Pick n Pay heroorweeg borgskap van musiekfees

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Pick n Pay het gesê hy sal sy toekomstige borgskap van Afrikaans is Groot heroorweeg na aanleiding van Steve Hofmeyr se onlangse uitlatings op Twitter oor apartheid.

“Pick n Pay verwerp Steve Hofmeyr se uitlatings oor apartheid. Dit het geen plek in Suid-Afrika nie,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.
Hofmeyr het voorverlede week getwiet:

Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.

Sy twiet het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak. Talle Twitter-gebruikers het Hofmeyr se borge en maatskappye wat geleenthede borg waar Hofmeyr betrokke is, op sosiale media gekap en gevra of hulle sy uitlatings goedkeur.

Pick n Pay het gesê dit is hartseer dat mense gekies het om die maatskappy te teiken oor Hofmeyr se uitlatings, bloot omdat hulle ʼn borg is van die musiekfees waar Hofmeyr gaan optree. “Hulle sal moet verduidelik waarom hulle voel dit is reg om ‘n organisasie aan te val wat geen verhouding met Steve Hofmeyr het nie, en boonop ‘n voortreflike geskiedenis in die teenstand van ongeregtigheid het, eerder as om hul kommer oor te dra aan die persoon wat die aanstoot gegee het.”

Volgens Pick n Pay het die maatskappy sy teenkanting rakende Hofmeyr se uitlatings aan die organiseerders duidelik gemaak, hoewel hulle nie ʼn invloed het oor wie by die konserte optree nie. “Hulle het bevestig dat hy steeds sal optree. Dit sal baie hartseer wees as ʼn misplaaste sosialemedia-veldtog daartoe lei dat ons nie langer die konserte kan ondersteun nie. Maar in die lig van die onlangse gebeure sal ons ons toekomstige borgskap van die fees moet heroorweeg.”

Hofmeyr het in reaksie hierop gesê: “Ek volstaan by my borge en vennote se reg tot uitdrukking en gevoelens, solank dit nie haatspraak of aanhitsing tot geweld insluit nie.”

Maroela Media het die organiseerders van Afrikaans is Groot om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

EMK ·

Ai tog… politiek in alles. Die waarheid is – reageer Pick’nPay nie op hierdie manier nie, dan is hulle in die dwêng by andere en word HULLE geboikot. Die anderkant van daardie waarheid is dat Steve sekerlik mag sê hoe hy voel – ons het tog ‘n grondwet wat vryheid van spraak ens waarborg. Nou-ja dis ‘n tameletjie en ek is bly ek het niks met die ding te doen want eerlik gesproke wat doen mens?

alet ·

Behoort Pick Pay aan die regering of is hulle ook afhanklik van die BBE stelsel want as jy daaraan behoort is jy gedoem want alles gaan deesdae oor die Forhelle

Riaan Slabbert ·

Alet, ALLES in hierdie land behoort aan die regering. En ongelukkig het die meerderheid papbroekige, slapgat wit Afrikaners lank reeds hulle siele aan Zuma verkoop

Kobus ·

Eerstens, ek is geen Steve aanhanger nie, maar vir seker moet mens hierdie geval nie in isolasie sien nie. Gaan kyk gerus waar kom die dryf van sekeres in die media vandaan om Afrikaans te takel.

Daar is die afgelope tyd baie hieroor in kommentare geskryf. Soos Herman ook in ‘n kommentaar geskryf het, Steve het ‘n reddingsboei aan sekere mense uitgegooi. Hierdie mense gaan vir seker hierdie perd ry en sorg dat hulle hierdie instansies soos Pick ‘n Pay by hulle politiek en oogmerke gaan betrek.

Ons weet wat by Die Puk gebeur het en wat nou nog steeds die agenda daar is. Hierdie mense het ‘n missie en hoop mens dat Pick ‘n Pay nie ten koste van die breër prentjie die Afrikaanse taal gaan pak gee nie.

Kobus ·

Dit is nogal lagwekkend, die missie van sekere mense se dryf en dit net of hulle dit kan reg kry dat een ou die skip kan laat sink. Dit is soos om die hele klas na skool te hou as gevolg van een ou wie die stoutert was.

