Phoenix-moorde: Polisie, veiligheidsmaatskappye ook ondersoek

Die minister van polisie, Bheki Cele. (Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Altesaam 36 verdagtes is reeds in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag moorde wat gepleeg is tydens verlede maand se grootskaalse oproer en plundering in Phoenix, KwaZulu-Natal.

Minstens 36 mense is tot dusver dood in die onlangse geweld in die Phoenix-gebied alleen. Van dié oorledenes is 30 doodgeskiet, twee is lewend verbrand, een is gesteek en nog een is deur ʼn voertuig omgery. Die polisie ondersoek altesame 52 sake van poging tot moord, nege van aanranding en 16 gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Bheki Cele, minister van polisie, het Sondag saam met lt.genl. Nhlanhla Mhkwanazi, provinsiale polisiekommissaris, Peggy Nkoyeni, LUR vir gemeenskapsveiligheid, en ander verteenwoordigers Phoenix en ander naburige gemeenskappe besoek om terugvoer oor die polisie se ondersoek te gee.

Cele het inwoners die versekering gegee dat die polisie onverpoos werk om reg te laat geskied rakende die “gruwelike misdade en rassistiese voorvalle” wat tot wrede moorde, beserings en beskadiging van eiendom gelei het.

“Die span van 31 speurders wat ontplooi is om hierdie gruwelike misdade te ondersoek, het tot dusver 36 verdagtes in hegtenis geneem vir die moord op onskuldige mense in Phoenix. Hierdie span ondersoek ook die rol van die polisie in die geweld en kyk noukeurig na die rol wat sewe private veiligheidsmaatskappye in die omgewing gespeel het.”

Daar is onder meer op van die veiligheidsmaatskappye se vuurwapens beslag gelê en dit is vir ballistiese toetse gestuur as deel van die ondersoek.

“Die speurders werk nou saam met die vervolgingspan om te verseker dat hulle sake saamstel wat die skuldiges lank sal laat sit,” het Cele gesê.

Die ondersoek hou verband met inwoners van Phoenix wat in reaksie op die grootskaalse plundering, padblokkades opgestel en buurte gepatrolleer het. Sommige was gewapen. Die situasie het glo vinnig versleg en die padblokkades het volgens Cele verander in plekke van boendoegeregtigheid waar mense boonop op grond van hul velkleur gekeer is om die buurt binne te gaan.

Daar is ook bewerings dat sommige motoriste in Phoenix voorgekeer en beroof en hul voertuie geplunder is. Sommige is glo met bofbalkolwe, bakstene en stokke aangerand, of met bosmesse en ander skerp voorwerpe aangeval.

Na bewering is sommige mense doodgeskiet en hul voertuie aan die brand gesteek, het Cele gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Harley Davidson ·

Tipies die ANC mentaliteit, spandeer nou alles in hulle patetiese vermoë om die Indiër gemeenskap te vervolg wat die polisie se werk moes doen en hulle eiendom moes beskerm,waarom ondersoek hy nie die terroriste wat winkels geplunderde het en vir die chaos verantwoordelik was nie.

Francois ·

Hy sal dit nie onderdoek want dalk is van sy familie lede betrokke

Tiptol ·

Ons almal weet wie hierdie hele ding begin het. Iewers moet mense opstaan om hul families en besittings te verdedig.

Nie Verbaas ·

En dit alles omdat die een wat se mond nou so groot is se lede nie hulle werk gedoen het om die gemeenskap te beskerm nie. Patetiese ANC.

Frank ·

Niew heeltemal korrek nie. CELE het nie sy werk gedoen nie, en daarom sy lede ook nie.

casper ·

Cele en kie sal ALLES doen om die mense te ontwapenm voor die volgende vlaag van die stropery uiitbreek !!
As dit suksesvol is dan volg die beslaglergging van eiendom net daarna !!!

Snowball ·

Die nuwe realiteit geskep deur ANC – vervolg dié wat hulleself en hulle eiendom beskerm en vertroetel en verafgod die korrupte en die krimineel. Hoe lank gaan hierdie aweregse, skeefgetrekte boosheid SA en sy mense nog teister?

Zet ·

Tot ons ontslae kan raak van die hele korrupte boedel, Cyril inkluis.

Robert ·

Dit sal nou ‘n ding wees as bewys word dat die SAPS vir die meeste van die gevalle verantwoordelik was… well done aan daai betrokke lede, julle het die wetsgehoorsames pragtig verdedig dan!

Ansie ·

Ek wonder op grond van watter bewese feite Cele dit “rassistiese” voorvalle noem.

Persheks Adri ·

Cele wat dink jy moet die publiek doen as jou mense nie hulle werk doen nie? Moet hulle staan soos blompotte en wag om vermoor te word? Jy’s pateties verby pffft

SjN ·

Geld die inperkingmaatreels nie vir hulle nie, op die foto is dit duidelik sigbaar.

Maggies ·

In die berig word geskryf dat Cele sê (ek haal aan)… om reg te laat geskied rakende die “gruwelike misdade en rassistiese voorvalle”.
Hierdie “gruwelike misdade en rassistiese voorvalle” was dan reeds teenoor die meerderheid blanke en Indiër gemeenskappe gepleeg deur Cele se ras. Of is ek nou rassisties om dit raak te sien?

Misky ·

Nie Cele of enige persoon in die foto of naby hom het maskers op nie….. Nou hoe nou en hy dreig dan om ons inhegtenis te neem indien ons nie die reels nakom nie

Pietertjie ·

Hoed gaan seker maak dat almal wat hulle eiendom en lewens wou beskerm, vervolg gaan word. Ook die sekuriteitswagte wat hulle pligte uitgevoer het. Want dit het bygedra daartoe dat die onluste uiteindelik doodgeloop het. Nie wat zoompie en kie in gedagte gehad het nie.

jou gewete ·

kry liewers die opstokers ou hoedjiep. jy en hulle is die probleem. jy is n ware nul binne in n nul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.