PIC-hoof bedank ná getuienis oor VBS-bank

Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het Vrydag gesê sy hoof van regsadvies en nakoming, Ernest Nesana, het met onmiddellike effek bedank ná hy tydens die ondersoek oor VBS Mutual Bank getuig het.

“Sy bedanking is met onmiddellike effek en die PIC het dit aanvaar,” het Deon Botha, hoof van korporatiewe sake by Afrika se grootste beleggingsbestuurder, gesê.

Aldus Botha het die PIC bewus geword van ernstige bewerings van onbehoorlike gedrag van Nesane ná sy getuienis voor die verhoor.

Hy was een van twee direkteure wat deur die PIC afgevaardig is om sake by die omstrede bank te bestuur voor dit in Maart deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder kuratorskap geplaas is.

Die ander direkteur, Paul Magula, is vroeër vanjaar afgedank ná ʼn dissiplinêre verhoor en hy skuldig bevind is op alle aanklagte.

Botha het gesê die PIC is besorg dat twee senior lede, wat toevertrou is daarmee om seker te maak dat VBS Mutual Bank aan die hoogste etiese standaarde voldoen, in hul “persoonlike kapasiteit” geïmpliseer is in oortreding. ʼn Forensiese ondersoek sal gedoen word oor alle transaksies wat met die 25%-aandeelhouding in VBS verband hou.

Hy het bygevoeg daar is bewerings dat ʼn PIC-beampte omkoopgeld aanvaar het om ʼn lening van R350 miljoen aan VBS toe te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish ·

Verrotting:
Verrotting in voorhuis –
Verrotting groen en geel!
Verrotting oral in die helhool,
en orals, ai so verkanker!
Dis die maand van die VBS bank se konsternasie!
Die dag is nag en vir deposante so donker.
C Leeu Leeupoot

Mrs H ·

Nog meer duidelikheid en bewys, dat Affirmative Action, Previously Disadvantaged, Black Empowerment se rak leeftyd verval het. Tyd vir Skilled Employment and Growth with Integrity. Vir Alle Suid- Afrikaners. Veral as hulle belasting betaal.

Tokkie ·

Stem saam – raak gesê – die uitvoerende hood het die raskaart gespeel toe alles aanvanklik op die lappe gekom het en gesê mense wat die bank aanval wil nie n swart beheerde bank sien werk nie – nou wat nou ?

Joshua ·

Dis nie genoeg nie, Nesana en sy gepeupel insluitend Zuma en Guptas moet almaal gearresteer en aangekla word.

Johanna Botha ·

Dis die bank wat zuma die lening gegee het vir die betaling vis sy Nkandla ! Spreek boekdele!

Henri ·

ANC just give us 1 success story in your 24 years of rule. All that is left for you to stuff up is ‘land reform’, health service and to revive racism with the help of your EFF lapdog.

Theo ·

Ek stem saam met jou antwoord. Substasies brand omdat mense met min ondervinding aangestel word in hoë poste wat geld op ander plekke spandeer as infrastruktuur

Koos ·

Nou in plaas van Zuma Jr. te vervolg vir verkeersverwante oortredings, moet AfriForum nie eerder hulle aandag toespits op die PIC en GEPF se verdagte transaksies en beleggings nie? Of is dit te moeilik?

tamboti ·

Koos nee, Afriforum moet geen tyd of geld mors met litegasie nie! Net klein vissies word gevang terwyl die groot walvisse laggeng wegswem in hul rykdom. Spaar alles om “setlaars” te help en niemand anders te bevoordeel nie.

Koos ·

Tambotie het jy enige benul wat die omvang van die GEPF se waarde is?

Gert ·

Bedank beteken niks. Werk more weer vir regering. Staats pensioen fonds se grld wat hulle so mors. Sluit almal toe.

Pensioenaris ·

Waarom kry pensioenarisse minder as 6%-verhoging as daar so bale geld in die fonds is???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.