(‘n Mens kyk nou maar na die reaksie van Beeld wie so lekker kry oor P ‘n P en Landrover se moontlike onttrekking van hul borgskappe.)

CAV ·

Ek wonder of Steers dan nou minder “hamburgers” aan Malema gaan borg omdat hy mense aanrand en “boer” noem en vloek, of vuurwapens in wagte se gesig druk

DieWaarheid ·

Maar Malema mag baie erger dinge sê, want hy is swart….

tiaan lotter ·

Die enigste manier om die sogenaamde probleme op te los in die toekoms is dat ons almal moet STEM vir Steve vir staats president

Paul ·

Wel ek het lankal besef Pick en Pay se produkte het oor die algemeen baie duurder geraak en het ‘n rede gesoek om geen sent meer by hulle te spandeer nie, wel hulle het nou die besluit vir my gemaak.
Hulle moet nou maar hul ANC marionette tevrede stel. Gelukkig het die publiek se voete die laaste sê.

Rieks ·

Ek gaan definitief nie Afrikaans is Groot se vertonings misloop nie MAAR my paadjie P&Pay toe sal definitief verander word! Sodra sekere mense TE veel van die waarheid praat word daar gedreig en dinge weg gevat, wat deur ons Afrikaners moontlik gemaak word. Waar kom daardie geld vandaan P&Pay wat julle so mildelik skenk? Seker nie van die beherende party af nie…

Lynni ·

Mens kan Pick n Pay ook ni blameer ni. As hul stilbly gooi di massas hul winkelvensters uit. Polisie kan dan ook niks doen, skiet hul is daar weer ‘n Marikana. Groot drama ens. Malema aan di anderkant het di massas in sy hoek.

selfbeskikking ·

Nonsens, hulle hoef niks te gese het nie, en stilbly, hoekom Steve Hofmeyr van sy reg ontneem om te mag praat?

Anton ·

As PnP AIG boikot gaan ek hulle ook boikot! Hulle is vining om Steve aan te vat! Ek ondersteun eerder iemand anders dan!

alet ·

Ons koop niks by Pick pay nie gaan kyk in al sy winkels jy kry geen blanke meer as net die Bestuurders.Laat blankes gaan werk soek as pakkers word daar net eenvoudige gese dit is vir die skills so ons is seker nie gegroepeer onder die skills nie ons is te wit

Lindie ·

Kyk ek keer nie rassisme goed nie. Maar hoekom kan Julius Malema se en maak wat hy wil maar arme Steve word elke keer aangeval sodra hy sy mond oopmaak?

Malema kan se hulle gaan die wit mense uitroei en doodmaak en hulle land met fors terugneem maar daar word NIKS aan sy gese gedoen nie, maar Steve se net enige iets wat met ander kleuriges te doen het, en hy kry moeilikheid?

Adri Harmse ·

Dit sal nogal interessant wees om te weet wie hierdie sogenaamde “tweeters” is. Kan hul, hulself vereenselwig met die Boerevolk of Afrikaners. Laasgenoemde kan dalk so optree maar dis juis hul wat hulle eie mense in die rug steek Wyl hul ook self rasisties is en/of kla oor dit wat in ons land gebeur. Dit gaan nie hier oor Steve nie maar oor dit wat hy voel as volbloed Boer en ons verkwalik hom glad nie daarvoor nie. Die grootste rassiste sit juis vandag in die parlement en presidensie hul is net bietjie “GE-tan” alhoewel daar heelwat draadsitters onder ons is wat nie regtig sien of wil sien wat in die land aangaan nie. Oral waar Steve is het hul eiers te le maar geniet sy musiek terdee? Dis onverklaarbaar. Die Boerevolk sal nie terugstaan wanneer hul geoordeel of beledig word nie so ook nie langer meer soos hul onnodig aangeval en vermoor word nie. Tyd het aangebreek dat ons moet opstaan vir dit waarin ons glo. ‘n Boer en ‘n Afrikaner is twee verskillende groepe en hopelik is dit nie nodig om dit te verduidelik nie – kyk net waar sit van die Afrikaners, hul is te uiters slapgat om op te staan vir hulself daarom sluit hul by partye soos ANC, SACP, en EFF aan want hul is blind. Ons sal Pick en Pay boikot as hy onttrek. As die anderkleuriges kan toi toi en staak waarom mag ons nie. Die Checkers en Shoprite sit sonder groente en vrugte weens trokbestuurders wat staak. Hul beinvloed nie net die werkgewers of winkels nie maar ook hulself weens te kort aan produkte. Ek sou voorstel ons kry nog winkels soos President Hyper.

