Pierre Korkie weer gesien

Pierre Korkie en sy gesin

Pierre Korkie en sy gesin. Foto: Gift of the Givers / Twitter

Pierre Korkie, die onderwyser van Bloemfontein wat in Jemen deur Al-Kaïda-militante gyselaar gehou word, is glo vir ʼn derde keer lewend gesien.

“Ons het bevestiging van stamleiers ontvang dat Pierre te midde van voortdurende spanning tussen die weermag en Al-Kaïda gesien is,” het Imtiaz Sooliman, hoof van die Gift of the Givers, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Hy is Maandag tussen Mareb en die Shabwa-provinsie opgemerk.”

Sooliman sê Korkie was saam met ʼn Britse-gyselaar. “Die stand van sy gesondheid bly steeds onbekend,” het hy gesê.

Korkie is in April vir die eerste keer ná ʼn lang stilte saam met ʼn ontwikkelingswerker vir die Verenigde Nasies van Sierra Leone, wat ook verlede jaar ontvoer is, opgemerk. Hulle is van die Abyan-provinsie, Al-Kaïda se vesting, na die Albaydah-provinsie geskuif. Korkie is weer op 28 Mei tussen Albaydah en die Marib gesien.

Korkie is al langer as ʼn jaar in aanhouding nadat hy en sy vrou op 27 Mei 2013 in Taiz ontvoer is. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat die Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het.

Sy ontvoerders eis ʼn losprys van USD3 miljoen (ongeveer R32 miljoen) vir sy vrylating.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.