Pierneef en Meerkotter opgeveil vir Afrikanerarmoede

“Katedraalvenster” deur Dirk Adriaan Meerkotter (1968) Foto: Orania Beweging

ʼn Filiaal van die Orania Beweging, die Helpsaamfonds, het ʼn aanlyn veiling begin waartydens ʼn Pierneef- en Meerkotterskildery opgeveil word.

Die Helpsaamfonds het ten doel om Afrikanerarmoede op ʼn volhoubare wyse aan te spreek. Dit sluit in die oprigting van sub-ekonomiese behuisingsprojekte. Die projekte sluit in Elim, wat behuising aan 47 mans voorsien, en Soetdoring, wat tans 12 gesinne huisves.

Volgens Pieter Krige, uitvoerende hoof van die Helpsaamfonds, sal die verkoop van die skilderye ʼn reusebydrae lewer tot die verdere oprigting van sub-ekonomiese behuisingsprojekte in Orania.

Die Pierneef-skildery is getiteld “Struisbaai” en is in 1950 geskilder. Die Meerkotter-skildery is getiteld “Katedraalvenster” en is in 1968 geskilder.

Die veiling kan by www.orania.co.za besigtig word en sluit op 21 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

dirk L ·

ek hoop van harte die Helpsaamfonds kry NOG mense wat kan help en bydraes lewer. Daar is geweldig nood en niemand praat daaroor nie. Dit is nie n skande nie. n Mens besef maar net hoeveel verarming daar is as gevolg van die toestand waarin ons land verkeer en die marginalisasie van ons almal.

Ai ·

Sjoe wens ek kon die Meerkotter skildery koop. Dis pragtig en ek sou baie graag wou help.

Hoop net die skilderye kry Afrikaanse huise. Regte Afrikaners. Nie “ons het Afrikaanse vanne maar is nie regte Afrikaners nie”

Sou name hier noem maar sal seker weer gesensor word jong. Heaven forbid mens praat die waarheid.

Pop ·

Dankie aan orania wat iets doen vir die hulpbehoewende mense. Asook afriforum. Sou dit nie wonderlik wees as ons almal ons oortollige goed kon skenk vir die mense nie. Ek sit gedurig met goed wat ek nie wil hê nie.

Saartjie ·

Albei die skildery is lelik en kan deur ń kleuterskool kind gedupliseer word. Daar is Afrikaner kunstenaars soos L. Albertyn wat pragtige werke het.
Skenk gerus geld aan “Helpende Hand” van Solidariteit. Hulle sorg onder andere dat blanke , behoeftige Afrikaner kinders kos en klere kry asook skooltasse en iets vir die kosblik…

Wraggies ·

Saartjie, die skilderye val nie in my smaak nie, maar stuur asseblief vir ons ‘n skakel sodat ons jou poging om die skilderye na te doen kan sien. Ons wil graag sien hoe lyk ‘n kleuter Saartjie se dupliseringspoging …

Johanna Botha ·

Saartjie is jy nou bitter Mara deur jou onvanpaste opmerkings oor die pragtige skilderye …..ek sê eerder niks as om ander se opregte eerlike en goeie pogings so lelik afteskiet …dit regtig lelik en onvanpas .

araaia ·

neem kennis my mede (wit) suid afrikaanse burgers wat so skree vur n wit volkstaat. SUB-EKONOMIESEbehuisingsprojekte. want sien daar kan nie werk vir almal en sy maat wees nie. so dink mooi waarvoor julle so vuriglik hoop en bid. daar kan dan ook geen universiteit vir julle kinders, mediesefonds vir die familie of gesinsvakansie wees nie.

snoefie ·

volkstaat, tuisland sym diff’s. due swart man’s het hulle heil in die stede gaan soek en mettertyd ander families begin. terwyl sy vrou en kinders in armoede in die tuisland vergeet was. Waar gaan die blanke sy heil soek? in Australia? new Zealand? gaan sy gesin in die volkstaat, tussen ander blankes in geluk en patriotisme krepeer? sal die doel die middle heilig? leer uit die foute van die verlede. ons het n land. Suid Afrika. dit is ons volkstaat.

LS ·

Araaia, ek bid vir jou, duidelik ken jy nie die krag van gebed nie. Sterkte vir jou jong, mens kan jou net jammer kry en hoop jy vind jou pad vorentoe.

Eunida ·

Het ek nou lekker gelag vir “Wraggies”se kommentaar,dit is die waarheid,ek dink ook nie so iets sit sommer in ‘n kleuter se vermoë nie!:-)

John ·

Afrikaner-armoede is ‘n feit, dalk veel erger as in die dertigerjare. Diegene wat dit ontken, moet oppas, hul witbrood en soetkoek gaan ook opraak. Baie Afrikaners se selfbeeld is tot in die grond afgeplat en die heel ergste is dat families en naaste die sukkelendes verag, verstoot en verneder. Diegene sonder mediese fondse ontvang swak hulp in staatshospitale weens die geweldige lading. Kinders wat spesialisaandag benodig, kry dit nie. Die staat voel weer vere soos in die depressie toe massas na die stede moes trek en die Engelse-bewind groot genot geput het uit diegene se verdriet. Die Groot Gebod is steeds geldig en almal wat hulle so wip vir hul naaste, moet oppas. Wanneer help die boere met die groot oeste weer die stedelinge wat onlangs water aangedra het en vir hulle bid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.