PIC het R99 miljard verloor ná Nene se afdanking

Dr. Daniel Matjila, uitvoerende hoof van PIC Foto: PIC

Dr. Daniel Matjila, uitvoerende hoof van PIC Foto: PIC

Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het Dinsdag erken dat hy R99 miljard oor twee dae in Desember verloor het nadat Nhlanhla Nene uit die amp van minister van finansies verwyder is.

PIC het ingestem om binnekort verdere besonderhede te verskaf oor sy ongenoteerde portefeulje.

Daniel Matjila, uitvoerende hoof van PIC, het dié bekentenis gemaak in antwoord op ʼn vraag van David Maynier van die Demokratiese Alliansie voor die parlement se staande komitee oor finansies.

Matjila het ook bekend gemaak dat die Werkloosheidsversekeringsfonds R7 miljard en die Vergoedingsfonds R3 miljard verloor het in die 48 uur nadat pres. Jacob Zuma Nene afgedank en met Desmond van Rooyen vervang het, voordat hy onder druk geswig en Pravin Gordhan weer in dié sleutelportefeulje aangestel het.

Die PIC hou R1,8 biljoen in bates onder sy bestuur en ag die regering se werknemerspensioenfonds as een van sy grootste kliënte.

“Dit is ʼn aanduiding van die skade wat aan pensioenarisse se spaargeld aangerig is en ʼn bewys dat pres. Jacob Zuma absoluut verkeerd was toe hy beweer het die gevolg van sy rampspoedige besluite is ‘oordryf’ in Suid-Afrika,” het Maynier gesê.

Matjila het onderneem om in besonderhede te reageer op LP’s se vrae oor PIC se beleggings in ongenoteerde maatskappye.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het intussen reageer op bewerings dat haar departement nie genoeg doen om werkloosheid te bestry nie en gesê die regering se beleggings met PIC dra by tot werkskepping. “Wat beleggings betref het ons R1,8 biljoen deur die PIC sodat hulle diegene kan bystaan wat ondernemings wil oprig en om seker te maak dat daardie ondernemings werk skep,” het sy tydens ʼn perskonferensie gesê.

Thobile Lamathi, direkteur-generaal van arbeid, het gesê hy wil ontslae raak van die idee, dat die geld by die PIC “net daar sit”, aangesien die regering ʼn opbrengs van ongeveer 5% kry op sy belegging en ʼn gedeelte van die geld aangewend word in bedryfspesifieke opleiding vir werklose persone en om entrepreneurs by te staan om hul ondernemings op ʼn gesonde manier te bedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gerhard ·

Interessante berig! Die PIC hou R1.8 miljard in bates onder bestuur en verloor binne twee dae R99 miljard. Hy verloor dus 55 keer meer as wat hy besit…?

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhard

Ons vra om verskoning, ANA het sopas die fout reggestel. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johann ·

Ek is so bly ek het bedank en al my pensioen gevat en behoorlik belê. Hierdie ouens dryf ekonomie ten gronde.

Lance ·

Dom mense maak sulke ondeurdagte uitlatings …en die markte reageer …waneer gaan die penny drop …asb kan die volgende no 1 net bq dink voor hy doen ….sy patetiese verskonings het nie die geld wat weg is teruggebring nie het dit …maar die massas hou aan vir die man stem en hulle trek net swaarder …i just dont get it !!!

Jacques ·

Beteken biljoen en miljard dieselfde in hierdie berig? R 1,8 biljoen = R1800 miljard is nogal baie!

Knapie ·

Jaques

Dit is nogal redelik verwarrend. In Afrikaans is Miljard = 1000 × miljoen en biljoen = 1000 x miljard. Net so volg biljard, triljoen en triljard.

In Engels is Billion = 1000 x miljoen, en trillion = 1000 x billion.

Maar, in engels kan daar ook gepraat word word van million, milliard, trillion, trilliard, billion en billiard met dieselfde betekenis as in afrikaans, afhangende van die konvensie wat gebruik word.

Dit is baie verwarrend en ek weet nooit watter konvensie in Engelse berigte gebruik word en of die Afrikaanse berigte altyd ordentlik vertaal is nie.

In die gaval sien ek dat daar n duidelike onderskeid getref word tussen miljard en biljoen, dus blyk dit vir my asof doe berig korrek vertaal was.