Babs ·

Pick n Pay gaan homself in die voet skiet. Meeste mense wat teen Steve is, koop in elk geval nie by P&P nie.

Neels ·

Daar was in die geskiedenis vele kunstenaars en gesiene openbare figure wat hulle uitgespreek het teen wat ook al aan gebeure was aan die orde van daardie tydperk en dag. Daar was vele van hierdie mense wat verban was en so meer, maar wat later nadat alles verander het in die land as helde beskou word.
Dit het soos reeds genoem baie in die geskiedenis gebeur en sal ook nog baie gebeur in die toekoms. Dit is nie nuut nie.
Instansies soos Pick en Pay gaan saam met die regering van die dag omdat dit oor geld gaan en winste. Dit is dus nou polities korrek om so op te tree vir hulle. Sodra die wind draai en ander norme aan bewind is, sal hulle ook weer draai om daarby aan te pas.
Geld dikteer. Hulle moet saam met die huidigge bewind praat as hulle wil in besigheid bly.

Henk ·

Afrikaners is steeds ‘n groep met beduidende koopkrag. Ek gaan vir hulle ‘n e-pos stuur hieroor – miskien sal dit balans bring as hul met hordes Afrikaanse e-posse oorval word.

Charl ·

Stem saam, Henk. Geld is waaroor dit hier gaan – hang net af of P&P dink die Afrikaner het meer koopkrag as die ander.
Ek wonder net of dit nie maar vir Steve ook oor geld gaan nie – hoe meer patrioties hy praat, hoe groter is sy aanhang. Kannie onthou dat ou Steve in my jongdae so patrioties was nie – hy het meer belangestel in ander dinge……..ai tog, en nou gaan ek so gestenig word deur diegene wat nie verskillende opinies in die geledere kan verdra nie……

Hanno Visagie ·

Charl, jy sal nie hier “gestenig” word nie – dis immers julle liberales wat onverdraagsaam is, nie ons behoudendes nie.

Charl ·

Ai ou Hanno, daar oordeel jy my sommer nou so as n ” liberale” – en ek is n behoudende Boer, met n liefde vir als Afrikaans, en Afrikaners, en Suid Afrika – en n oupagrootjie as Boere Veggeneraal – en dit net oor ek se ou Steve was nie so patrioties toe hy jonger was nie. Maar dis goed, ek sal my kinders se van nou af tel ek onder die liberales ;)

Charl ·

Tokkie, gee vir my dag en datum van Steve se eerste pro Afrikaner uitspraak.

Peter ·

Charl is reg in sy kommentaar oor Steve.

Steve was beslis nie altyd so uitgesproke oor die afrikaner se probleme nie. Het julle al vergeet hoe hy tee gedrink het saam met die ANC elite?

Ten minste is hy nou nie meer bang nie, en praat hy die regte taal en sing die regte lied.
As ek die “Ja” stemmers kan vergewe, kan ons seker maar Steve vergewe omdat hy nie altyd die regte ding gedoen het nie?

Hanno Visagie ·

Die Afrikaner het lank genoeg onder politieke korrektheid van Mammondienende huigelaars gely. Tot hiertoe en nie verder nie!

Marlene ·

Charl? Jou kinders sal jou eendag ewig dankbaar wees dat jy hul eerder “liberaal”, as rassisties groot gemaak het!

Cornelius du Rand ·

Dit is tyd dat wit mens opstaan vir hulle regte anders gaan ons ten gronde gaan. Wat Steve gesê het is die waarheid. Dit is die rede waarom hy nou beledig word. As sy opponente geldige argumente gehad het sou hulle dit op die tafel gesit het. Wanneer jy nie ‘n argument kan wen op feite nie begin mense gewoonlik beledig soos in hierdie geval. Kyk maar na die res van Afrika. Daar is geen sukses verhaal nie en daar sal ook nooit een wees nie. Maak jou stem dik terwyl jy nog kan. Wanneer ‘n borg so optree wys jou teenkanting en ondersteun sy opponent.

