Pick n Pay lê honderde af weens afsonderingsregulasies

Argieffoto

Die kleinhandelgroep Pick n Pay het Dinsdag gesê 1 400 personeellede het vrywillige skeidingspakkette aanvaar. Dít is weens die finansiële uitwerking van die Covid-19-pandemie en afsonderingstydperk op bedrywighede.

Pick n Pay het gesê hoewel afleggings reeds voor die Covid-19-pandemie al in aantog was, het van die afsonderingsregulasies, soos die beperkings op die verkoop van drank en sigarette, sy winsmarge en verkope negatief beïnvloed.

Hierdie kleinhandelgroep het ook die regering gekap oor die voortgesette verbod op die verkoop van tabakprodukte en alkohol wat moontlik tot dié afleggings kon bydra.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, het in die handelgroep se algemene jaarvergadering gesê hy gaan ʼn beroep op die regering doen om sy besluit oor die verbod op die verkoop van tabakprodukte en alkohol te hersien. Bankrotskap staar reeds sowat 800 kleinskaalse brouers in die gesig en die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het beleggings ter waarde van R5 miljard gekanselleer weens inkomsteverliese.

“Ons sien nog nie dat die regering iets aan die verbod doen nie, ondanks al die leë beloftes dat hulle na die burgery se versoeke luister en dit oorweeg. Ondernemings kan nie in dié stadium swak besluite van die regering se kant af bekostig nie. Ons eis ook ʼn goeie verduideliking waarom hulle dié besluite neem,” sê Ackerman.

Ackerman bestempel die redes wat die regering vir die voortgesette verbod aanvoer as verwarrend en teenstrydig. “Ongeag die regering se beweegredes vir dié besluit, skep dit bloot sinisme en verdere verdeeldheid onder landsburgers.”

Volgens die regering is die verbod ingestel om te keer dat Suid-Afrika se gesondheidsdienste oorweldig word deur alkoholverwante traumagevalle en rokers met ernstige Covid-19-simptome.

Die handelgroep het in ʼn afsonderlike verklaring gesê die nodige veiligheidsmaatreëls wat hy in sy winkels oor die hele land ingestel het, het ʼn verdere invloed op sy wins gehad. Die maatreëls sluit in die beperking op die aantal kliënte per winkel, die tydelike sluiting van winkels nadat personeellede besmet is en die beperkings op die verkoop van sekere goedere.

Die verkoop van sekere produkte, soos klere, algemene handelsware, warm kos, alkohol en tabakprodukte, wat aan die begin van die afsonderingstydperk verbied was, verteenwoordig 20% van die handelgroep se inkomste en word teen hoër winsmarges verkoop.

Die handelgroep het sy aandeelhouers in Mei in kennis gestel dat sy kernwins per aandeel vir die jaar laer gaan wees. Ackerman het gesê die maatskappy sal hierdie voorspelling later vanjaar weer hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Aai ·

Hoe nou hulle het miljarde gemaak die laaste tyd was die hele tyd oop??

Danie ·

Om oop te wees is een ding om voete he wat koop is n ander ding. Indien jy nie weet nie is dit n ketting reaksie. Mense wat by Pick a Pay koop verloor hul werk en sit sonder inkomste wat beteken minder mense koop by Pick a Pay want hulle het nie geld nie. Dan was daar die verbod om te beweeg net noodsaaklikke goed kon gekoop word wat beteken weereens geld verliese vir Pick a Pay dus verwag jy dat Pick a Pay moet sy werkers vol betaal hul krag en water rekeninge betaal hul huur van geboue betaal hul bederfbare voedsel se gelde wat hul verloor als is jy mee ok. Jammer vriend as jy eendag wakker word sal jou koffie yskoud wees.

Aai ·

Ek verstaan Danie maar seker dit is ook meestal mense oor 60 wat pakket gevat het.

Michael ·

Chekers se bestuurder in kroonstad het aan my vrou erken van hul werkers het die virus maar kan nie se hoekom die winkel nog steets oop.

Michael ·

Los hulle uit dat hulle oop bly-derduisende mense loop met ander aansteeklike siektes rond, daars bv duisende meer wat TB het-is jy nie vir hulle bang nie?

Pieter ·

Ouer peopel se julle mos wat om te doen en julle se mos net ja en amen.

Rentia ·

Dan is dit tyd dat die unies gaan toi-toi by die regering en alles afbrand oor die inperking sonder einde (selfs al staan die herstelkoers op 70%)…

Cornelius ·

Het gewonder wanneer dit gaan gebeur gegewe julle hoë pryse. Koop al vir die laaste 5 jaar geen produkte meer van julle nie. Julle kompetisie soos Checkers se produkte is baie goedkoper.

JohanR ·

Ons wag vir Spar, Checkers, Shoprite, PnP, Woolworths om hulle deure toe te maak. ANC se kos kom moet van daar af, en nie van die boere af nie. En as daar eers 30 miljoen baie honger mense in SA is dan gaan ons die ontploffing sien. Die eerste uitgesoektes moet die NCCC wees.

Wielspore ·

Na my mening het die eers gewilde Pick & Pay homself vas geskroef in swak diens. Ons het groot geword met Pick & Pay, die eerste Hipermark in Bloemfontein en het die instansie ondersteun met die aankoop van ons kruideniersware tot so 5 jaar terug agv swak diens by Pick & Pay Riverside Mall Nelspruit. Gelukkig het Checkers Hypermarket nou in Nelspruit oopgemaak. Opvallend is die diens by die betaal punt puik.
Lekker koop!

marius ·

Lekker saam gevleg ou trollie vir trollie . Nou is die druiwe suurerig .

Kattebol ·

Pnp was hoeka een van die groot maatskappye wat miljoene vir ANC gegee het.

Niklaas ·

Maar hul pryse is heelwat hoër per item as die opposisie s’n. Het dit laas week agter gekom. Nie maklik weer daai plek besoek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.