Pierre Korkie nie een van bevryde gyselaars nie

'n Argieffoto van Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers

‘n Argieffoto van Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers

Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, is nie een van die gyselaars wat deur veiligheidsmagte bevry is nie.

“Ons het van betroubare bronne bevestiging gekry dat die gyselaar wat bevry is, ʼn Amerikaanse burger is wat nou reeds in die VSA se ambassade is,” het Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, in ʼn verklaring gesê. “Ons pogings om Pierre te bevry gaan voort. Dit was ʼn baie moeilike jaar vir veral Yolande [Pierre se vrou] en kinders maar ons bly hoopvol vir ʼn positiewe uitkoms.”

Reuters het vroeër berig dat veiligheidsmagte in Jemen agt gyselaars bevry en sewe Al-Kaïda-ontvoerders doodgeskiet het. Die land se hoogste veiligheidskomitee het in ʼn verklaring, wat op die nuusagentskap Saba gepubliseer is, die nuus bekend gemaak. Volgens die verklaring is sewe Jemen-gyselaars en een buitelandse gyselaar vrygelaat. Die komitee het egter nie vroeër die nasionaliteit van die buitelandse gyselaar wat bevry is, bekend gemaak nie en ook nie gesê waar die voorval plaasgevind het nie.

Pierre en Yolande is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het. Korkie se ontvoerders het vroeër ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating geëis.

Volgens Sooliman is Korkie al drie keer vanjaar lewend gesien. Hy is die eerste keer in April vanjaar gesien toe hy en ʼn gyselaar van Sierra Leone van Abyan na Albaydah geskuif is. Hy is op 28 Mei ʼn tweede keer gesien tussen Albaydah en Marib. Korkie is in Junie die laaste keer gesien tussen Marib en die Shabwa-provinsie.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Hallo Nico!

Dankie vir die berig. Het al gewonder hoe sake staan!

Groete

Pieter Bender

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.