Rina Pretorius ·

steve moenie dat P&pay jou boikot nie, ek koop ook nie meer daar nie want al hulle produkte is in elk geval halaal en ek koop dus nie iets wat daardie teken op het nie. Doen jou ding en moenie worry ook wat wie se nie, you go boy

sulette ·

Ja, as hul Steve uithaal raak hul net soos skouspel, dan wil ek sien hoeveel mense hulle verloor. skrik wakker asb!

Saamprater ·

Dis nou n ding.
Almal kan se en doen wat hulle wil, behalwe Afrikaanses/Afrikaans-sprekendes.
Wel, hier is nog een van daardie gevalle.
Die ANC het lankal vir ons vertel dat hulle ons nie hier wil he nie, dus, hoe nou gemaak? Eie grondgebied is al opsie. Hulle het gewys hulle wil nie saam met ons wees nie, hulle verdra ons nie, en veral ook nie ons menings oor sekere sake nie.
Steve het nouwel iets gese wat sekere mense kon onstel, want dit is maar hoe mense reageer op inligting wat bietjie diep en raak sny.
Maar die ding wat my die meeste grief is nie Beeld en Kopdoek wat alte graag hulle monde uitspoel teenoor Afrikaners nie. Dis asof hulle hul wit-wees wil wegredeneer deur belaglikke valse haatspraak aan te wakker.
Maar hoe dit ook-al-sy, nie een persoon het (sover my kennis strek) na Steve toe gegaan en vir hom hevra hoekom hy se wat hy se nie
Alles, badwater en kind word uitgegooi.
IPV soos grootmense iets uitredeneer word pole geskep wat haatvure aanblaas en die mense wat Beeld/kopdoek dan nou kwansuis voor praat kry die seerste. Baie betaal met hulle lewens
Daardie bloed is op hul hande

Hendrik ·

Ek dink dis tyd vir ‘n kettingwinkelgroep, motorhandelaars, banke, wat geteiken is vir ons mense, deur ons mense. As ons dan gemarginaliseer word, dan doen ons dit in styl. Sny die middelmanne uit, dan befonds dit die BEE boetes, beskou dit as belasting en maak vrede daarmee. TLU ensomeer kan dit mos vat en daarmee hardloop. Alle ander goed kom in elk geval van china af en dit kan ons self daar gaan koop en invoer. Die wêreld is veel kleiner as wat mens dink.

Wilna Annandale ·

P & P se kos by die Afrikaans is Groot konsert is in elke geval sooooo sleg en min, dit sal geeen skade doen as hulle wegbly daar nie. Sal dit verkies om my eie piekniek mandjie te neem. Hulle gaan verloor NIE ons Afrikaanse is Groot aanhangers. YOU ROCK STEVE!!!!!!

Hendrik ·

Ons mense is gesog, ons moet die geleenthede hier in SA skep. Maak die regering van die dag irrelevant deur intern geleenthede te skep.

Voorbeeld:
Frankryk se span vir Saterdag sluit die volgede Suid Afrikaners in
1. Bayonne heelagter Scott Spedding
2. Racing Metro losvoorspelers Antonie Claassen en Bernard Le Roux
3. Castres skrumskakel Rory Kockott
4. Clermont stut Daniel Kotze

Eben ·

Ek het die afgelope paar dae hierdie debat gevolg en my selfs al uitgespreek teen Steve se aanmerkings. By verre die oorgrote meerderheid van mense wie kommentaar lewer, verdedig vir Steve en sy vryheid van uitdrukking. Nog nie een persoon het sy aanmerking self verdedig nie. Vergeet nou vir ‘n oomblik van Malema en kie. Malema speel op die emosies van, in my opnie, ongeskoolde populiste, dis hoekom hy so ‘n groot aanhang het. Is dit wat Steve probeer doen? Want dan werk dit as ek so deur al die kommentare lees. Ek vra enigeen (verkieslik ‘n ingeligte persoon) om aan my te verduidelik wat hierdie aanmerking : “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.” kan beteken. Vir my maak dit geensins sin nie en is haatspraak. As Steve homself op Malema se uiters lae vlak ag, dan moet hy nie verbaas wees as borge onttrek nie. Weereens, ek sal dit waardeer indien iemand meer lig op die aanmerking sal kan werp.

