Pierre Korkie: ‘Dis al ‘n jaar’

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Dit is al amper ‘n jaar sedert die Suid-Afrikaner Pierre Korkie in Jemen ontvoer is, het ‘n familiewoordvoerder Saterdag gesê.

“[Op 27 Mei] word Pierre Korkie al vir ‘n jaar gyselaar gehou,” het Michael Venter, woordvoerder vir die familie, gesê.

Korkie en sy vrou, Yolande, is in Mei verlede jaar deur militante in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat en het op 13 Januarie na Suid-Afrika teruggekeer. Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers het haar vrylating onderhandel. Pierre het tyde van die ontvoering as ‘n onderwyser in Jemen gewerk.

Maroela Media het in Maart vanjaar berig dat Pierre se familie baie bekommerd is oor sy gesondheid. Stamleiers het wel gesê dat Korkie leef, maar dat sy gesondheid baie swak is. “Hulle het selfs gesê Pierre is doof en hulle moet skriftelik met hom kommunikeer,” het Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, destyds gesê.

Daar is intussen geen nuwe inligting beskikbaar oor Korkie se welstand nie.

Korkie se ontvoerders eis R32,5 miljoen vir sy vrylating.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Nico Strydom … Verduidelik vir my die …. ‘ Yolande is op 19 Januarie vrygelaat en het op 13 Januarie na Suid-Afrika teruggekeer’ Huh ….

Nico Strydom ·

Haai Eben

Jammer oor die vingerfout. Die berig is gewysig met die regte datum

Baie dankie
Vriendelike groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.