Pierre Korkie Vrydag begrawe

Pierre Korkie

Pierre Korkie

ʼn Gedenkdiens vir Pierre Korkie gaan Vrydag in die Vrystaat gehou word nadat sy liggaam Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het.

Die openbare gedenkdiens vind om 10:00 by die Christian Revival Church in Uitsig, Bloemfontein plaas.

“Hy sal daarna tydens ʼn privaatseremonie begrawe word. Toegang tot die begrafnis is beperk tot net die familie en genooide vriende,” het Daan Nortier, die familie se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Korkie en die Amerikaanse fotojoernalis Luke Somers is Saterdagoggend dood na ʼn mislukte poging om hulle van Al-Kaïda-militante te bevry.

Gift of the Givers, wat gehelp het met onderhandelinge om hom vry te laat, het gesê Korkie is dood ʼn dag voordat hy veronderstel was om vrygelaat te word.

Pierre en sy vrou, Yolande, is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het. Korkie se ontvoerders het vroeër ʼn losprys van $3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating geëis.

Klik hier vir vorige berigte hieroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.