Marlene ·

Eben. Ek stem volkome met jou saam. Dis ‘n verligting om ‘n kommentaar te kry wat rasioneel en nie rassisties is nie. Steve se sê-goed is niks beter as Malema s’n nie!

Hanno Visagie ·

Kultuur- en volksverskeidenheid:- Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet ‘n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Fundamentalisme.htm

Ben ·

Gaan lees gerus Steve se verduideliking van sy stelling en besluit dan of dit sin maak

Eugene ·

Eben, goeie bydrae en dit het my laat dink. Hoe ek die aanmerking “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.” interpreteer is as ‘n oorsaak & gevolg verhouding. Apartheid, soos enige-iets in die lewe, gebeur nie in ‘n vakuum nie, daar is altyd ‘n oorsaak of ‘n rede vir so-iets. Al sedert die dae van die Kaapkolonie het die Boere erg deurgeloop waar swartes in groot getalle was. Ook in Natal later was die Zoeloes gewetenloos en het ‘n hele paar families wreed uitgemoor, selfs na ooreenkomste mbt grondgebiede. Hulle het dus duidelik ander waardes en normes as Westerlinge. Ek sou dus sê dat die stelsel van Apartheid eerder ingestel was as ‘n reaksie en ‘n moontlike oplossing om hierdie diverse kulture in een land te kan akkomodeer. Ek was glad nie betrokke by die Apartheidstelsel nie (dit was afgeskaf toe ek ‘n kind was), maar as ek vandag om my rondkyk na al die moorde, martelings, biljoene wat gesteel word, die diskriminasie teen wittes (BEE, poste wat vakant gehou word as wittes aansoek doen), endiesmeer wat bykans alles deur een kleur gepleeg word kan ek myself indink dat die redes vir Apartheid geldig kon wees. ‘n Mens kan doodeenvoudig nie nasiebou met sulke wreedheid op ‘n gereelde grondslag nie, en op die ou end verloor almal, wit & swart. Dit het niks met haatspraak of rassisme of ‘white priviledge’ te doen nie. Ek wil net in vrede leef met almal en ‘n toekoms vir my nageslag bewerkstellig, maar ek kan dit nie doen met ‘n mes letterlik teen my keel nie.

Eben ·

Eugene, baie dankie dat jy die bal gespeel het en nie die man nie. As Steve dit so kon stel (en as dit regtig sy bedoeling daarmee was), sou ek nog sy opinie “aanvaarbaar” beskou het. Ek het toe sy verduideliking gaan lees op sy Facebook-profiel en dit was regtig nog meer onsinnig as uitlating self. Dit het my laat dink aan sekere mense met wie ek gereeld te doen kry – hulle probeer jou deurmekaarpraat met ‘n klomp onsinnighede wat hulle dan voorhou as stawing van hul opninies (non sequitur). Jy het sin probeer maak uit sy uitlatings; die ander derduisende volg hom eenvoudig blindelings na, sonder rede – hy is dan Steve! Na aanleiding van Steve se eie verduideliking, gaan ek volstaan by my opinie dat hy nie gedink het voor hy getwiet het nie. Met “aanvaarbaar” hierbo bedoel ek nie ek stem saam daarmee nie, want ek kan nie. Apartheid was ‘n euwel. Alhoewel jou redenasie daaragter geldig klink, is my verstaan van ons geskiedenis ietwat anders. Dit was ‘n meganisme deur ‘n Staat wat nie geweet het hoe om die swart meerderheid te “beheer” nie. Geen poging om “beter oor die weg te kom” nie – slegs ‘n poging om wit oppergesag te behou. Dit het net rassehaat aangevuur en ek verstaan dit heeltemal. Dit was nie net segregasie nie, dit was absolute vernedering. Ek is beslis nie blind vir wat vandag fout is in ons land nie : Misdaad, diskriminasie teen wit, korrupte politici, ens. – almal euwels waarteen ons wel moet opstaan. En ek hoop enigiemand wat hier lees verstaan dit – ek kom nie op vir al die foute nie, ek hanteer nou slegs een uitlating deur Steve. Om Apartheid as die antwoord voor te hou of te verdedig, maak net nie sin nie. Hoe sal dit enige van ons probleme oplos?

