Pierneef-skilderyskandaal: NVG moet nou sê

Die Pierneef-skildery wat in die premierskantoor gehang het.

Die DA het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) versoek om sy outoriteit sonder vrees of guns uit te oefen en politici en hul medewerkers te vervolg wat by die Pierneef-skilderyskandaal betrokke is.

Dit kom nadat die Valke bevestig het dat sy ondersoek na die voorval afgehandel is. Volgens ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, is die saak nou na die NVG verwys om te besluit oor vervolging.

Dit het in Oktober verlede jaar aan die lig gekom dat ʼn skildery van ʼn Oos-Vrystaatse berglandskap deur die kunstenaar JH Pierneef, uit Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, se eertydse premierskantoor in Bloemfontein verdwyn het – glo omdat hy dit gegee het aan Ricardo Mettler, ʼn werknemer met wie hy op baie goeie voet is. Die skildery behoort aan die staat.

Die skildery is tussen R6 miljoen en R8 miljoen werd, en die weergawe wat Mettler vroeër aan die webblad The Daily Maverick vertel het, is dat hy per abuis die skildery tussen Magashule se private besittings geplaas het toe laasgenoemde sy premierskantoor ontruim het, en dat Magashule die skildery toe aan hom gegee het. Mettler meen dis maar net ʼn eerlike fout, dis al.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Daar is ook ʼn ander weergawe van gebeure, berig The Daily Maverick. Dit is naamlik dat ʼn sakeman van Bloemfontein navraag gedoen het oor die waarde van die skildery, dat ʼn kunskenner die skildery as staatseiendom herken het, en dat die hele mandjie patats toe uitgekom het.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het gesê die NVG het nou die geleentheid om beslissend op te tree en Magashule en kie te vervolg rakende die beweerde diefstal van die skildery.

“Gegewe die NVG se geskiedenis rakende ondersoeke waar politici betrokke is, is die DA bekommerd dat hierdie saak onder die mat ingevee kan word.”

Magashule se nalatenskap in die Vrystaat gaan steeds voort lank nadat hy na Luthuli-huis herontplooi is, het Jankielsohn gesê.

“Die NVG het nou die geleentheid om vir Suid-Afrikaners te wys dat niemand bo die wet verhewe is nie. Die DA bly hoopvol dat die NVG politici wat ʼn bespotting van die gereg maak en poog om dit te ondermyn, sal vervolg.

“Dit sal ook help om die publiek se vertroue in die land se vervolgingsowerhede te herstel en die mense van die Vrystaat beskerm wie se bates aanhou in gedrang kom vanweë ANC-kaders wat steeds instruksies van Luthuli-huis af vat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Boer ·

Wat weet ‘n ANC politikus van kuns. Ek kan nogal die verduideliking glo.

Coco ·

Hy sal niks oorkom nie sal hom sekerlik hieruit loslieg soos ander

Pottie ·

Nvg sal niks se nie dit is bra ace hy se dan vir ou cr wat om te doen hehe

Kosie Kramer ·

Ek was in Laerskool W.H. Coetzer in die suide van Johannesburg. Oom Harry Coetzer was op die skoolraad, en `n paar oorspronklike “Coetzers” het in die skool gehang. Toe stel die onderwysdepartement `n regstellende hoof aan, wat dadelik die skilderye in sy persoonlike hoedanigheid verkoop het. Wat verder gebeur het, word baie stil gehou. Daar is (hopelik) moontlike Coetzers by Fakkel Hoërskool en ander skole in die gebied, waar Oom Harry ook gedien het.

Baardman ·

Voëls van eenderse vere,alles sal net onder die mat ingevee word.Hy is al in so baie oortredings betrokke ek kan nie wag dat hy gestraf word nie,maar niks gebeur met hom nie.

ryan ·

AHA.. Al gewonder oor die sakemanne se raaiselagtige dood in bloemfontein? Dieselfde wat met Gavin Watson gebeur het..

Charl ·

Hoekom moet alles eers na die NVK toe gaan dat hulle n besluit maak, diefstal is diefstal, almal is so bang vir die leiers van die ANC, dis belaglik, sluit te kaders toe, dit sal ook nie gebeur nie, ek raak woedend maar dit help ook niks nie, ons almal moet ma net ophou om ons belasting te betaal,

blouapie ·

Die ou prentjie? Hoe sal ek nou weet wie die skilder was?/?/?

Gert van Wierdapark ·

Yster sal mos nie n kans laat verbygaan om met sy kuns-suinigheid, te” score “nie. Nie verniet die Joker in die pak nie!

ChrisE ·

Daar is baie van die gevalle waarvan ons nie weet nie. Laat ek verduidelik. Die ANC lakei betrek ‘n kantoor vol Africana. Iemand sê, “What you do with all the Africana?”
“Where” vra die lid. “All over your office”
“Haw bo o no. Get rid of all these Africanas, give it to them and everybody that wants it”

Cherokee ·

Gerrie, as jy dalk die tyd vry het en na tydverdryf soek….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.