PIC bevestig waarnemende hoof is geskors

Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het Dinsdag bevestig sy raad het die batebestuurder se waarnemende uitvoerende hoof voorlopig geskors.

“Bewerings wat verband hou met inmenging by die proses van die kommissie van ondersoek is onder die aandag van die PIC-raad gebring,” lui ʼn verklaring van die PIC. “Die raad het die saak bespreek en bepaal dat me. Matshepo More met onmiddellike effek voorlopig geskors sal word, om seker te maak dat personeellede vrylik kan deelneem aan die ondersoek.”

Matshepo is vervang deur die uitvoerende hoof van eiendomme, Vuyani Hako.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Oormore is me. More seker terug in die tuig nadat sy ook waarskynlik hof toe sal hardloop om haar joppie terug te kry! Waar miljoene Rande rondle om ge-PIC te word, is dit te verstane!

Alida ·

Dit gaan mens se verstand te bowe dat die skelms net geskors word maar NIEMAND gaan tronk toe nie.

fred ·

geskors met volle salaris…lekker betaalde vakansies…..die nuwe suid-afrika is mos hulle dobbelplek,dobbel met ons belastingsgeld…waar was al die jare die director generals, al die parlementêre kommisies, auditeure, ens…? seker ook maar geskep, useless lot.

Ockie ·

Verbaas my nie dat niemand tronk toe gestuur word nie. Meeste eet uit die trog wat die belastingbetaler vol hou. Net ANC is te blameer.

George in Bloem ·

Elke kader moet seker maar ‘n beurt kry om te skep…..

J ·

Lyk nie of daar enige een oor is in hierdie staatsinstellings wat nie korrup of skelm is nie, vrot tot op die been, hele staatsdiens tot op plaaslike vlak is vrot

honourable member ·

Alida, hierdie mense kom nog nooit iets oor nie. Die companies maak maar net n paar geluide sodat dit reg lyk en niemand vra vrae nie. Hierdie mense kom maar net terug in nog hoer poste. In hulle kultuur is daar niks fout om korrup te wees nie.

JohanL ·

Ek herhaal tot vervelens toe wat ek al soveel keer op hierdie forum geskryf het en net soms geplaas word – die hele ANC is korrup en ‘n spul skelms. Gaan lees op oor hul geskiedenis. Die slegte nuus is dat daar te veel (dom en lojale) landelike kiesers is wat hulle in beheer sal hou. Dit is NIE goeie nuus vir SA nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.