‘Pierre sou vrygelaat word’

'n Argieffoto van Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers

‘n Argieffoto van Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers

Die Al-Kaïda-militante wat die Suid-Afrikaner Pierre Korkie gyselaar gehou het, het beplan om hom vry te laat, het Gift of the Givers Saterdag gesê.

“Dit sou more [Sondag] gebeur het,” het Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, Saterdag gesê. Hy het gesê daar is op 26 November ʼn ooreenkoms met die militante bereik vir Korkie se vrylating.

Korkie is egter Saterdagoggend doodgemaak na ʼn mislukte poging deur Amerika se spesiale magte om gyselaars in Jemen te bevry. Sooliman het gesê Korkie se vrou, Yolande, het haar man tuis verwag vir Kersfees. “Dit is selfs meer tragies dat ons die woorde ‘die wag is amper verby’ gebruik het toe ons vanoggend omstreeks 05:59 met Yolande gepraat het.”

“Die gebeure vanoggend het ʼn einde gebring aan 11 maande se onbeperkte pogings om Pierre veilig huis toe te bring,” het Sooliman gesê. Hy het gesê Pierre sou Sondag uit Jemen na ’n “veilige land” gevlieg het waar hy sy familie sou ontmoet het en na Suid-Afrika sou vlieg.

Volgens AFP is daar vroeg Saterdagoggend ʼn lugaanval uitgevoer in die suidooste van Jemen waartydens nege vermeende Al-Kaïda-militante dood is. Korkie en ʼn Amerikaanse fotojoernalis Luke Somers is tydens die mislukte reddingspoging dood.

Pierre en Yolande is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het. Korkie se ontvoerders het vroeër ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating geëis.

Korkie was minstens drie keer vanjaar lewend gesien. Hy is die eerste keer in April vanjaar gesien toe hy en ʼn gyselaar van Sierra Leone van Abyan na Albaydah geskuif is. Hy is op 28 Mei ʼn tweede keer gesien tussen Albaydah en Marib. Korkie is in Junie die laaste keer gesien tussen Marib en die Shabwa-provinsie.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hendrik ·

Ag asseblief Erna, is jy nou sarkasties oor die Amerikaners probeer het om een van hulle burgers te bevry wat op die punt gestaan het om doodgemaak te word? Blameer die Moslem ektremiste, nie Amerika nie.

Dis baie hartseer oor Pierre, maar dis nie Amerika se skuld nie!

jakoos ·

Presies Hendrik. Erna, gaan lees Fox News se verslag oor presies wat gebeur het op hulle webblad – en trek jou woorde terug!

p ·

Wel, ek het Fox gaan lees, en al wat ek sien is ‘n klomp woorde. Geen behoorlike (geloofbare) verduideliking nie.
So Al Qaida sou Somers Saterdag doodgemaak het? Hoe geloofbaar is daai bewering as die Amerikaanse intelligensie nie eens kon uitfigure Pierre is saam met hom nie.
Indien die VSA nie weereens ingemeng het met hul normale swak intelligensie en “guns blazing” nie, was Pierre vandag ‘n vry man. ‘n Lewendige vry man.

Elizabeth ·

Aan die een kant – ja, die Amerikaners moes dalk versigtiger wees en uitvind wat is aan die gang met betrekking tot vrylating van gevangenes voor hul opgetree het. Aan die ander kant is dit nou weer presies wat Al Kaida wil hê – dat Amerika geblameer word. Mens noem dit mos “shifting the blame”. Al Kaida is die skuldiges en moes nooit die mense gevange geneem het in die eerste plek nie en hul moes LANKAL almal vry gelaat het maar jippieee, nou kan ons mos Amerika blameer vir die mense se dood. Hoe gelukkig tog ne! Al Kaida is maar die eintlike enigstes wat alle blaam moet neem.

cas ·

Ek wonder of Pierre werklik vrygelaat sou word. Klink vir my na n opsetlike steek in die Amerikaners se sy.
Aan die Korkie familie Gods genade en sterkte deur hierdie moeilike tyd

willem ·

My hart breek vir sy familie maar dit wys weer eens ons regering niks vir sy mense voel nie. Ek se lankal as Korkie n Amerikaner was hul hom daar sou gaan probeer uithaal het . Dankie aan Gift of the Givers wat tenminste probeer het.

Willie van der watt ·

kritiseer liewer die barbare wat hom aangehou het. Amerika probeer darem, iets wat nie van die sa regering gese kan word nie

emiel ·

Baie hartseer vir die familie, maar wat soek ons mense in daai geweste waar hulle so vyandig onwelkom is? Ons Hugenoot voorsate het meer verstand gehad as om terug Europa toe te gaan om vervolg te word.