Kyk op wikipedia na “Long and Short scales”.

Sune van Heerden ·

Dagsê Knapie

Dankie vir jou kommentaar.
Ons gebruik in Afrikaans (en op Maroela Media) inderdaad die volgende vertalings:
million: miljoen
billion: miljard
trillion: biljoen

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Jacques

Dit is inderdaad R1,8 biljoen (dus “R1.8 trillion” in Engels).

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben Prinsloo ·

Tel daarby die paar miljard wat hy uit die land gevat het vir die Guptas nou die dag na Arabië en hy kos ons nogal heelwat.

Kobus Swanepoel ·

Julle het dit verkeerd!! Die geld is gevat voor die zumpta en die ministers sirkus! Zuma het die geld gevat en aan die Guptas en pelle uitgedeel!! Toe jaag hy die finans ministers op n knop!
Nou word die storie verdraai sodat daar n “logiese” antwoord moet wees waar die geld heen is!!
Dit is GESTEEL!!!!!!

Paul ·

Nee, Kobus. Dis nie geld wat op ‘n hopie in ‘n kluis lê en toe vat iemand ‘n klompie van die geld en nou is dit weg nie.
Die fondse is belê in verskeie maatskappye – die PIC het ‘n aandeel van gesamentlik meer as 10% in die maatskappye op die JSE, byvoorbeeld. Daar was GROOT skommelings op die JSE en in “bond markets” rondom die Nene-afdanking, wat verklaar hoekom die PIC sowat R100 mijard kon “verloor” het in daardie paar dae. Dis egter nie geld wat “weg” is nie. Soos die markte weer sedertdien geklim het, is die waarde weer herstel.

Dis soos as jy op 12 April 2016 ‘n honderd Sasol-aandele gekoop het – dit sou jou R44 085 gekos het. Nou eergister se Maandag sou jy dit vir slegs R43 625 kon verkoop het. Jy sou dus R460 “verloor” het. Maar slegs as jy dit wel verkoop het. Anders is dit net ‘n verlies “op papier”. As jy net die aandele bly hou het (soos in die PIC se portefeulje) sou jy dit vandag vir R45 042 kon verkoop. Dit is R957 meer as waarvoor jy dit gekoop het.

“Papierverliese” beteken nie regtig iets nie.

alida ·

Ek weet nie hoekom Zuma nog enigsins in die posisie is wat hy is nie. Hulle moes hom al op 9 Desember 2015 weggejaag het.

cr ·

Ons lieflikke land het nie ‘n onbeholpe president nodig nie. zuma Loop asb. jy is ‘n verleentheid vir die land! Ander het jou ander name ook gegee wat die waarheid is.

Kobus Swanepoel ·

Waarheid maak seer, my kommentaar word nie geplaas nie!!

Kobus Swanepoel ·

Die hele storie was net gedoen sodat Zuptas kon geld steel onder ons oë! Hulle het die geld gesteel vir zupta se vriende die guptas en sy baie vroue! Om dit te verbloem ” hire en fire” hy gou die minister, noem n paar name van die nuwe Nar! Die Rand tuimel en hulle pak die skuld op die tuimelende rand?!
Wat ‘n uitstekende plan om geld te steel!!

Kobus Swanepoel ·

Weet al die mense wat hier lees dat Maroela Media aan die ANC BEHOORT???
Kom skoon Maroela??!!

Paul ·

Soveel van ‘n goeie grap het ek lanklaas gehoor, Kobus!

Dit is eenvoudig vals. Maroela behoort nie aan die ANC nie.

Soos onderaan die blad staan, is Maroela deel van die Solidariteit Beweging.

En moenie met een of ander samesweringsteorie kom dat Solidariteit eintlik deel van die ANC is nie. Dis uiterste twak wat deur afgunstiges opgemaak word.

Anti-Haas ·

Zuma verstaan nie ………. daar is te veel nulle…………
Vir hom is ‘n nul= niks… Soos daar is niks mee verkeerd nie.

hans ·

Wat doen die verteenwoordiger van VSA Pensionaristak op OBK om na al ons staatsdienspensioenarisse se belange om te sien. Hoekom het Voorsitter van die Pensioenaristak en die verteenwoordiger op OBK nog nie n verklaring aan al die pensioenarisse gestuur per e-pos ens gestuur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.