Pierre Korkie is dood

'n Argieffoto van Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers

‘n Argieffoto van Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers

Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, is dood.

“Hy is Saterdagoggend dood tydens ʼn poging om gyselaars te bevry,” het Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, gesê. “Ons het met leedwese die nuus ontvang dat Pierre oorlede is. Ons harte gaan uit aan sy familie in die moeilike tyd.”

Pierre en sy vrou, Yolande, is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het. Korkie se ontvoerders het vroeër ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating geëis.

Korkie was minstens drie keer vanjaar lewend gesien. Hy is die eerste keer in April vanjaar gesien toe hy en ʼn gyselaar van Sierra Leone van Abyan na Albaydah geskuif is. Hy is op 28 Mei ʼn tweede keer gesien tussen Albaydah en Marib. Korkie is in Junie die laaste keer gesien tussen Marib en die Shabwa-provinsie.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aletta ·

Ai toggie – dis hartseer – het net in die week aan hom gedink want die koerante is stil en gewonder hoe dit met hom gaan. Sterkte aan sy familie – veral sy vrou en kinders.

Anna-Marie van Rooyen ·

My innige simaptie aan sy gesin en familie. Sterkte en voorspoed.

Amanda ·

My hart is so bitter seer!! Baie sterkte aan die familie, ons gebede is met julle. Daar waar Pierre is, is hy gelukkig.

Annette Kruger ·

Baie sterkte aan sy Vrou en familie. Mag die Here vir die krag gee om aan te gaan en die dag van more in die oe te kyk.

Annette Kruger ·

Baie sterkte aan sy Vrou en familie. Mag die Here vir die krag gee om aan te gaan en die dag van more in die oe te kyk.

Annette Kruger ·

Baie sterkte aan sy Vrou en familie. Mag die Here vir die krag gee om aan te gaan en die dag van more in die oe te kyk.

jonathan smith ·

I never knew Pierre’s side of the Korkie family, but I had the honor and pleasure to get to know part of the Korkie family. I am so sad to hear this tragic news and simply can only send you the expression of my deepest regrets….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.