Phosa trek dringende hofaansoek terug

Ondersteuners vir premier David Mabuza (Foto: Thembilihle Mkhonza/ANA)

Matthews Phosa, ʼn voornemende ANC-presidentskandidaat, se span het ʼn dringende aansoek, om die uitslag van die provinsiale algemene raad in Mpumalanga ongeldig te laat verklaar, teruggetrek.

Die party se provinsiale raad het “eenheid” onderskryf voor die nasionale verkiesingskonferensie van die ANC wat Saterdag begin.

Die prokureurs vir die twee teenstrydige faksies in Mpumalanga, premier David Mabuza en Phosa, het besluit om eerder die situasie intern te bemiddel.

Adv. Dali Mpofu, vir Ronnie Malomane, wat die aansoek voor die hof gebring het, het aan die Johannesburgse hooggeregshofregter Edwin Molahlehi gesê “die partye het mekaar gevind”.

Phosa, ʼn voormalige tesourier vir die ANC, wou hê die provinsiale raad en die takke, wat vir “eenheid” gestem het, in plaas van hul voorkeurkandidaat, moet ongeldig verklaar word, en dat die provinsiale uitvoerende komitee verbied moet word om die nasionale verkiesingskonferensie by te woon.

Ondersteuners vir Mabuza het buite die party se hoofkantoor, Luthuli House in Johannesburg, bymekaargekom en sy lof besing voor hulle die hofverrigtinge bygewoon het.

Mpumalanga is die tweede grootste provinsie naas KwaZulu-Natal wat betref die getal afgevaardigdes wat die konferensie sal bywoon.

Phosa is een van sewe persone wat hul oog het om as president van die ANC oor te neem by pres. Jacob Zuma. Die ander ses is adjunkpres. Cyril Ramaphosa, voormalige voorsitter van die Afrika-Unie Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van menslike nedersettings Lindiwe Sisulu, speaker van die nasionale vergadering Baleka Mbete, ANC-tesourier-generaal Zweli Mkhize en minister in die presidensie Jeff Radebe.

Ramaphosa en Dlamini-Zuma is tans die voorlopers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Callie ·

Paar maande terug het ek genoem dat daar n staatsgreep deur die Prisedent beplan word. Kommentaar was dat hoe doen jy n staatsgreep as jy reeds in beheer is. MAKLIK my vriend. Ons pres. is in n baie moeilike situasie. Wen sy eks vrou nie is die tronk sy voorland. Rapport berig oor n nood situasie in die land. As die weermag eers ontplooi is na die ANC beraad, wanneer Zuma sien hy maak dit nie, is dit so maklik om net af te kondig, ek neem oor. Wie gaan iets doen. Weermag het klaar die toestemming om alle gewd nodig te gebruik om die nood situasie onder beheer te hou. Word wakker SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.