Stephen ·

Mnr Sooliman julle aanspraak dat PK Sondag sou vrygelaat word is weereens n powere “coverup” vir julle onvermoe om hom vrygelaat te kry, en die “Gift of the givers” te laat goed lyk.

Hoeveelste keer is dit Mnr Sooliman?

Ons is nie almal idiote nie!

jakoos ·

Die mense wat eintlik geblameer moet word is daardie groep waaraan Korkie-hulle behoortr het en Christen sendingwerk in Moslem lande soos Yemen, Afghanistan, Pakistan, ens. aanmoedig.

Dit is tyd dat hierdie mense nie alleen baie goeds bekyk word nie, maar hulle en hul lede, soos die Korkies en die Groenewalds, eenvoudig paspoorte en visums aan sekere lande geweier word.

Wanneer begin julle leer dat jy nie met hierdie fanatieke Moslems skoorsoek nie? Jy bly weg van hulle af – en as hulle jou en jou eie begin aanvat – soos nou hier gebeur met sekere boikotaksies teen Israel – dan vat jy hulle vinnig vas.

Elizabeth ·

Jakoos – ek dink jou kritiek is bietjie onregverdig (en ongevoelig op hierdie stadium). Die mense wat sendingwerk doen, doen soos hulle glo in die Bybel aan hul gesê word; Gaan dan heen en maak vissers van ALLE mense. Ek persoonlik sal dit nie kan doen nie, maar ek het bewondering vir mense wat bereid is om hul lewens vir hul geloof op te offer – ek praat nie van radikales soos die wat hulself met bomme opblaas of in geboue vasvlieg met passasiersvliegtuie nie, ek praat van mense wat die Boodskap wil oordra en bereid is om die moontlike gevolge te dra.Sterkte aan die families van die oorledenes.

jakoos ·

Die Taliban en Al Kaida steur hulle nie aan wat in die Bybel staan nie. Hulle beskou hierdie mense wat die Christelike boodskap onder Moslems wil verkondig, as lasteraars van hulle god Allah en vyande van hulle geloof. Enigeen wat in Moslem-lande ingaan om die christelike godsdiens te verkondig, is nie dapper nie, maar roekeloos. Ek dink hulle wil eintlik graag martelare wees – soos die Groenewalds wat ‘n foto van hulle gesin het met die woorde daarop: “You only die once. You may just as well then die for Jesus”.

En daar is oorgenoeg mense in hierdie land en in gebiede rondom ons waar sendingwerk gedoen kan word.

Jou begrip van die sake is eng en bekrompe. Dink weer!

Elizabeth ·

Jakoos, ek is beslis nie eng en bekrompe nie – di smaar jou persepsie en nie noodwendig hoe dinge is nie. Het Jesus nie SELF na Getsemane gegaan waar hy GEWEET het hy gevange geneem en uiteindelik gekruisig gaan word nie? Hyself het in gevaarlike areas waar christene vervolg word gegaan en so ook sy disipels. Ek weet daar is ander gelowe wat Christene as “infedels” beskou maar ek kan jou verseker ek ken baie Moslems wat skaam kry oor hierdie tipe van ding en vredeliewend is en leef en laat leef. Dis jammer mense sien nie altyd die hele prentjie nie. Ek kan jou verseker die wat werk in daardie lande het wel ‘n saadjie of twee gesaai en as daar dan op die ou einde net een of twee die lig sien het hul hul doel bereik. Paplepel – daar word BAIE werk plaaslik verrig, glo my. Dink al klaar net aan die klomp in die middestad van Johannesburg wat middestad sendingwerk doen, ‘n wit gesin wat ‘n baie basiese lewe ly want alles gaan vir sendingwerk en hulp. Ek dink ook aan die Gideons wat Bybelsverspreing in “rura”l areas doen hier in ons land en tesame daarmee die Woord beitjie versprei – enigeen kan daarmee help. Dalk moet julle bietjie rondkyk – of dalk self iets probeer doen? Ek preek nie hoor, ek probeer maar my deel doen onder die klomp hier om my, dalk nie genoeg, maar ek probeer tussen al my dinge, versprei Bybels, vertel die storie ens.Kersfees gee ek vir swartemense ‘n party en vertel hul die boodskap en dat ons almal mekaar moet eerbiedig, respekteer en God se wil en wens laat geskied. Ek is nie ‘n heilige nie, soos ek sê ek probeer net BIETJIE en elkeen kan op sy/haar manier IETS doen eerder as om ander te kritiseer wat dit wel doen.

Paplepel ·

My vraag, van kleintyd af, hoekom MOET sendingwerk altyd in ander (eksotiese) lande gedoen word? Ons het hier in ons eie land ‘n geweldige behoefte aan sendingwerk. Ek hoor net altyd van sendelinge in ander lande maar nooit in Soweto, Guguleo of Khayelitsha nie. Hoekom? Help my reg as ek verkeerd is of dit nie “verstaan” nie.

