Phyllis-blik of Binny? Kies ʼn naam vir Kaapstad se rommelverwyderaar

Kaapstad-burgemeester Geordin Hill-Lewis by die nuwe gelukbringer (Foto: Skermgreep uit die video)

Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis het inwoners genooi om te stem vir ʼn naam vir die stad se nuwe gelukbringer vir rommelverwydering.

ʼn Kortlys van vier name is saamgestel gebaseer op voorstelle uit die publiek.

“Kapenaars het baie entoesiasties gereageer en honderde name voorgestel vir die nuwe rommelverwyderingsgelukbringer,” sê Hill-Lewis.

Die gelukbringer lyk soos die groen asblikke wat gereeld in die metro gesien word.

“Ons kon uiteindelik nie op ʼn naam besluit nie, so ons het nou ʼn kortlys en Kapenaars kan aan die stemmery deelneem.”

Jy kan aanlyn stem, of op Hill-Lewis se Facebook-blad of op Twitter deur @geordinhl te besoek.

Die opsies is soos volg:
Opsie A – Bingo
Opsie B – Binny
Opsie C – Nolitha
Opsie D – Phyllis-blik

Jy kan tot 15 Junie jou stem uitbring. Sodra die naam gekies is, sal die gelukbringer openbare byeenkomste, skole, gemeenskapsvullisverwyderingsessies, winkelsentrums en besige kruisings reg oor Kaapstad besoek.

“As deel van ons Hou Kaapstad Skoon-veldtog doen ons ʼn beroep op alle Kapenaars om nooit rommel te strooi nie, en altyd van die beskikbare asblikke gebruik te maak,” voeg Grant Twigg, burgemeesterskomiteelid vir die bestuur van stedelike afval, by. “Stem vir jou gunstelingnaam sodat ons gelukbringer dié boodskap na gemeenskappe reg oor die stad kan neem!”

Klik hier om aan die stemmery deel te neem.

Help us name Cape Town’s Anti-Litter Mascot????????️Cape Town's new anti-litter mascot needs a name, and we need your help!Will it be Bingo, Binny, Nolitha, or Phyllis-blik?Cast your vote using the link below and help create a cleaner, litter-free Cape Town!Voting closes 15 June 2023Vote here: https://www.surveymonkey.com/r/HLGQK25

Posted by Mayor Geordin Hill-Lewis on Friday, June 2, 2023

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elmarie ·

O jinne net nie Phyllis-blik nie, klink te veel na…wel, daai rondloop siekte, om dit nou mooi te probeer stel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.