Korkie se liggaam terug in SA

Waterkloof-lugmagbasis. Foto: Wikimedia

Waterkloof-lugmagbasis. Foto: Wikimedia

Pierre Korkie se liggaam het Dinsdagoggend in Suid-Afrika aangekom nadat hy tydens ʼn mislukte reddingspoging in Jemen doodgeskiet is.

“Die liggaam het omstreeks 07:00 in Suid-Afrika aangekom en sal vir ʼn nadoodse ondersoek gestuur word,” het Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, gesê. “Yolande [Korkie se vrou] was reeds om 04:45 by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria, aangesien die liggaam om 05:30 sou land, maar die vlug is vertraag.”

Yolande sal intussen Dinsdagoggend om 11:00 die media in Johannesburg toespreek. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal ook vandag die media toespreek.

Korkie en die Amerikaanse fotojoernalis Luke Somers is Saterdagoggend dood na ʼn mislukte poging om hulle van Al-Kaïda-militante te bevry. Pierre en sy vrou, Yolande, is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het. Korkie se ontvoerders het vroeër ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating geëis.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.