Elfie ·

Eugene en Eben -jul maak sin en DINK voor jul net skryf. Kyk ook “Dink mooi” hieronder…

selfbeskikking ·

Dit is op Steve se Facebook self, as jy probleme het, skryf aan ons, en ons stuur dit vir jou aan, en ons sal ook van die sake aan jou verduidelik. [email protected]

Koos ·

As ek kyk waar alles heen beweeg,myne rasionaliseer,pensioen fondse in gedrag,BEE in werk en sport of sal ek se orals,grond onteiening en so kan ek voorgaan,lyk my ons het geen regte meer nie,aard dit dalk nie na Komunisme,vra maar net?

Karin Leibbrandt ·

Ons is veronderstel om vryheid van spraak te he.

Ek dink dit is teen ons land se konstitusie om mense op so ‘n manier te muilband.

Karin ·

Dit is ons konstitusionele reg om vryheid van spraak te he.

Ek dink dat dit dus ons menseregte skend deur iemand op so ‘n manier te probeer muilband.

jakoos ·

P&P kan seker met sy borgskappe maak wat hy wil, maar ek dink hulle het hier ‘n venster op hulle bedrywighede oopgemaak wat hulle nog gaan kos.

Ek weet van minstens drie P&P franschises in Pretoria wat in die afgelope jare selfs op slinkse en agterbakse wyse by Afrikaners weggevat en aan andere gegee is. Die P&P in Barclay Square in die noorde was in die beheer en die hande van Afrikaners tot so ‘n drie, vier jaar gelede nog. Sonder om bohaai te maak het hulle so ver hulle kon Afrikaanssprekende swartes en ander aangestel. Ek het eendag met die eienaar ‘n gesprekkie gevoer en verstom gestaan oor sy sterk standpunt hieroor – wetende dat P&P deur totaal volksvreemdes wat eintlik in hulle stamland in die Midde-Ooste se gewoel hoort, beheer word. So bietjie meer as ‘n jaar gelede kom ek weer daar en soek na die P&P, maar dis nie meer daar nie. Die plek het toegemaak en ‘n hele paar blokke verskuif na ‘n byna onbereikbare ou klein sentrumtjie. Die Afrikaner en sy mense was nie meer die base nie.

Dieselfde ding het ‘ stuk of vier, vyf jaar gelede gebeur by die P&P tak in die Sinoville-sentrum. Maar ek sien die burger van suidelike Europa wat toe oorgevat het, is nou ook weg. Wil nog uitvind wie die plek nou beheer.

Ek kan vir die waarheid instaan nie, maar daar is aan my vertel dat die P&P in Hatfield presies dieselfde verandering ondergaan het.

En dan moet mense maar gaan kyk na die beheer en bestuur by die P&P Hipermark in Montana. Tot nou die dag nog ‘n paar wittes daar gesien, maar dis nou blykbaar alles swart – en die gehalte van diens en aandag het tot op die vloer geval!

Ek is nou nie ‘n bewonderaar van Shoprite/Checkers se Afrikaanse base nie (hulle neig maar om tipiese Kaapse vermeende “liberale Afrikaanses” te wees), maar hulle is darem nog half my mense – en buitendien is hulle feitlik deurgaans beter met pryse van alledaagse goed as die Ackerman se Pick&Pray(ja, doelbewuste tikfout!).

selfbeskikking ·

Dankie Maroela Media en Solidariteit dat julle my verduidelikings oor waar apartheid begin het, weggeneem het. Van nou af sal ons ook nie julle verder adverteer of van gebruik nie. Is dit omdat ons van selfbeskikking praat, en julle nie daarvan hou nie? Sterkte in die “reenboognasie” land van FW de Klerk en Afrinet.

