Phumzile van Damme bedank

Phumzile van Damme. (Foto: Facebook)

DA-LP Phumzile van Damme het as lid van die opposisieparty en die parlement bedank.

“Dit was nie ’n maklike besluit om te neem nie, en dit word met ’n swaar hart gedoen,” het Van Damme Donderdagaand in ’n verklaring gesê.

“Ek gaan op my eie voorwaardes nadat ek my eie besluit geneem het…

“My bedanking as LP is nie omdat die DA ’n sogenaamde ‘rassistiese party’ is nie, maar as gevolg van ’n kliek van individue. Om nie die goeie vroue en mans wat nog in die DA oor is te laat ly nie, sal ek nie dieper hierin delf nie.”

Van Damme stel dit ook in die verklaring duidelik dat sy nie beplan om by ’n ander politieke party aan te sluit of enige aanvalle op die DA te begin nie.

Van Damme het sewe jaar lank as die DA se skaduminister van kommunikasie en parlementêre sweep gedien. Sy was ook die DA se langsdienende nasionale woordvoerder – van 2014 tot 2018.

Die opposisieparty het intussen in ’n kort verklaring gesê hy aanvaar Van Damme se bedanking en wens haar vorentoe alles van die beste toe.

Luidens dié verklaring het Van Damme haar staal as politikus en parlementslid deur die jare getoon nadat sy aan die voorpunt was van die DA se stryd teen die omstrede Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger sowel as die stryd vir ’n onafhanklike SAUK.

Van Damme sê op haar beurt sy is gelukkig met die loopbaan wat sy agterlaat en haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse politiek.

“Ek is gefokus op die toekoms en sal dus geen onderhoude toestaan of my laat betrek by enige negatiwiteit wat uit die DA kan voortspruit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Catantho ·

Sterkte vorentoe. Phumzile is n uitstekende politikus en die DA is armer sonder haar.

Jack ·

Ja ek blameer ook nie die vrou nie.Ek sou ook nie vir een sekond in die DA kon funksioneer nie.

Hennie J ·

Moet ons nou krokodiltrane stort? Die vrou het NIKS tot die da of die parlement bygedra nie, tewens al wat sy wou wees is n martelaar en daarin kon sy nie eers slaag nie.

Annatjie ·

Sy was maar baie gou om die raskaart te speel. Tog het sy soveel potensiaal gehad wat sy tot almal se voordeel kon gebruik.

Kobus ·

Ek is nie ‘n Siener nie,maar ek dink die DA is besig om stille dood te sterf. Hulle interne gevegte blyk groter te wees as die van die ANC. Sal nie weer ‘n stem op hulle mors nie

koos10 ·

As anti-DA persoon, moet ek hulle krediet gee. Hulle binnegevegte word binne gehou, anders as die ANC s’n.

Anoniem ·

Dankie dat sy haar standpunt stel. Sy tree uit sonder om vuilwasgoed in die openbaar te was, wat wys dat sy beslis kop en skouers bo die ander uitstaan. Eintlik is dit jammer om so ‘n persoon te verloor.

Johnny ·

Hulle wou haar seker nie toelaat om voor in die ry in te druk nie.

Stephen ·

The DA is their own worst enemy. Do they not realize that the infighting is the cause they lose support?
It seems that there is a massive power struggle in the party.

Theuns ·

CNA lites leaving after muzi is welcome. party will grow from here IF they replace on merit only. NORTHWEST resignation is awaited if they hope to gain any trust back.

Lekker in SA ·

Almal is gou om op hul perdjies te spring oor die DA se kastige leuns …. wat van die ander politieke partye? Tenminste sal die DA hul man staan met sulke berigte en nie optogte reel om alles af te brand nie !! Elke peroon het sy eie reg om te stem vir wie hy / sy wil ….

Grassie ·

Dit lyk vir my so al of die DA se nate besig is om los te torring.

ES ·

Dit gebeur gereeld in politieke partye. Sommige mense stem nie saam met die beleid of rigting waarin die party beweeg nie, en dan beweeg hulle maar net aan.

Ek sou nie verbaas wees as sy haar eie politieke party stig, soos wat baie ander LP-lede doen nie.

Die DA het net soveel verdeeldheid soos die ANC. Dis net die EFF wat sterk staan, en daarvoor moet ons baie versigtig wees.

Andrew ·

As die rotte van die skip af spring, moes jy al op die oewer gewees het.

Catherina ·

DA……hulle stoot AL hulle bevoegde mense uit. So sad as most who have resigned are folks we respected. Now..VERY few of these left in DA. Since Helen Zille returned to politics MUCH damaged done that can’t be undone…ever

Theuns ·

Regtig…. cna/ anc lites wat uiteindelik wegbeweeg. dankie tog. at last.

Anoniem ·

Ek is ‘n DA lid en is baie jammer dat sy bedank het. Ek dink dit is tyd dat DA weer sal nadink oor sy toekomsdrome en aspirasies en ook kyk na die huidige lede. Vergeet asb. die kleinlike Politiek!!!!

Theuns ·

Beste nuus in lang tyd vir DA en kiesers! Noordwes moet ook nou loop dan kan nuwe fase begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.