatskappy en gewone mense te ondersoek omrede hulle hulself moes beskerm want die polisie was te pateties,pleks ondersoek hulle die aanhitsing en diefstal wat in groot skaal gebeur het.Ek gee my regmerk vir ‘n onafhanklike tuisstaat.

Maritha ·

As die sogenaamde polisie met hoedmannetjie en al meer paraat was en hul huiswerk gedoen was, het niks hiervan gebeur nie! Die ware skurke staan nou weer in di ry vir R350 wat verhaal word deur di helse petrol verhoging. Gaan speel in di surkus oom hoed. Jy het darm al di hoed.

Catherina ·

Jy kan maar plunder, besighede totaal vernietig en soos diere te kere gaan, mense uittart en dan huil as hulle hulself wil beskerm! Ja nee. Vreeslik rassisties!?

Kokerboom ·

Kwessie van uiterste skuldgevoel en misplaaste lojaliteit asook miskenning van absolute onbevoegdheid. Blaamverplasing op groot skaal

Persheks Adri ·

Cele hou op met jou ras kaart dis jou eie volk wat hulle so gedra het! Julle bly pateties verby ongeag wat laat jy gaan!

Werner ·

Nooit geweet as jy jouself teen n terroris beskerm en hom doodskiet is jy n moordenaar nie.As ek so na die mense kyk wat vermoor word en die verskoning van n polisie wat nie na die mense kan kyk nie is Cele die grootste moordenaar

Oomniklaassevriend ·

Cele se gekerm is net ‘n weerligafleier van ‘n disfunksionele polisiemag.

Pieter J ·

Dit is baie duidelik dat Bheki Cele nou die indiers in Phoenix teiken wat hulle self verdedig het teen die plunderaars. Hy gebruik ook sommer hierdie geleentheid om soveel as moontlik vuurwapens van die publiek en sekuriteitsmaatskappye te konfiskeer voordat die volgende vlaag aanvalle kom. Ek dink CR moet ernstig dink oor hoekom die polisie en die weermag so lank gevat het om te reageer. Dit was heel waarskynlik so beplan.

Daniel ·

Ja nee so tipies. Cele skrik wakker. Daai mense wat gesterf het, het daarvoor gesoek! Die publiek het hulself en eiendom beskerm. Vertel ons eerder hoeveel van die plundelaars wat mense se besighede wat oor jare opgebou is en afgebrand is, het julle gearresteer het! Ek hoop daar is omtrent so 10000 anders is jy besig met n heksejag. So btw hou asb die raskaart vir jouself. Dis nou al afgesaag!

Petrus Johannes ·

So kry weereens verkeerde mense die skuld wie het die haat begin jou mense Cele jul het altyd n rasse geur .Die skelms het gekry nou huil jy wees n man n minister vir alle volke nie net jou arme volk nie Regverdigheid Cele regverdigheid

Nie Verbaas ·

Wel Cele, dit het gebeur as gevolg van jou brigade wat nie hulle werk gedoen het nie.

DIABLO ·

Ek kan nie glo dat die twak wat uit sy snawel uit kom, as nuus gepubliseer word nie! Sy hoed is alweer te klein vir sy kop. Bloedtoevoer is duidelik afgesny na die brein toe. Rassisme – GAAP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.