Picasso-werk in Kaapstad opgeveil

Au Cirque

Au Cirque

ʼn Skildery deur Pablo Picasso is Dinsdagaand vir die eerste keer in Suid-Afrika opgeveil.

Volgens die afslaer, Stephan Welz & Co., is die kunswerk, Au Cirque, vir R3 478 800 opgeveil. Au Cirque is geskep met kleurkryt op papier en is 23,5 by 31,5 cm groot. Dit is gedateer Januarie 1954 en is in 2006 vir $240 000 in New York aan ʼn private versamelaar in Suid-Afrika verkoop.

Anton Welz, direkteur van Stephan Welz & Co., het vroeër gesê wanneer mens aanvanklik na die kunswerk kyk, kom dit baie naïef voor. “Mens dink jy ken 12-jariges wat so iets sal kan teken. As mens egter van nader kyk, word dit interessanter met die gebruik van lyne en spasie. Dit is kleurvol, speels en hoewel dit naïef voorkom, is dit glad nie.”

Picasso se Les Femmes d’Alger het verlede jaar die duurste kunswerk geword wat nog op ‘n veiling verkoop is. Christie’s het dit in Mei verlede jaar vir $179,4 miljoen opgeveil.

Les Femmes d’Alger

Les Femmes d’Alger

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

André ·

Regtig?
Ek kan meer met daai geld doen as om sulke walglike “kunswerk” te koop.
Afgryslik lelik.

Lize ·

Teen die huidige wisselkoers het die verkoper geen wins gemaak nie.

Santie ·

Duidelik het ons almal kuns in ons. Dink enige een kan dit doen.

charlene ·

Kyk elke keer as ek die “kuns”sien wonder ek “moet ek nie maar ook begin skilder nie”My kind se werke lyk nou wel beter as myne maar dalk kan ek ook so paar randjies kry.
Kyk gee my liewers regte kuns wat mens kan sien wat daar is, `n gesig van `n man/vrou waar jy die emosie in die oë kan sien is wat ek kuns noem, `n skilder van die natuur waar sy prag vasgevang is – dis kuns. Dit lyk as my 4jarige daai 1ste prent geteken het en mens noem die kuns, vir `n ma ja.

Elvira ·

Ag tog, rêrig mense. Picasso was ‘n kommunis. Sy kuns is kommunisties, met die spesifieke doel om ware kuns te ondermyn. Dit is hoekom sy kuns deur ernstige versamelaars opgeraap word, dit verteenwoordig ‘n era, ‘n beweging en ideologie, en is dus waardevol. Daarom het Hitler alle degeneratiewe kuns van kommuniste in Duitsland gekonfiskeer en verban. Dis kommunisme in kunsvorm.

Kunsliefhebber ·

Alhoewel hierdie Picasso dalk ‘n spesifieke era en ideologie verteenwoordig, kom ons wees maar eerlik: dit is glad nie mooi in enige sin van dimensie of estetika nie-dit is inderdaad na-ief en bekrompe-gee mens ‘n gevoel van benoudheid, lyk of te veel verskillende dinge in sy kop aangegaan het, asof hy self nie geweet het wat hy eintlik wou uitbeeld nie. Die verbysterende prys wat die “werk” gehaal het is bloot te danke aan die naam wat dit onderteken het. Tog is kuns relatief en subjektief; wat vir een aanvaarbaar is, is vir ‘n ander afstootlik. Die naam maak dit egter steeds ‘n belegging en dit is eintlik al waaroor dit gaan vir ‘n koper-dit gaan in elk geval in ‘n kluis bewaar word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.