Elizabeth ·

Paplepel – weereens, die Gideons doen baie hier; daar is Middestad sendingwerk – daar is HOPE sulke dinge reg hier by ons, mense moet hulself net bewus maak van dit.

Gideon Erasmus ·

Ek is baie jammer vir die gesin wat agterbly, maar wat gaan soek die mense daar. Dit is mos moeilkheid soek om na so eksremistiese land vol barbare te gaan.

celia Tjaden ·

Sendelinge gaan na hierdie lande om die Evangelie te bring in areas by mense wat NOG NOOIT van Jesus gehoor het nie en nie weet Wie Hy is nie. In Suid – Afrika kan niemand se, dat hul nog nooit van Jesus gehoor het nie.
MAAR, (neem die groep mense/sendelinge wat se: mens sterf tog net een keer, dan kan dit net so wel vir Jesus wees! MET RESPEK- as jy sterf, is jy WEG en wat kan jy dan vir Jesus doen?
Dink daaraan, dat so n standpunt ooreenstem met die van die radikale Islam! wat STERF vir HUL god/geloof. Dit is my mening dat enigeen, en wat n gesin het! KINDERS! so reg in die dood inloop, uiters onverantwoordelik is- jou eerste prioriteit is JOU EIE KINDERS (charity starts AT HOME!)
Vir n enkel persoon is dit ok om te gaan.
Die Here wie ek dien, verwag nie van my om my kinders te los vir n martelaarsdood nie.

Laat hierdie tragiese gebeure n dure les wees vir ander wat dieselfde pad oorweeg.Dis soos om oor die besige snelweg te kruip in die donker.

celia Tjaden ·

Sendelinge gaan na hierdie lande om die Evangelie te bring in areas by mense wat NOG NOOIT van Jesus gehoor het nie en nie weet Wie Hy is nie. In Suid – Afrika kan niemand se, dat hul nog nooit van Jesus gehoor het nie.
MAAR, (neem die groep mense/sendelinge wat se: mens sterf tog net een keer, dan kan dit net so wel vir Jesus wees! MET RESPEK- as jy sterf, is jy WEG en wat kan jy dan vir Jesus doen?
Dink daaraan, dat so n standpunt ooreenstem met die van die radikale Islam! wat STERF vir HUL god/geloof. Dit is my mening dat enigeen, en wat n gesin het! KINDERS! so reg in die dood inloop, uiters onverantwoordelik is- jou eerste prioriteit is JOU EIE KINDERS (charity starts AT HOME!)
Vir n enkel persoon is dit ok om te gaan.
Die Here wie ek dien, verwag nie van my om my kinders te los vir n martelaarsdood nie.

Laat hierdie tragiese gebeure n dure les wees vir ander wat dieselfde pad oorweeg.Dis soos om oor die besige snelweg te kruip in die donker.

Sollie ·

As enigeen van julle Carte Blanche gekyk het Sondag – die Groenewalds se suster het DUIDELIK gesê sy wil beklemtoon hulle het NIE gaan sendingwerk doen, die man het gaan skoolhou en die vrou is ‘n mediese dokter. Onthou maar sendingwerk deur o.a. Andrew Murray en verskeie ander jare gelede is ook in ‘n destyds (en soms nou nog op baie plekke!) gevaarlike Afrika kom doen en baie sendingwerkers is ook in Afrika vermoor – dit het hulle nie verhoed om die woord te versprei en so die Christendom in Afrika te vestig nie. Hou op hierdie mense oordeel vir hul goeie dade en doen JOU deel om dan tuis iets te doen!

Shannon ·

“The War on Terror”
“The War on Poverty”
“The War on Hunger”
“The War on Aids”

Weereens die hardhandige hantering vir `n debakel wat liefs nadenke en oordenking verg.

wys vir my 1 individu in Uncle Sam se pentagon wie bewus was van Korkie se bestaan en ek wys vir jou 100 special agents, spokesmen en ander soets en taais wie salig onbewus was van die man se tenwoordigheid as gyselaar.

Wanneer my kjenners se kjenners eendag dalk op `n eerlike weergawe van die geskiedenis afkom sal daar net EEN vraag oor wees om te vra – WAT HET HULLE ALMAL DAAR GESOEK ?

Shannon ·

Vir wat ?!
Is daar nie genoeg behoefde binne die Reënboog land nie ?

Het CNA al jou boeke weer terug gesit oppie rakke oom Zol ?

Sollie ·

Shannie, moenie altyd kinderagtige antwoorde gee – sarcasm is the lowest form of wit of weet jy nie? Hier WORD plaaslik uitgereik, dalk moet jy join en help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.