ELMIEN ·

Ek wil net seker maak ons bly mos in ‘n demokratiese land. So Steve kan mos nou maar sy persoonlike mening gee soos ou Julius Malema.

Dink mooi ·

Dit lyk of meeste mense hier erg emosioneel reageer. Ek verstaan dit ook, maar mense moet liewer dink hoe mens kan reageer op ‘n manier wat sin maak, Pick’nPay lees waarskynlik nie eers almal se aanvalle hier nie! Ek stem abosluut saam dat Steve vryheid van spraak het. Ek dink egter Pick’nPay het ook ‘n kant en voor almal my aanval – onthou hulle is ‘n besigheid en moet geld maak. So, ek vertaan wel hul optrede want doen hulle dit nie word hulvensters uitgegooi, mense wat wel die keuse maak (onthou – vryheid van keuse!) om by hul te koop se veiligheid kom in gedrang, ons weet hoe tree sekere gedeeltes van die bevolking op as hulle agterkom Pick’nPay borg steeds ‘n Afrikaanse fees ten spyte van Steve se uitlatings. Ek voel dis net verkeerd gehanteer. Hulle kon dit anders hanteer het. Net soos almal nou hier skree oor Steve se vryheid van spraak (waarmee ek saamstem) net so het Pick’nPay ook die vryheid van keuses wie en wat hul wil borg. As mens wil begin ‘n plek boikot NET omdat swartes in beheerposisies is dan weet ek nie waar mens eintlik meer gaan koop nie; hier by ons is Checkers, Woolies, Pick’nPay, Game, Makro en meeste ander winkels ook in beheer van swart/gekleurde/Indiër bestuurders.Om ‘n groot firma soos hulle te boikot en hoop hulle maak toe – wel die nagevolge is nie net oënskynlik van “ons het “hulle” gewys nie”, elke firma wat goedere aan so ‘n groep lewer word daardeur geraak en so dan elke persoon se werk wat by enige van hul leweransiers werk ens – dis ‘n kettingreaksie en mens moet pasop dat mens nie ondeurdag optree net omdat mens emosioneel voel oor ‘n saak nie. Mens kan dalk op ‘n ordentlike manier ‘n skrywe tot Pick’nPay rig – ek weet nie of dit sal help nie, maar mens moet te alle tye met KLAS optree. Ons wil nie op die vlak van ander landsburgers optree nie, laat ons ons trots en integriteit behou te alle tye. Ek is eerlik as ek sê ek weet nie hoe hierdie opgelos kan word nie, altwee kante HET ‘n punt en Pick’nPay s’n is nie noodwendig presies hoe hul voel maar as hul eerlik is ekonomies geinspireer, om nie van veiligheidsaspekte van klante en werkers te vergeet nie. En moenie swartes se koopkrag onderskat nie, ‘n besigheid moet na alles kyk voor hul ‘n “standpunt” inneem. Dus, die veiligheid van werkers en kliënte sou hul NIE reageer, asook die materiële implikasies wat dit vir die firma sou hê sou hul nie so reageer het nie. En voor iemand my beskuldig dat ek kant kies – lees mooi wat ek probeer sê. Persoonlik koop ek net waar dit die naaste is op die oomblik wat ek wel iets moet koop en naby winkels is – geen ander dinge sal my beinvloed nie – dis my keuse! Verseker koop ek my hoofinkopies (om dit so te stel) by geheel ‘n ander plek – want dis goedkoop!

Ina ·

Ohhhh my SOUL….. Malema en Kie mag sê wat hulle, waar hulle wil, waneer hulle wil en daar word NIKS gesê of gedoen!!!! Pick n Pay… Pick a Finger and PAY… Checkers ek ondersteun julle van nou af.

Kassie Smith ·

Dit klink my die duiwel en al sy trawante is los. Kom ons los al die politiek,skinderstories, persoonlike emosies en geniet net ons TAAL en ons AFRIKAANSE MUSIEK wat die laaste klompie jare absoluut blom is SA. Ek is lief vir my taal en kultuur net soos die ander nasies lief is vir hulle sin, so kom ons respekteer dit. Basta met al die ander nonsies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.